Solidariteit se klag oor rassediskriminasie deur VN aangehoor

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Die Verenigde Nasies (VN) het bevestig dat hy Solidariteit se klag van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering sal aanhoor.

Volgens Solidariteit sal die klag in Augustus 2016 aangehoor word. Die VN het dié besluit onlangs in ʼn skrywe aan Solidariteit bevestig.

Die vakbond het die klag in September vanjaar ingevolge die internasionale konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie by die VN in Genève ingedien. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar en lidland van die konvensie en moet elke twee jaar verslag doen oor die land se voldoening aan die konvensie.

Burgerlike organisasies kan ʼn skaduverslag in reaksie op ’n regering se verslag indien, het Solidariteit in ʼn verklaring gesê. “Die waghondkomitee oor die konvensie kan dan aanbevelings aan die lidland doen wat dan geïmplementeer moet word en waaroor dan verslag gedoen moet word. Solidariteit se klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan, na aanleiding van die regering se jongste verslag wat in Desember 2014 ingedien is. Die regering het sy verslag agt jaar laat ingedien.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê Solidariteit sal sy skaduverslag as deel van die klagteprosedure aan die genoemde komitee van die VN voorlê gedurende die komitee se sitting in Augustus volgende jaar. “Ons sal onder meer aandui dat die Suid-Afrikaanse regering die internasionale reg op verskeie plekke oortree. Ons sal voorts daarop wys dat dit ons demokratiese plig is om dit onder die aandag van die tersaaklike forums te bring,” het Hermann gesê.

Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat sy uiteindelik in die konstitusionele hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook in die algemeen op die regering se gebruik van rassekwotas wat aan die hand van die land se nasionale rassedemografie gemeet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Griki ·

YES! Solidariteit, you ROCK!!! (Verskoon die Engels, maar dis so ‘n lekker uitdrukking.)

Bart ·

Nou hoe gaan hierdie ” regering” hulle nogal daaraan steur?

Gerhardt ·

Ek dink dit is baie goeie nuus. Jy moet onthou ons regering dink die hele wêreld aanbid hulle, spreekwoordelik. Met hierdie druk en die Basjir debakel gaan dinge lekker warm begin word vir ‘n party wat nie kan regeer nie.

Francois ·

Ek stem Gerhardt. Enige aksie wat ons regering se internasionale beeld as die “Madiba vrede Engeltjies” tot die ware beeld van korrupte, onbekwame, rasbehepte en rassistiese outokrasie kan verander, sal empatie tot die Afrikaner se toekoms kan wend.

Mike ·

Mmmm ek het ook baie opgelees oor hierdie tipe aksies nou weet ek ook meer.

vermeende ·

Ai tog.

Hoeveel keer wil ons mense nog na die VN toe hardloop?
Die VN erken ons nie eens as ‘n volk nie nou hoe de hel gaan die VN in ons guns optree vir ‘n groepie wat die VN se nie bestaan nie.

Japie ·

Laat hoor ons jou voorstel, ek neem aan jy het ‘n beter idee?

Liewe lulu ·

Great. Maar hoekom eers in augustus 2016 en presies wat kan die VN daaraan doen?

J.Z ·

Liewe lulu, dit is n begin al gebeur dit eers oor n jaar. Die VN is nie heeltemal tandloos nie,vrae maar vir die voorige regeering.

Gertjie ·

vermeende, hou net Solidariteid dop en word asb ‘n lid.

Righard ·

Hulle sal nog van die VN ontrek ook nog voordat daar iets aan gedoen kan word. Julle hoor self hulle streef kommunisme na eerder as demokrasie

Muller ·

Wonderlik! Fantasties!! Dankie Solidariteit, ons het julle nodig. Nou kan die wereld se oe beginne oopgaan. You GO!!

Johannes van der Walt ·

Mooi so solidariteit. Al steur die regering hom nie aan due VN nie, word hy uiteindelik in die bek geruk. Die wereld sal begin kennis neem van Afriforum en ons strewe na selfbeskikking. Miskien word van die internasionale skenking nou na ons gekanaliseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.