Solidariteit staan Maimane se hofaansoek oor skole teen

Mmusi Maimane (Foto: Mmusi Maimane/Facebook)

Solidariteit het tot die regstryd toegetree waarin die voormalige leier van die DA en leier van die One SA Movement, Mmusi Maimane, die hof vra dat die 23 000 skole in Suid-Afrika weer moet sluit.

Maimane eis verder dat die land wat die staat van afsondering betref van vlak 3 terug na vlak 4 geskuif moet word. Solidariteit het Maandag hofstukke ingedien om as vriend van die hof tot die saak toe te tree.

“Solidariteit gaan aanvoer dat dit nie in die beste belang van kinders, onderwysers en onderwys in die algemeen is dat skole weer moet sluit nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit voer ook aan dat daar nie gekies moet word tussen gesondheid en onderwys nie, maar eerder om op ʼn gesonde wyse onderwys te ontvang. Solidariteit sê verder dat daar ook nie tussen gesondheid en werk gekies moet word nie, maar vir gesond werk.

In Maimane se verklaring sê hy: “Dit is nou die tyd om die inperkingsmaatreëls te verskerp, om skole toe te maak en mense in hul huise te hou.”

“Dit is duidelik dat Maimane en sy organisasie die verwoestende uitwerking wat die staat van inperking op mense het, wil voortsit en verdiep. Hy wil kinders wat gesond kan leer, huis toe stuur, en hy wil onderwysers en ander werkendes wat gesond kan werk en ’n inkomste verdien se angs en onsekerheid laat voortduur. Indien Maimane sy sin kry, sal nog duisende mense hul werk verloor en die skoolprogram nie gered kan word nie,” sê Hermann.

dirk-hermann-sos-onderwyskongres-2019-06

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

Skole het landwyd op 8 Junie weer heropen. Maroela Media het vroeër berig dat tientalle skole reeds die afgelope week weer gesluit het nadat leerders of onderwysers positief vir die virus getoets het. In Noordwes is nog drie skole Maandag gesluit nadat onderwysers met die virus gediagnoseer is.

“Dié onderwysers was die afgelope week nie by die skool nie omdat hulle siek gevoel het. Hulle sal nou vir 14 dae in isolasie wees en die drie skole sal sluit sodat dit behoorlik ontsmet kan word,” het Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in Noordwes, gesê.

Die openbare werkersvereniging (PSA) het boonop Maandag geëis dat alle skole in Limpopo sluit weens ʼn toename in Covid-19-gevalle in dié provinsie. Die vakbond voer aan dat die meeste skole in dié provinsie nie toegang tot water en behoorlike sanitasiegeriewe het nie.

Hermann sê egter die land verkeer in ’n ekonomiese krisis. “Om verantwoordelik en veilig te werk en skool toe te gaan is ’n noodsaaklikheid. Solidariteit sal aanhou veg vir leerders se reg om te leer, en vir onderwysers en ander werkendes se reg om te werk,” het hy bygevoeg.

Die saak word op 18 en 19 Junie in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Baardman ·

As hy nog DA was sou hy n ander deuntjie sing. Wys jou net, hy “mmusi” in die eerste plek in die politiek gewees het nie

Erik ·

Ek is ‘n onderwyser en het gemengde gevoelens hieroor, maar stem tog meer saam met Solidariteit. Om klas te gee onder hierdie omstandighede is vreemd, maar tog bring dit ook ‘n mate van normaliteit terug. Om sosiale afstand te behou wanneer die ander grade terugkeer gaan onmoontlik wees. My logika sê vir my lig die inperking heeltemal, maak skole oop, en laat die virus sy gang gaan, want ons kan nie regtig die virus ontsnap nie. Dit gaan chaos wees, maar hoe anders? Kan tog nie die skole vir twee jaar sluit nie?

ZeldA ·

Erik ek wil vir jou salueer, weet jy as n ma van twee kinders (een in laerskool en een in hoërskool), weet ek hoe mis die kinders hul onderwysers. Jul klim regtig binne in hierdie kinders se harte. Hul is meer saam jul as met ons. Hul kyk op na julle. Dankie vir jul onbaatsugtige werk wanneer ons as ouers nie daar is (meeste van die dag).

Dries ·

As ons maar net ons woede kon uitspreek teenoor die oorsaak van hierdie ellende waarin die wereld gedompel is. Maar ons mag nie.

Anoniem ·

Kla die land wat hierdie chaos veroorsaak het aan van massamoord.

Dries ·

As ons maar net mag, maar dis glo rassisties/xenofobies of wat hulle dit ook al wil noem.

Sakkie ·

Koop vir daai muisii n eenrigting kaartjie sodat hy totaal uit S A kan trap

Michael 1 ·

Baie sake word word begin min uitslae word gedeel met die lesers,begin n hofsaak en baklei vir n onafhanklike tuistaat waar die tipe van sake nie hof toe te gaan nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Waarom mobiliseer en neem die slapstert ouergemeenskappe nie openlik standpunt in nie? Sies!

#Youth’sFutureMatters

JohanR ·

Wat probeer Maimane nou eintlik bereik? Maak net nie sin nie. Was swak in die DA, en nog swak!

Bernard ·

Arme, irrelevante en ietwat patetiese klein Maimane.
Blote luiheid wat skuil agter seisoenale griep.

Leonard ·

Lê in hospitaal vir LANGER as 3 MAANDE, dan praat ons WÉÉR van bed-sere…

You ain’t seen nothing yet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.