Solidariteit verwelkom skorsing van Eskom-topbestuur; veldtog begin

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Solidariteit het vandag die skorsing van Eskom se uitvoerende hoof, Tshediso Matona, en drie ander topbestuurslede verwelkom.

Die vakbond het ook die hoop uitgespreek dat die skorsings en onafhanklike ondersoek na Eskom sal verhoed dat die kragreus voortaan soos ʼn verlengstuk van die staat bestuur word.

Volgens Deon Reyneke, hoof van die Energiebedryf in Solidariteit, bied die onafhanklike ondersoek nou die geleentheid om die nodige aanpassings aan Eskom se bestuurstyl te maak. “Die manier waarop Eskom die afgelope paar jaar bestuur is, het daartoe gelei dat uiters bekwame en ervare individue die organisasie se diens verlaat het. Eskom-werknemers het hulle vertoue in die topbestuur verloor en die eerste taak van die nuwe hoof moet wees om vertroue by werknemers te skep.”

Reyneke het verder die hoop uitgespreek dat die onafhanklike ondersoek sal meebring dat persone met kundigheid en ervaring, eerder as individue met politieke verbintenisse, voortaan deur Eskom aangestel sal word. “Die tyd het aangebreek dat Eskom soos ʼn besigheid, en nié ʼn staatsdepartement nie, bestuur word,” volgens Reyneke.

Solidariteit het ook vandag ʼn omvattende veldtog van stapel gestuur om druk op die departement van arbeid te plaas om Eskom van rasseteikens te bevry. Volgens die kragreus se nuutste regstellendeaksieplan moet die maatskappy se personeel teen 2020 die nasionale rassedemografie weerspieël. “Dít beteken dat Eskom oor die volgende vyf jaar van 3 400 ervare, wit werknemers ontslae moet raak.”

Solidariteit meen Eskom se antwoord op die kragkrisis is om hardnekkig en onverpoosd voort te gaan om rigiede rasseteikens na te streef. “In plaas daarvan dat Eskom vaardige en ervare werknemers behou en koester, wil hy deur middel van sy nuwe regstellendeaksieplan die getal wit werknemers teen wil en dank afbestuur om ʼn rasseteiken te bereik wat nie met die werklikheid strook nie. Ons wil met behulp van die gemeenskap se ondersteuning verhoed dat dit gebeur,” het Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, gesê.

Klik hier vir meer inligting oor die veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANS is verblind deur raskwotas, nepotisme en korrupsie en gee nie n flenter om of alles in duie stort of nie. Dit is ook verbasend om na sommige slim professors se flinke libtard verskonings te luister wat die tendens as minder ernstig afmaak.

Tammy ·

Eskom het Suid Afrika in die steek gelaat. Niemand kan se dis nie waar nie. Hulle ry op die soustryn en werk hulle maatjies in die maatskappy in. Hy vrot van binne. Byna al die kennis is uit die struktuur en n klomp parasiete teer op die eens goed bestuurde Eskom. Hulle veroorsaak werkloosheid omdat klein besighede nie kan voortgaan om verliese te absorbeer weens beurtkrag nie. Beurtkrag skaad ook die land se ekonomie erger as wat die man in die straat besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.