Solidariteit verwelkom fokus op private sektor as ‘redder van ekonomie’

ekonomie-finansies

(Foto: pixabay)

Solidariteit het die aankondiging van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), om ʼn groter fokus op die private sektor as sogenaamde redder van die ekonomie te plaas, verwelkom.

Die NUK het Woensdag die uitkoms van sy onlangse vergadering bekend gemaak wat gefokus het op die stand van die ekonomie, en meer spesifiek dié van staatsentiteite.

Die NUK het onder meer aangekondig dat ʼn groter fokus op die privaat sektor nodig is om die ekonomie te red.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het gesê Solidariteit is lankal van mening dat geen inmenging die beste vorm van inmenging deur ʼn regering in ʼn ekonomie is. “Daarom is dit vir ons bemoedigend dat die ANC ideologies in die rigting van die vrye mark, waar welvarende lande reeds is, beweeg.”

Mulder is egter bekommerd oor die minister van finansies, Tito Mboweni, se ekonomiese plan na die SAKP en Cosatu vir “verryking” gestuur gaan word.

“Kommunisme het nog niks waaraan dit geraak het, verryk nie, maar veel eerder verarm. Ons doen ʼn beroep op die ANC om nie die plan af te water om aan ideoloë se eise te voldoen nie. Die ANC moet veel eerder die noodkreet van die res van Suid-Afrika, wat ekonomies in ʼn doodloopstraat is, aanhoor.”

Met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Mulder gesê die posisie rakende die gedeeltelike of volledige privatisering van staatsentiteite is ʼn standpunt wat Solidariteit lank reeds huldig.

“Aandrang op ʼn strategiese ekwiteitsvennoot was een van ons aanvanklike vereistes wat aan die voormalige uitvoerende hoof van die SAL [Vuyani] gestel is. Dit is ook in ons huidige sakereddingsplan vir die SAL vervat. Ons standpunt is dat sake in die hande van sakelui gelaat moet word en dat burokrate sover moontlik daarvan moet wegbly. Gedeeltelike of volledige privatisering het met Telkom gewerk en sal met ander staatsentiteite werk, mits die regering dit met die nodige erns aanpak,” het Mulder gesê.

Mulder het gesê daar is egter ʼn beduidende verskil tussen woorde en dade.

“Hoewel dit bemoedigend is dat min. Gordhan en die nuwe direksie in hierdie rigting begin beweeg, sal ons dit eers glo wanneer ons dit sien.”

Mulder het gesê die skuif is ʼn uiters belangrike een. “Dit lyk asof pres. [Cyril] Ramaphosa en min. Mboweni die erns van ons ekonomiese werklikheid besef. Die groot vraag is egter of hulle daarin sal slaag om hul kamerade, wat rustig op die soustrein ry, daartoe sal kry om dit ook so in te sien. Hoewel Suid-Afrika wéét dat radikale ekonomiese ingryping nodig is, moet die ANC nog wakker skrik wat ekonomiese beleid betref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hans ·

Dit is als goed en wel. Wat ek nie verstaan nie is dan die Nasoinale gesondheids ding wat hul wil afdwing. Wie gaan die venote wees? Seker weer net swart.

Eben ·

Gegewe die finansiële krisis in die stasts ondernemings beteken eintlik dat die privaatsektor nou moet pa staan vir die skuld. Mens sal stupid wees om in ‘n bankrot onderneming te belê.

Jerry ·

Privatisering geskoei op vryemark beginsels is beslis n stap in die regte rigting, maar nie die aanwending van privaatfondse deur die staat vir SOE’s nie. Dit sal katastrofiese verarming vir die anti rewolusioneres meebring net soos wat die NGV verarming gepaardgaande met n gesondheidskrisis gaan meebring. Indien dit wel so is dat die ANC noual die ekonomie wil optel en dit nie net is om beleggers te paai nie, dan sal die ANC dit doen vir die ANC, nie vir Suid Afrika nie. Daarom moet daar gewaak word om nie deur die ANC mislei te word en dat privatisering ook gyselaar geneem word soos met die belastingbetalers wie gyselaars is van die staat vir lospryse vir die SOE’s, grants vir werkloses en daaropvolgend die NVG. Onder Zuma moes die ANC deur staatskaping die rewolusioneres verryk en die anti rewolusioneres verarm. Onder CR moet die ANC die rewolusioneres verryk deur privaatfondse te kaap. “Your heritage is our slavery”. Die ANC mag vir geen oomblik vertrou word nie. Streng voorwaardes, soos die IMF se voorwaardes sal moet geld en afgedwing word op die ANC staat, deur privatisering, nie andersom nie!

De Villiers ·

Nes jy daar sê @Jerry. Dis die geluide wat die ANC nóú maak, maar soos ons hulle nou al reeds goed ken, sal hulle, net as alles weer goed op dreef is, volle beheer daaroor neem, die private sektor ń koue skouer gee en alles weer afbreek tot waar dit nou is, tipiese Zimbabwe-styl. Die ANC leer nie uit hul foute nie, en kan in der ewigheid nooit vertrou word nie, veral nie iemand soos CR met sy slinkse woorde nie.

