Solidariteit sê Sasol-staking ‘verloop presies volgens plan’

Solidariteit beweer Sasol se onderhoudskedule by Secunda het eksponensieel agterraak weens die vakbond se staking. (Grafika verskaf deur Solidariteit)

Solidariteit het Sondag gesê sy lede se staking slaan Sasol waar dit seermaak, met die maatskappy se instandhoudingskedule wat na bewering reeds minstens 72 uur agter is weens die stakingsaksie.

Sasol-werknemers wat aan Solidariteit behoort, is tans in die derde week van staking teen Sasol se omstrede Khanyisa-aandeleskema.

Solidariteit het Sondag in ʼn verklaring gesê die staking “wat in fyn besonderhede beplan is, verloop presies volgens plan”. Volgens die vakbond het Sasol verslae bekendgemaak wat toon dat die maatskappy se onderhoudskedule by Secunda eksponensieel agterraak weens die vakbond se staking.

Op 11 September was die onderhoudskedule by die Secunda-aanleg na bewering reeds 24 uur agter, op 12 September 48 uur en op 13 September reeds 72 uur.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Sasol is besig met ʼn reuse-instandhoudingsprojek wat oor drie weke strek waartydens die algehele aanleg by Secunda afgeskakel word vir die nodige instandhoudings- en herstelwerk. “Vir elke uur wat die projek agterraak, kos dit Sasol etlike miljoene rand,” sê Hermann.

“Sasol het nie binne sewe dae op ons memorandum gereageer nie, wat beteken dat ons [die stakingsaksie] eskaleer. Sasol begin om nou die krag van kennis te beleef. Hulle het ons onderskat,” sê Hermann.

Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, meen Sasol gaan gebuk onder ongelooflike produksiedruk. “Solidariteit se lede het strategiese kennis. Hulle kan dus slim staak en weet presies wanneer om op watter dele van die aanlegte druk te plaas. Sasol het geen keuse as om na die onderhandelingstafel te kom nie,” het Reyneke gesê.

Solidariteit beweer Sasol se onderhoudskedule by Secunda het eksponensieel agterraak weens die vakbond se staking. (Grafika verskaf deur Solidariteit)

Intussen beweer Solidariteit dat daar Saterdag chaos by Sasol se aanleg in Sasolburg ontstaan het aangesien Solidariteit se lede by dié aanleg ook aan die staking deelneem.

“Na regte moes ʼn stoomaanleg weens veiligheid by Sasol 1 Saterdagoggend gesluit word omdat Solidariteit-lede tydens die dagskof sou staak. Solidariteit-lede wat wel Vrydagaand se nagskof gewerk het, het aangebied om Saterdagoggend langer te werk om die aanleg veilig af te skakel,” beweer Solidariteit in ʼn verklaring.

“Sasol het egter die besluit geneem om die betrokke aanleg in bedryf te hou met personeel wat nie oor die nodige klarings en sertifisering beskik om daar te mag werk nie. Dit het natuurlik groot kommer oor die veiligheid van werknemers by die aanleg laat ontstaan. Die besluit om die aanleg met die dienste van werknemers wat nie daartoe bevoeg is nie aan die gang te hou, is roekeloos.”

Volgens Reyneke word die aanleg by Sasolburg nou deur mense bedryf wat tien jaar laas by Stoomstasie 1 gewerk het. “Daar is tans niemand by die aanleg wat bevoeg verklaar is om daar te werk nie, afgesien van ʼn voorman wat Sasol nou as kontrakteur ingebring het om op Saterdag se nagskof te werk. Sasol lê tans hoegenaamd nie verantwoordelike optrede aan die dag nie en die aanleg word onwettig bedryf,” het Reyneke gesê.

Solidariteit sê hy het intussen ʼn brief aan die departement van arbeid geskryf waarin hy hierdie handeling van Sasol uitlig en ook sy kommer oor bestuur se besluit uitspreek wat moontlik die veiligheid van werknemers in die gedrang kan plaas.

“Solidariteit-lede het voorts onder viktimisasie en dreigemente van onder andere bestuur deurgeloop en dit terwyl die betrokke werknemers aan wettige arbeidsaksie deelgeneem het,” sê Reyneke. Hy sê Solidariteit het in die lig hiervan ook ʼn skrywe aan Sasol gerig waarin die vakbond beklemtoon dat bestuur verantwoordelik gehou sal word indien hul optrede enige negatiewe gevolge of verlies van watter aard ook al sou veroorsaak.

