Solidariteit vergader met Telkom oor afleggings

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die vakbond Solidariteit het gesê hy sal Donderdag met Telkom se groephoof, Sipho Maseko, vergader om die maatskappy se toekomsplanne ten opsigte van sy herstruktureringsproses te bespreek.

Dit volg nadat Telkom aanvanklik gesê het die vergadering met Maseko sal slegs plaasvind op voorwaarde dat die vakbonde instem dat die vrywillige skeidingspakkette na vakbondlede uitgebrei kan word.

Marius Croucamp, hoof van die kommunikasiebedryf by Solidariteit, het gesê die vakbond het aangedui dat hy eers die bepalings van die pakkette met Telkom moet bespreek, waarna Telkom die vergadering met Maseko opgeskort het. “Telkom het egter later hierdie voorwaarde teruggetrek,” het Croucamp gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die arbeidshof in Johannesburg vroeër vandeesmaand beveel het dat Telkom se herstrukturering- en afleggingsproses gestaak moet word en dat die maatskappy sy afleggingskennisgewing moet terugtrek.

Volgens Telkom se voorgestelde herstruktureringsproses kan tot soveel as 4 400 werknemers afgelê word, terwyl ʼn verdere 3 200 na ander maatskappye verplaas kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dit gaan ook oor power dienslewering wat maak dat mense Telkom los. Ook ek het vir twee weke sonder telefoon gesit maar moes ‘subskripsiegelde’ vir die tydperk betaal. Verskeie pogings om kontak te maak het op ‘n ronde nul uitgeloop. Ek kon netsowel met ‘n muur gepraat het. Was dit nie vir my rekenaar dan het ook ek hulle verlaat. Ek verneem vandag dat daar wel ‘n moontlikheid is dat dienste opgeskort gaan word by ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.