Pieter ·

Die ANC is n klomp terroriste hulle kyk en sorg net vir hulle self daar is net eending wat gaan werk en dit oorlog so lank as wat die ANC aan bewind gaan bly so lank gaan almal in hierdie land swaar kry gaan kyk na ons buurstate hoekom sal dit hier anders gaan wat is die verskil tussen daai klomp daar en die klomp hier net mooi niks fw de klerk het ons uit verkoop hy het miljoene by die ANC gekry dit is hoekom jy niks van hom hoor nie ons moes daai tyd toe ek in die weermag was van hom ontslae geraak het vandag is ek bitter spyt

Boy van die Suburbs ·

Verwag julle nou regtig dat die Privaat Sektor hulle swaar verdienste winste in bankrot & korrupte Staatinstellings moet pomp??!!!

Leopold ·

Ek glo min mense wat SME’s bedryf (of op die been wil bring) sal hierdie storie – soos al die vorige mooi stories – ernstig opneem. Oor die afgelope 25 jaar het alles verswak en het die regering bewys dat hulle:

1. Korrup is
2. Onbevoeg is
3. Oneerlik is
4. Die wittes ondermyn
5. Valse beloftes maak
6. Die land plunder

Die gesegde is: “talk is cheap”. Mense glo geen woord meer nie. Hulle kyk net na die geskiedenis, naamlik wat oor die afgelope 25 jaar plaasgevind het en dan kom mense tot ‘n logiese gevolgtrekking. Ek en my vriende het besighede en ons het almal die land verlaat. Ons almal floreer waar ons nou is. Ek glo die res, diegene met verstand, wat hoogs gekwalifiseerd of in besigheid is, sal ook die land verlaat (dis logies).

Judge Dredd ·

Die privaat sektor sal slegs die ekonomie kan red as sy hande losgemaak word – dus sal daar ontslae geraak moet word van BEE en ander smorende regulasies.
Taksasie/korrupsie/geweld verminder, sorg dat daar genoeg water en elektrisiteit is en vakbonde moet vasgevat word.

Willem Grobler ·

Dié Staat is ‘n grap. Die mees onbevoegdes verkry deur demokrasie die reg om die oneerlikstes aan te stel as regeerders. Die beloftes wat hulle aan die stemvee maak is onuitvoerbaar – selfs die pogings van die afgelope 25 jaar het die ekonomie geknak. Onthou wat ene Smuts Ngonyama eenmaal gesê het: We did not struggle to be poor. Dít is waaroor dit gaan. Rykdom vir die elite en hul meelopers en beloftes vir “our people” wanneer daar gesem moet word. Enige besigheidsman wat sy geld en kundigheid in enige van hierdie staatsentiteite belê terwyl die ANC die beheer daarvan behou is, om die minste te sê, onnosel.

jaco ·

privaatsektor MOET regstellende aksie en BEE toepas. dis in terme van wetgewing van die ANC-regering. so privaatsektor-“hulp” met werkers, bestuurders en eienaars wat daar werk NET omdat hulle die “regte” velkleur het, maar geen kwalifikasies of ondervinding nie, gaan NIKS help nie.

sweis ·

Skrap seb en die diskriminerende wette teen wit minderhede en gee almal gelyke kanse dan sal die ekonomie groei.

danie ·

AG SHAME. Hoe lank het dit vir hierdie patetiese ANC geneem om eenvoudige logika te besef. Dit is omdat hulle sien hulle het hulle naam g-t gemaak deur te maak of hulle kamma intelligent is, maar almal nou raaksien dat hulle eintlik maar dom onnosel is en vasgevang is in hul onontwikkelde tradisies wat nie pas in die moderne wereld nie. Hulle sal dit nie kan verwerk dat die wit mense vir wie hulle so haat se idees weereens die septer swaai.

jaco ·

n Privaatonderneming wat seewater ontsout het, tydens kaapstad se waterkrisis, die DA-beheerde kaapse stadsraad genader met n ontsoutingsprogram wat vir nogal redelik goedkoop AL kaapstad se waterprobleme sou oplos.
Dié goedkoop ontsoutingsvoorstel is afgeskiet deur die DA-beheerde kaapse stadsraad, omdat die privaatonderneming glo nie regstellende aksie en BEE korrek toegepas het nie.
So mense moet nou eers swaarkry of selfs sterf van dors, of BAIE DUUR vir water betaal (laasgenoemde is presies wat gebeur het), solank die “regte” ras-kriteria tog net gebruik word wanneer privaatbesighede regeringsinstansies help…
Absoluut absurd!!!

Neels ·

Moenie worry nie, die ANC gaan Kaapstad in 2021 weer oorneem. Dan is julle weer gelukkig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.