Solidariteit verteenwoordig nou geskorsde Southdowns-juffrou

Solidariteit bestuurshoof dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het Maandag aangekondig hulle gaan die geskorsde Geskiedenis-onderwyseres van Southdowns College verteenwoordig.

Anita Malan is verlede week geskors, nadat sy op ʼn leerder se antwoordstel gevra het of sy dink apartheid het steeds ʼn noemenswaardige impak op armoede in Suid-Afrika. ʼn Vriend van die leerder se pa het Malan toe op Twitter daarvan beskuldig dat sy die leerder onregverdig benadeel het, omdat sy ʼn ander opinie as Malan oor apartheid het. Malan daag nou die skool voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA)

“Ons eerste konsultasie het gewys dat hier ʼn onreg teenoor die onderwyseres gepleeg is,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond, ná ʼn konsultasie met Malan en haar prokureur, Simon Riekert.

Die gewraakte Geskiedenis-antwoordstel. (Foto: Twitter)

“Die skool het totaal oorhaastig opgetree. Die feit dat sy geskors is oor, soos die skool dit stel, haar ‘onvanpaste’ gedrag, wys dat die skool ook ʼn waardeoordeel gevel het, sonder om die ander kant van die saak te hoor,” sê Hermann.

Hermann sê die Twitter-herrie het net ʼn halwe waarheid verkondig en dat hulle geen steen onaangeroer sal laat om die waarheid bloot te lê nie. “Dit is jammer dat ons deur ʼn regsproses en soveel trauma moet gaan om by die waarheid uit te kom. Ons is bekommerd dat Twitter ʼn boendoehof geword het waar mense sonder verhoor en sonder om die ander kant van die saak te hoor, skuldig bevind word.”

Volgens Hermann is Malan reeds 35 jaar in die onderwys en is die saak vir haar verskriklik swaar, aangesien kinders haar passie is. “Sy was nog altyd ʼn goeie, lojale juffrou met ʼn liefde vir onderwys. Met haar geskiedenis moes sy die voordeel van die twyfel gekry het. Twitter-trolle kan nie die toekoms van goeie onderwysers bepaal nie,” sê Hermann.

Riekert het bevestig dat Malan ʼn lid is van Solidariteit en dat hulle nou die saak by hom oorneem. “Ons het dit goed gedink om die saak aan Solidariteit oor te gee, aangesien hulle ervaring het met soortgelyke sake,” sê Riekert.

Hermann sê hulle het verdere regskonsultasies hierdie week met hul advokaat, waarna hulle hul regsstrategie, en meer besonderhede oor die voorval bekend sal maak.

“Ons wil ʼn harde boodskap uitstuur dat die nuwe ‘reg’ wat mense verhoor sonder om die ander kant te hoor, moet stop,” sê Hermann.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ai ·

Great Solidariteit. Ek het ook regtig gedink daar is niks fout met die juffrou se opmerking nie. Party mense is net fyngevoelig en lewe in die verlede nadat ons al 25 jaar in demokrasie is en wat nou aangaan in die land met armoede en als die Regering en ANC se skuld is en defnitief nie apartheid. Build a bridge and get over it!

Outoppie ·

Probeer om haar daar vir so 5 jaar te hou met skorsing met volle betaling en voordele.

E ·

5 jaar betaling as ‘n settlement, en sy hoef nie na die toksiese skool terug te keer nie.

Yvonne ·

Juffrou , ek hou duim vas dat die saak in jou guns bevind word. Ek sien niks fout met haar kommentaar op die vraestel nie. Dit kon beteken dat sy die leerling net meer wou gee om oor te dink . Niks fout daarmee nie en in elke geval vir hoe lank gaan apartheid nog steeds die skuld kry vir alles. Dit klink in elke geval of die leerling te jonk is om te weet wat presies voor 1994 gebeur het. Sy/ haar weergawe grootliks hoorse.

Johannes V Nell ·

Drie kante – jou kant, my kant en die regte (waarheid) kant

Anoniem ·

Neewat Toy, hier is duidelik ń beperking van die jufrou se vryheid van spraak. Waar het jy al ooit gesien dat as jy van ander opinie is jy nou aangekla moet word. Die vriend van die leerder se pa is duidelik emosioneel dalk omdat hy weet die jufrou het n punt beet! En die ironie is dat die kind in ń privaat skool sit (wat seker n paar rand kos) en sy antwoord gaan oor apartheid en dat hulle nie gelyke kanse nie…

oud aanklaer ·

Sterke juffrou, jy is in goeie hande. Jy kan verseker die skool ook dagvaar vir ‘vicarious liability.’ Dit kilink soos ‘n privaat skool, so laat hulle maar betaal vir die onreg wat hulle jou aangedoen het. Jou solidariteit regspan sal vir jou die regsbegrip verduidelik. Maak seker jy vul jou pensioen aan!

Tienie ·

Oud Aanklaer.

Dit is nou wraggies die beste raad wat u vir haar kon gee. Ek hoop sy lees hier.

Mooi so Dr. Herman. Rook hulle…

Elizabeth ·

Die skool verdien nie so ‘n goeie onderwyseres nie. Is daar ‘n goeie Afrikaanse skool wat haar ‘n pos sal aanbied? Laat die skool waar sy tans is, liewer van die baie derderangse onderwysers wat beskikbaar en “polities gedweë” is, gebruik maak.

Hans ·

Benewens regsaksie teen die skoolhoof en bestuursliggaam in hul amptelike hoedanigheid ;moet die skoolhoof se optrede ook ondersoek word.

