Solidariteit tree toe tot regstryd in saak oor heropening van skole

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Solidariteit het ook nou toegetree tot die regstryd wat die Educators’ Union of South Africa (EUSA) aanhangig gemaak het om die heropening van skole te stuit. Solidariteit sê indien dié vakbond se aansoek sou slaag, sal leerlinge se grondwetlike reg tot onderrig nie net aan bande gelê word nie, maar sal talle beheerliggaamposte verlore gaan.

EUSA het einde Mei besluit om die hof te nader om die departement van basiese onderwys se besluit om leerders terug te stuur skool toe gedurende die pandemie te hersien, ter syde te stel of te wysig.

Die saak word op 9 Junie in die dringende hof in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Solidariteit sê indien dié vakbond se aansoek slaag sal dit daartoe lei dat die sowat 24 000 openbare skole en die 3 500 onafhanklike skole gesluit moet word. Dit sal uiteindelik onherstelbare skade berokken aan leerders van skole wat gereed is om te heropen, sowel as die onderwysers en personeel.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê om skole te sluit is nie sonder gevolge nie en sal onherstelbare skade vir die leerling, onderwyser, ouer en gemeenskap inhou.

“Daar bestaan geen rede waarom skole wat ʼn gesonde leeromgewing vir leerders kan daarstel, en ʼn veilige werksomgewing vir onderwysers en personeel kan skep, gesluit moet wees nie,” sê Hermann.

Maroela Media het vroeër berig gr. 7- en gr. 12-leerders het Maandag amptelik teruggekeer skool toe. Dit volg nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Sondag tydens ʼn virtuele perskonferensie gesê het dat die meeste skole is gereed om vandag (8 Junie) te heropen en die departement van basiese onderwys sal verseker dat alle leerders Maandag weer begin skoolgaan.

Skole moes al op 1 Junie heropen het, maar omdat die meerderheid skole nie betyds die nodige veiligheidstoerusting ontvang het of die skool behoorlik kon skoonmaak nie, is dié datum uitgestel tot 8 Junie. Van die skole, veral skole in die Wes-Kaap, het wel Maandag heropen.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.