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Maroela Media het Sasol genader om kommentaar op Solidariteit se bewerings te lewer en wag op terugvoer.

Solidariteit-lede by Sasol staak in opstand teen fase 2 van die Khanyisa-personeelaandeleskema. Ingevolge dié skema sal swart werknemers by Sasol R500 000 aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan die fase mag deelneem nie.

Solidariteit meen dat Sasol se beleid in ’n suiwer rassebeleid van uitsluiting ontaard het. Sasol hou egter voet by stuk dat die aandeleskema deel is van die maatskappy se transformasieplan en ten doel het om die ongeregtighede van die verlede reg te stel.

Gesprekke tussen die partye sal eerskomende Woensdag voortgesit word onder die toesig van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Dit volg nadat die KVBA ingevolge artikel 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge die partye genader het om die dispuut te help oplos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Adrian ·

Hou dit net so, moet niemand oplei om jou werk oor te vat nie. Hou jou kennis en intelligensie vir jouself. Laat ons sien of die spul die mas gaan opkom miskien met wonderlike rampspoedige gevolge. Sasol beteken niks vir ons gewone burgers nie. #down with SASOL ??

Hannetjie ·

Vatso! gee hulle bloedneus?My oorlede skoonmoeder het ‘n oulike gesegde gehad:Jy trap ‘n parra(sic) net tot hy bars…so trap hulle

Paul ·

Wonderlik om te lees van die uiters strategiese beplanning en hoe dit met militêre presisie uitgevoer word. Die kennis en kundigheid wat dit verg. Ek het ‘n idee die ANC regering en die hele kabinet kan kom kers opsteek hoe dinge gedoen moet word.

IK ·

En GEEN klipgooiery of Molotof cocktails (petrolbomme). Alles op ‘n beskaafde manier waar net die spasie tussen die ore gebruik word. Jammer maar dis seker die enigste manier om Sasol te laat voel.

jaco ·

As die aksie slaag en elke wit werker kry dan ook SASOL-aandele, gaan die petrolprys net nog meer styg. Ek hoop almal wat nou so die stakers ondersteun, bly dan stil en kla nie oor duur petrol nie.

Hansie Slim ·

Jaco, jy weet seker nie dat Sasol reeds jare die voordeel kry van die prys van ru-olie nie.
Sasol moet leer hulle kan nie onbillik optree teenoor hulle werks nie.
Ek is net so trots op Sasol se werkers as die Springbokke…he..he…

Lana ·

Duidelik dat jy nie een van die blanke werkers is wat benadeel word deur Sasol se “aandele gemors” nie.

marina appelgryn ·

Ag asb!! Petrol prys het NIKS met die aandele te doen!!! Herre waar krap jy hierdie idee uit!! Kan mens so dom wees!!! Vader jy slaan nou jou naam met ‘n plank!!

Saartjie ·

Jaco, jy praat nou bog (gespel st…….t). Behalwe die feit dat blanke werknemers nie die voordeel van die Khanyisa aandele kry nie, maar slegs “voorheen benadeeldes” – ek weet nie hoe lank daar nog op die holrug geryde deuntjie gery moet word nie, het Sasol pas miljoene rande se aandele uitgereik aan sy direkteure en maatskappysekretaris, asook direkteure van ‘n houermaatskappy Sasol South Africa (Pty) Ltd en die se maatskappysekretaris. Dit beloop letterlik der miljoene rande – gaan loer maar op Sasol se webwerf en kyk na die Sens-aankondiging (dit is die aankondiging wat gemaak word vir genoteerde maatskappye by die JSE). So om dus blankes na die tafel te bring wat Khanyisa aanbetref, sal geensins ‘n invloed op die petrolprys he nie.

Bernard Hellberg ·

Haal af daai alu-tinfoeliehoed – dit vang snaakse seine op ?

Naomi ·

Soos Adrian sê “hou dit netso”?. Hulle dink mos hul kan sonder die blankes klaar kom. Ons kennis is goed genoeg, maar hul wil nie daarvoor vergoed. Hopelik sien die res vd werkers hoe min Sasol rerig vir hul omgee. Sasol laat onbevoegde persone voort gaan met die werk, ongeag of daar lewens verlies kan wees vir watter rede ookal.
Kry vir julle Sasol. Lekker man, lekker?

marina appelgryn ·

Wys jou bet hoe hoog is blankes se standaard! Vergekyk hierdie staking met swart vakbonde se stakings!!! Kyk wat doen Soldariteit nie net vir samelewing met hul lede gelde! Wat doen swart vakbonde met hul miljoene wat hul maandeliks ontvang??????

gatiep ·

Mooi so hou aan ons kan maar sonder krag ook sit,pka my glad nie.
Dit gaan net mense nader aan mekaar bring teen wat aangaan in die land.