E ·

Selfs in ons skool gesien, pappa hardloop skool toe as kind nie 90-100% vir die taak kry nie al het die kind nie die instruksies gevolg nie, en die kind nie die tegniese uitvoering reg gedoen het nie. Wat gaan so ‘n kind doen in die grootmens lewe?

wilma ·

Uit die berigte blyk dit dat dit ‘n vriend van die leerder se pa is wat die plasing gedoen het. Ek weet nie of ek die berigte verkeerd gelees het nie? Ek sou my geskaam het as my punte so lyk veral as ek bevoorreg is om ‘n privaat kollege by te kan woon.

humor ·

Pappa jou verbitterdheid sal net nog toeneem en baie bitter word want jy gaan hierdie een verloor. Ja daar kan seker van die skool geeis word.

Anoniem ·

Ek dink toe die pa die kind se uitslag sien toe moes hy vinnig dink aan iets anders om die juffrou te blameer

Dirk ·

Toy, maak nie saak watter kant jy van die draad sit nie, maar hier is duidelik verkeerd op getree deuur die skoolhoof. Ek sien niks verkeerd at sy geskryf het nie, want sy wou die tor laat draai, want dit was ‘n akademiese vraag. Sy het die leersling (leerder) geen punte daarvoor ontneem nie.

Mooi so Solidariteit!!!

Helizna ·

So die kind en sy pappie reken die afgod Mandela se universiteitsgrade en al die grade verwerf deur al die swart regeerders in ons land was minderwaardig. Wed jou hy sal dit nie in die ouens se gesigte sê nie…

elna ·

Wow, 35 jaar in die onderwys en die skool ondersteun haar nie. Enige onderwyser wat so lank skool hou, is daar omdat n roeping is, skoolhou is nie maklik nie. Onderwyser word by die dag moedeloser.

WMirabilis. ·

Dis reg Solidariteit, laat reg en geregtigheid geskied. Genoeg is genoeg. Waar gaan hierdie waansin eindig as iemand nie daadwerklik ‘n stokkie daarvoor steek nie. Hierdie land kan nie bekostig om ‘n enkele goeie onderwyser verder te verloor as gevolg van sekere mense wie se ratwerk nogsteeds vashaak by die vorige eeu nie.

WMirabilis. ·

Welgedaan Solidariteit. Dis hoog tyd dat hierdie waansin stop gesit word. Hierdie land kan nie bekostig om verder een enkele goeie onderwyser te verloor as gevolg van sekere mense se ratwerk wat nogsteeds vasgevang sit in die verlede nie.

Sonja ·

Ek is verheug oor hierdie juf wat opstaan vir die waarheid. Ons kinders word n spul leuens geleer oor ons geskiedenis en apartheid. My dogter het sommer 4 uit 50 gekry omdat sy die waarheid gepraat het oor Mandela en apartheid. Wit onderwysers moet ophou skool gee vir swart leerders. Waar is hulle swart onderwysers en skole? Hoekom moet ons kinders die spit afbyt in Afr skole en dan nog skuldig moet voel oor iets waaraan hulle geen deel gehad het nie. Dankie Juf, jy is een uit n miljoen!!!

Christa ·

Pragtig, so Bly ons het Daren n regverdige instansie wat ons Kan verdedig. Die mense Sal oor hinders Jaar nog skuil after apartheid. Hulle Sal nie noem dat hulle skole afgebrand het en nie wou skoolgaan nie.

Gaitsigubib ·

Dit is ironies dat Japan in 1945 n kern oorlog tebove gekom het. Later in 2011 het n aarbewing n reuse Tsunsmi veroorsaak wat skade aan kern reaktors veroorsaak het en chaos oor groot dele van die land, tog bied hierdie trotse nasie n wereld beker rugby wedstryd aan in 2019 soos die wereld lanklaas gesien het. Dit lyk vir my sommige nasies soek verskonings vir hul eie onbekwaamheid. Waarom bied Etiopie nie n wereld beker aan nie, hulle was nooit n kolonie nie? Antwoord: “want hulle kannie”!

Jantjie ·

Anita is n fantastiese onderwyseres, atletiek- en swemafrigter en haar integriteit is bo verdenking. Sy het ‘n passie vir kinders – ongeag kleur – en sy sou net nooit enigiets negatief van enige kind sê nie. Ek is so bly Solidariteit gaan haar bystaan. Sy was onbillik behandel. Punt.

Maya ·

Privaatskool en die kind kan nie eers spel nie. Ek wonder of die ouers beter kan spel?

Bernie ·

As ek so na die ‘leerder’ se punte kyk ,,,,,,,,,,,,,,,, ja wel, ons blankes gaan NIE meer werk kry nie – laat sò nasie dan maar ons land regeer. 5 uit 20 is uiters swak. Nou word die juffrou aangevat omdat die kind nie haar werk ken nie? hulle sal ENIGE verskoning soek vir hul swak prestasies.

Dell ·

My kind is een van 16 graad 10’s wat Geskiedenis as fak in haar skool vat. Ongelukkig is politiek en Geskiedenis sinoniem, kan nie die een sonder die ander. Hulle het ‘n wonderlike juffrou en sy en die kinders debat vir ure oor kwessies. Almal se opinies word respekteer en almal het die geleentheid om hulle self uit te druk. Dis hoe dit hoort, nie ‘n eensydige siening wat as die waarheid afgemaak word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.