Solidariteit voeg sy steun tot Etzebeth-saak

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Solidariteit het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy veldtog teen rassisme en dubbel-standaarde verskerp, deur aansoek te doen in die gelykheidshof om as ʼn ‘vriend van die hof’ in die Eben Etzebeth-saak gevoeg te word, wanneer die saak aangehoor word.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gaan ook ondersoek instel met betrekking tot die onafhanklikheid en onpartydigheid van ondersoeke wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie hanteer.

“Die MRK toon steeds dieselfde tekortkominge in die Eben Etzebeth aangeleentheid, as wat die Solidariteit Navorsingsinstituut in Februarie 2017 uitgewys het. Onewewigtige en eensydige ondersoeke, is net van die gevolgtrekkings in ʼn verslag getiteld: ‘Rassisme, Haatspraak en Dubbel Standaarde’,” het Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, in ʼn verklaring gesê.

“Daar is by die MRK ʼn patroon van ondersoeke wat eensydig en ondeurdag is en wat soos nou ook in die Etzebeth-saak ongeregtighede skep. Die MRK was blitsig uit die blokke om Etzebeth te kap, en het gestel dat hy ‘gewoond geraak het om met moord weg te kom’, en verder, dat hy van poging tot moord aangekla moet word. Hierdie stellings is gemaak nog voordat enige proses teen Etzebeth in die gelykheidshof ingestel is.

“Die MRK doen hul reeds bedenklike reputasie gestand, deur Etzebeth as ʼn skuldige voor te hou alvorens enige ondersoek afgehandel of bevinding gemaak is. Dit is in werklikheid die MRK wat skuldig is aan partydigheid en dra by tot rassespanning eerder as wat hul dit aanspreek.”

Solidariteit het die aansoek in die gelykheidshof onder oë gehad, waar die vier klaers, onderskeidelik tussen R300 000 en R350 000 van Etzebeth eis. “Rasse-retoriek en dubbel standaarde het deel van die MRK se modus operandi geword. Ons kan nie toelaat dat ʼn Hoofstuk 9-instelling, wat veronderstel is om verbind te wees tot die waardes van ʼn regverdige en billike proses, ongedeerd op die wyse voortgaan nie,” het Human bygevoeg.

Solidariteit het gesê hy gaan sy internasionale veldtog by CERD (Internasionale Konvensie op die Eliminering van alle vorme van Rassediskriminasie verskerp; ʼn ondersoek deur die SNI van stapel stuur met betrekking tot die onafhanklikheid en onpartydigheid waarmee die MRK ondersoeke aanpak; die MRK aanmaan om terugvoer te gee oor uitstaande sake; en ʼn aansoek bring om as ‘vriend van die hof’ gevoeg te word in die verrigtinge voor die gelykheidshof.

“Solidariteit ondersteun Etzebeth se hersieningsaansoek om die besluit van die MRK om gelykheidshofverrigtinge in te stel, ter syde te laat stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leon S ·

Ek probeer reeds die afgelope 3 x dae om n klag by die rassistiese MRK te registreer via internet sonder sukses…indien daar lesers is probeer dit. Mrk bestaan met my belasting geld wat teen ons gebruik word. Solidariteit ek ondersteun julle ten volle teen hierdie mrk rassiste…dankie dat julle veg teen die anc rassiste

Rubber ·

Ek ondersteun Solidariteit alhoewel die MRK natuurlik nie sal verander nie. NWO instelling teen Afrikaners. Tragies.

Oosie Oosthuizen. ·

Baie dankie vir die ondersteuning, ook in daardie verband. Ek’s seker dat Eben dit baie hoog op prys stel en baie waardeer. Bravo!!

Willem Grobler ·

Is dit nie absoluut ironies nie – die MRK vat een van ons hof toe met ons belastinggeld en die aangeklaagde moet hom/haarself met eie fondse verdedig….

Leon S ·

Willem, ek weet nie hoe nie maar die eensydigheid van die rassistiese organisasie moet nou aan die wereld blootgestel word

Maljan ·

Hoogtyd dat julle optree. Net een vra, wat gaan julle doen om die onreg teen Penny Sparrow, al is sy oorlede en Chris Hart en ander soos hulle, reg te stel?

Vlermuis ·

Binnekort is enige letter in die alfabet verbode! Behalwe die K- woord, H- woord, P- woord, is daar nog baie ander wat verbied is. Oppas watter woord jy gebruik, jy kan dalk n rassis wees, sonder dat jy dit bedoel!

Linda ·

Hierdie hele Etzebeth storie gaan oor geld, sogenaamde ‘minderbevoorregte’ mense wat vir Etzebeth wil uitbyt ! Hopenlik op die einde van die dag word hulle uitgevang !!!

Will Oosthuizen ·

Ek wonder net of die slagoffers steeds ‘n saak sou maak indien Eben ‘n werklose blanke man was wat geen sent agter sy naam gehad het nie? Dit is duidelik dat dit hier gaan oor die kruisiging van ‘n persoon om verryk te word weens ‘n sg. Rassistiese opmerking. Indien Eben wel skuldig bevind word, behoort die MRK te rus dat hy verskoning aanbied en gemeenskapsdiens of gevang eindstryd verrig, maar dat geen sent uitbetaal word aan enige eiser nie. Dit mag in die toekoms valse beskuldigings en aantygings teen welgestelde blankes in die kliente smoor. Vreemd dat daar feitlik nooit ‘n klag gebring word teen ‘n werklose of brandarm persoon nie!

Werner ·

Solidariteit het my ook onlangs verteenwoordig en met hulle hulp het ons die saak maklik gewen. Baie dankie!

Stephan de S ·

Een sin in die artikel staan vir my uit nl. …die SNI gaan ondersoek instel mbt die onafhanklikheid en onpartydigheid vd ondersoeke vd MRK. Hoe belangrik is dit nie dat daar mense is om deurlopend en professioneel hieraan aandag gee nie……individue beskik nie oor die middele om dit te doen nie. Daarom is ek so dankbaar vir n organisaie soos Solidariteit wat ons geld so goed aanwend deur mense beskikbaar te stel om op n geordende wyse hierdie sake na te vors nie. Mag jul baie suksesvol in hd taak wees. Nogmaals, julle gee my groot moed.

Kobus ·

Wees voirbereid ons gaan nou weer daagliks toegegooi word met betigte oor die saak.

Magda ·

Hoog tyd dat Solidariteit hier inspring – en die 4 “klaers” soek nou net lekker Christmas money” Hoop die saak sal regverdig “gespeel” word a=en as Etsebeth onskuldig is (wat ek 100% glo) hooop ek hy draai dei wiel om teen die aanklaers en ook MRK. Sterkte Etsebeth ons is 100% agter jou.

Erika ·

Alles gaan oor geld, want hulle is tien teen een werkloos!!! En die persone wat dit “stirrr” om naam te maak in die politiek. Ek hoop hulle word uitgevang oor hul liegstories en dan moet Etsebeth hulle dagvaar vir geld vir naamskending. Dankie Solidariteit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.