TLC ·

Go julle go slat hom op die gatsak
My broer het by waterkloof lughawe gewerk
So paar maade voor die guptas daar geland het
Allmal wit manne +- 10 van hul is opdrag gegee om die nuwe jongetjies wat net daar aangebring is dadelik met hul kennis te leer
My broer hullle het elke dag met hul lunch boxes opgedaag in n hoekie gaan sit en hul dag omgesels
Met smiles op hul gesigte het hul gesien hoe val als uitmekaar
Needless to say
Wat het nou van die lughawe geword nadat Zuma sy guptas daar deurgetrek het
Hoopenlik sal sasol besef hul kan nie sonder die mense klaarkom nie
Go soldariteid go

Henry ·

Wonderlik Solidariteit!!!
Is moeilike tye en ons lig ons hoede hoog vir julle ysters.
Jammer ek woon so ver van Sasolburg af, sou graag wou saam loop, staan, sit of wat ookal.

:-)

Callie ·

Staan vas manne. Het ook vir jare daar gewerk. Ongelukkig waar dat wittes SASOL gemaak het wat hy is. Maar wat verstaan die bestuur nie. Ons is in Afrika. Julle kan nie die wittes net verjaag nie. Ons almal het mekaar nodig. So waarom diskriminasie teen blankes. Hou uit manne

Jerry ·

Alles verloop volgens plan. Jy kan een honderd dinge regdoen en een ding verkeerd doen en dan word jy onthou vir daardie een ding wat jy verkeerd gedoen het. N plan word gemaak deur alle faktore in ag te neem. Sou jy nie alle faktore in ag geneem het nie, soos ongekwalifiseerde werkers wat stakers se plek vul, kan jy weliswaar nog steeds aanpassings maak soos wat die uitvoering van die plan vorder, maar wanneer n faktor opduik wat n aanpassing nie moontlik maak nie, dan is jy geskroef en sal jy onthou word as n persoon wie se plan gewerk het, maar toe nou ook nie eintlik nie! Inaggenome die onbekende faktor wat daartoe geneig is om mense se babbels te bars, reken ek hier kom n ding, of sal ek maar se, n faktor!

zoom zoom ·

Ek weier om sasol brandstof in my kar te gooi. So nou stoot ek my kar bottelstoor toe en terug huis toe. Ek wil ook net vra dat die mense asb nie die werkers by die bottelstoor kwaad maak nie want hulle is onskuldig.

LV ·

Die feit is dat die meeste brandstof wat ons ingooi van Sasol kom,die brandstofmaatskappe gooi net hul eie bymiddels by.

Jerry ·

Jan as jy klaar “dis heerlike lente” gesing het, sing sommer ook “dis n lekker ou Jan”.

Asjas ·

Ek boikot ook enige sasol vulstasie al vandat die eerste berig geplaas is. Ek weet dis maar net ‘n druppel in die emmer maar as alle wit mense in solidariteit sasol brandstof ophou gebruik ….

Lynne ·

Viva Solidariteit! Staan asb STERK in julle strike! Genoeg is nou GENOEG!

André ·

Skat miskien moet die feit van ongekwalifiseerde persone aan die groot klok gejaag word anders kan enige ongelukke voor Solidariteit se deur gehang word..ongeregverdig… maar emosie kan enige rede vervang.

Andre C ·

Sjoe !Uiteenlopende sienings.Die wereld is voos en hy’s boos ! Sommiges maak nou van die stakers die skuldiges

Herman ·

Wonderlik Solidariteit! Hou so aan! Dis tog ironies dat wanneer die werknemers wat die poste, aanstellings sonder kwalifikasies, bevorderings sonder prestasie, bonusse sonder prestasie, ens kry, staak, dan bly die wiele rol. Wanneer die huidige benadeelde werknemers egter staak, gaan staan alles ewe skielik. Waar kom die verskil dan in? Ook ironies dat die Dept. van Arbeid skynbaar ‘n dowe oor gooi na aanlegte wat onwettig bedryf word. Ek wonder nogal wie gaan aan die pen ry indien daar nou ‘n katastrofe sou plaasvind?

Herman ·

Sjoe, twee van my kommentare nie geplaas nie. Ek gooi nooit weer enige SASOL produk in my voertuig nie en sal geen sent spandeer by enige SASOL vulstasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.