Solidariteit verwelkom KSA se verwerping van kwotas

Argieffoto

Verskeie organisasies het Donderdag Krieket SA (KSA) se verwerping van kwotas in sport verwelkom.

Dit volg nadat Thabang Moroe, die uitvoerende hoof van KSA, aangekondig het dat daar geen kwotateikens vir die Proteas in die komende Wêreldbekertoernooi gestel gaan word nie.

Hoewel KSA ʼn beleid het wat ʼn kwota van 55 persent vir swart spelers stel, het Moroe ongekwalifiseerd gestel: “Daar is geen teikens nie … ek wil hê dat die beste spelers gekies word sodat ons die Wêreldbekertoernooi kan wen.”

“Die posisie wat KSA inneem, is presies dit waarvoor Solidariteit staan en wat Solidariteit nastreef – ʼn sportomgewing wat gedepolitiseer is en waar spankeuses op grond van meriete geskied.

“In ʼn studie deur die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) is bevind dat die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaners oor alle rassegroepe heen hewig gekant is teen sportkwotas. Die regering en sportowerhede staan alleen in die najaag van kwotas en die toenemende verpolitisering van sport,” het Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê

Volgens Human sal Solidariteit voortgaan om sportkwotas deur middel van beskikbare regsweë en openbare steun aan te vat.

Die IRV het ook in ‘n mediaverklaring Donderdag gesê die organisasie is verheug oor KSA se besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AndreB ·

Dit is ongelukkig te laat. Die moes al n jaar terug laat gaan sodat almal n kans gehad het om hulle die span in te speel.

Veritas ·

Noudat die wêreldbeker op die spel is, tel kwotas nie meer nie. Nou moet die beste spelers speel want ons wil die beker wen. Tuis gaan dit maar soos altyd met die diskriminasie teen wit spelers.

Andreas ·

In Afrikaans noem mens dit ‘n slenter, of dat ons met ‘n slap riem gevang is. ( Nee, ons is sommer met die stywe arm geloop.)

Lina Smit ·

Ja, nou kom julle by, nadat julle eers moes sien jy krap nie waar dit nie jeuk nie!!! Nou moet die wat nie goed genoeg was nie die wa deur die drif kom trek!!

M ·

Kwotas en regstellende aksie moet ONMIDDELIK afgeskaf word. Daar is geen rede vir dit nie

At ·

Twak…as die ICC nie n klomp huigelaars is nie, was SA al lankal uitgeskop en ontneem van internasionale deelname.

Adam ·

In die laaste paar jaar het KSA by geleentheid al ‘n span gekies met slegs 3 blanke spelers in hul geledere. Dink hulle regtig dat enigiemand nog onder die in druk is dat hulle “teikens” nodig het? Daai is al meer as 40 SA spelers wat die Kolpak roete gevolg het en dit is tekenend van net een ding en dit is dat kwotas SA krieket verniel het. SA sal defnitief nie in die volgende 20 jaar ‘n wereldbeker verower nie en KSA is daaarvoor verantwoordelik.

Anoniem ·

@At, ek stem heelhartig saam met jou kommentaar. Dit moes ook al vir die “Springbokke” gegeld het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.