Solidariteit sal sportlui bystaan teen intimidasie oor BLM

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek oor die minister van sport, Nathi Mthethwa, se uitlatings in verband met agt Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat geweier het om hul knie te buig ter ondersteuning van die BLM-beweging tydens ʼn klubwedstryd in Engeland.

Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof vir Regsake en Navorsing by Solidariteit, het die minister geen reg om spelers op grond van hul ondersteuning, al dan nie, van die BLM-beweging te intimideer of te viktimiseer nie. “Sulke gedrag lê geheel en al buite die bevoegdheid van die minister en maak inbreuk op hierdie spelers se vryheid van spraak, oortuigings en geloof. Trouens, ons praat nie eens van vryheid van uitdrukking nie – die minister poog hier om gedwonge uitdrukking van spraak te bewerkstellig. Dit kan nooit geduld word nie.”

Maroela Media het vroeër berig die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

werner-human-elana-barkhuizen-konferensie-2019-01-15

Werner Human, adjunk uitvoerende hoof van regsdienste by Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby Against Racism” daarop. Hoewel vier spelers in die beginspan die knie gebuig het, het Manu Tuilagi – die Engelse internasionale speler van Samoaanse herkoms – ook staande gebly. Mthethwa was egter nie baie in sy skik hiermee nie en het ʼn verduideliking hiervoor geëis.

Solidariteit het dit verder gestel dat hy sal intree namens enige van die agt spelers wat deur die minister geteiken is, asook enige ander sportlui wat in die beoefening van hul beroep benadeel word weens hul weiering om die BLM-beweging te ondersteun.

Hennie Bierman, hoof van die afdeling Beroepsgildes by Solidariteit, verduidelik: “Geen werkgewer kan enigiemand dwing om ʼn politieke beweging te ondersteun nie. Nog erger, geen politikus kan in die werkplek inmeng om ʼn werkgewer te dwing om dit te doen nie. Sportlui is reeds in ʼn besonder kwesbare posisie ten opsigte van werksekerheid. Ons kan nie toelaat dat hul grondwetlike regte ook misken word nie.”

Human sluit af: “Vir die minister om teenkanting teen die BLM-beweging as rassisme te beskou, is absurd. Hierdie beweging en sy skadelike voorskrifte en oortuigings moet juis teengestaan word omdat dit negatiewe gevolge vir alle rasse inhou. Tog, hoewel ons nie bereid is om die knie vir BLM te buig nie, beteken dit nie dat ons weier om vir ander daardie ruimte te gun nie. Wat egter onaanvaarbaar is, is om spelers te viktimiseer oor hul eie keuse in dié verband.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarel ·

Eerste vrasg asn die Minidter: wat is sy Geloofsoortuiging. Elke Sportman wat nie sy knié buig niexa.g.v. sy of haar Geloofsoortuigung verdien meer respek as ‘n Politikus.

Pieter ·

Kry net die blankes om standpunt in te neem en saam te staan.

Botterblommetjie ·

Ek dink die BLM en Corona en nog baie dinge is besig om ons geloof te toets. Ek kan nie oordeel nie, ek kan ook sê wat reg of verkeerd is vir enige iemand nie. Ek kan net bid dat God Sy kinders kom red uit die wêreld wat besig is om Sy kinders te teister… Op die stadium voel ek die mense wat dood is is op ‘n beter plek (hang natuurlik van waarnatoe jy gaan) as wat ons wat nog leef is….

Johann ·

Boetielêmaar, nathi, ons buig net ons n knie voor onse GOD, so doen al die sportlui, respekteer hul geloof soos ons as volk veronderstel is om jul as regering te respekteer, jy weet hoekom nie. Niemand kan enigiemand dwing om vier enigiemand ‘n besluit maak nie!!

Tokkel ·

Nathi, jy dra bril, omdat jy nie kan sien nie, maar ek sien geen gehoorstel nie…wat verstaan jy nie?
Jy gaan ons nie sien buig nie, want ons het ‘n Vader in die Hemel. Tweedens kry ‘n gehoorstel, want ons het noual hoeveelkeer gesê ons gaan nie buig nie. Die hele wereld is teen rassisme, maak nie saak of jy wit, pienk, swart of blou is nie… geen kleur is verhewe bo ander nie en ook nie jy nie…

Abraham ·

Is reeds een wat bydra vir Solidariteit, sou dit nodig wees om die belaglike minister wat sy mag so oorskrei hof toe te vat het Solidariteit alles wat ek kan bekostig om hulle te help. Hoekom moet ons by hulle nukke inval, dis die Amerikaners se apartheids probleem. Ons moet genoeg elke dag van ons lewens hoor en gestraf word oor hulle nog steeds glo hulle is die wat onregverdig behandel word!!

JohanR ·

Die Kommuniste kom. Jy mag daar staan, jy mag nie daar staan, jy mag daar gaan jy mag nie daar gaan. In Engels se mens resist, resist resist with every cm of your being, RESIST!

Michael ·

Die meerderheid van ons mense glo nie dat die kommunisme reeds met ons is nie-dit gaan dalk nog te goed met sommige. Indien ons kon saamstaan dan sou ons goeie weerstand kon bied, maar soos die geskiedenis toon sukkel ons om saam te staan.

Sonia ·

Ons moet met alles wat in ons is op ons knieë hierdie stryd teen die godlose ANC stry – as ons dit nie dien nie gaan hulle ons dwing om op elke terrein die knie voor hulle te buig

Suzette ·

Dankie Solidariteit!!! Die ANC het geen respek vir enige ander nasie nie – hulle kan nie eens by hulself in vrede leef nie.

wim ·

Volgens ons grondwet is diskrimminasie op grond politieke oortuiging ongrondwetlik. Dit word aangespreek in Hoofstuk 2, die handves van regte. Dit is soos die grondwet se grondwet.

Dit word weer genoem, al sou daar twyfel bestaan, in arbeitswette.

Ondersteuning van BLM (wat ander doelwitte het) is spesifiek polities van aard. Solidariteit behoort dit baie vinnig aanhandig te maak.

Die knie buig is ‘n politieke beweding, en nie ‘n standpunt teen slegte optrede teen swartmense nie. Een van gesiene sportpersone wereldwyd wat homself die meeste hierteen verset het, met die grootste implikasies vir sy loopbaan, is toevallig nie wit nie. Daar is nie baie met die “balls” van Israel Folau nie.

“Balls” wat ek dink ons eie Rugby raad, wat nou ‘n ondersoek geloods het, nie het nie.

Hendrik ·

Ek glo nie die minister het ‘n plek in RSA se parliment nie. Dit is diskremenasie en rassisme en hy behoort aangekla te word.

Nico ·

Die feit van ras en rasseverskille kan nie weggeredeneer word nie en daarom sal rasse voorkeur en rassevooroordeel altyd bestaan. Nasionalisme erken hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In ‘n veelrassige samelewing is die ontkenning daarvan ‘n resep vir selfmoord. Welsh was van mening dat as een politieke party ‘n ingeboude meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met ‘n “manke demokrasie” te doen. Afrika word gekenmerk deur manke eenparty demokrasië.

Bertus ·

Maak ‘n besluit om te kniel met twee vuiste in die lug. Twee vuiste is ‘n simboliese teken van solidariteit met oorledenes agv van geweld, ook plaasmoorde. Sal dit ook die parlement haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.