Solidariteit vra goue middeweg oor entstofkeuses

Luidens die verslag impliseer ʼn beleid van verpligte inenting ook dat dit die enigste maatreël nodig is om openbare gesondheid te verseker, terwyl dit in teenstelling is met navorsing oor immuniteit teen die virus. (Argieffoto: Thomas Lohnes/AFP)

Solidariteit waarsku in ʼn nuwe verslag oor verpligte inenting dat dit as beleid kan misluk. Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa ʼn week gelede aangekondig het dat die regering nou die moontlikheid van verpligte inenting begin ondersoek.

“ʼn Entstofmandaat gaan na alle waarskynlikheid presies die teenoorgestelde bereik van wat dit wil bereik en Suid-Afrikaners laat met die negatiewe uitwerking van so ʼn beleid en geen positiewe openbaregesondheidsvoordele nie,” lui die verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) wat Sondag bekend gestel is.

Die identifisering van die Omikron-variant van die koronavirus het hernieude klem geplaas op inenting teen die dodelike virus en ʼn verwoede debat heers oor of inenting verplig moet word in pogings om die verspreiding van die virus te stuit. Dit lyk in hierdie stadium of die Omikron-variant uiters aansteeklik is en nuwe getalle het die afgelope week die hoogte ingeskiet.

Solidariteit sê in die verslag sy amptelike standpunt is dat die Pfizer-, Johnson & Johnson (J&J)-, AstraZeneca- en Moderna-entstof veilig en doeltreffend is om infeksie, oordrag, hospitalisasie en sterfte weens Covid-19 te verminder. Hy moedig mense ook aan om ingeënt te word sou hulle só verkies.

“Dit is weens Solidariteit se pro-entstofposisie dat ons verpligte inenting bevraagteken as die beste manier om ʼn hoë inentingskoers en ʼn einde aan die pandemie te verseker.”

Suksesvolle inentingsveldtogte

Wêreldwyd woed die debat oor die gebruik van entstof teen Covid-19 voort. (Foto: Steven Saphore/AFP)

In die navorsing is onder meer gekyk na die top-20-lande wat betref inentingsprogramme en of hulle inenting vir alle werkers – veral gesondheidswerkers – verpligtend gemaak het. Daar is ook gekyk na of dié lande mense se beweging inperk ingevolge hul inentingstatus.

Die navorsers het bevind verpligting is egter nie ʼn voorvereiste vir hoë inentingsvlakke nie.

Altesame 65% van lande waar suksesvolle inentingsveldtogte gevoer is, is inenting nie verplig nie. Die verslag lui voorts dat die debat oor verpligte inenting ook in al dié lande woed.

Lande wat die hoogste inentingskoers behaal, is almal plekke waar ʼn sterk standpunt ten gunste van vrywillige inenting gehandhaaf word.

“Sedert die aanvang van hul inentingsveldtogte het Denemarke en Portugal dit duidelik gemaak dat hulle nie inenting gaan verplig nie en dat jy ook nie jou werk sal verloor as jy daarteen besluit nie. Die regering het die vertroue van hul burgers behou en dit reggekry dat mense hul vrywillig in groot getalle laat inent.”

In Suid-Afrika is daar egter geweldige lae vlakke van vertroue in die regering en staatsinstellings oor die pandemie en dit dui daarop dat die regering se eie kommunikasie in die pad staan van ʼn suksesvolle inentingsprogram.

Verpligting kweek weerstand

Kenners sê inenting teen Covid-19 staan nie in teenstelling met natuurlike immuniteit nie – dit verhoog die beskerming wat natuurlike immuniteit bied tot vlakke wat nie alleenlik deur natuurlike immuniteit bereik kan word nie. (Argieffoto: Alan Winde/Twitter)

Die navorsers sê wanneer lesse by lande soos Denemarke geleer word, is nog drie faktore nodig vir ʼn suksesvolle inentingsprogram.

Die eerste is ʼn gevoel van samehorigheid. “Mense moet voel dat alle belanghebbendes in die samelewing saam teen die pandemie baklei en nie met mekaar nie.”

Enige verdeeldheid oor die kwessie moet ook vermy word. “ʼn Erg gepolariseerde debat verhard bloot mense se houding en maak dit onmoontlik om werklik as ʼn groep deur die pandemie te kom. Genuanseerde debat is uiters belangrik, veral oor ʼn sensitiewe onderwerp soos verpligte inenting.”

Volgens die navorsers moet beperkings en inperkings ook rasioneel wees. Regulasies en maatreëls wat ingestel word, moet vir gewone mense sin maak en moet ook verduidelik word, lui die verslag. “Denemarke, byvoorbeeld, het ʼn sterk streekgesentreerde benadering met min beperkings gevolg en ʼn groot vlak van verantwoordelikheid aan burgers oorgelaat.”

Die wêreld sal moet leer om met Covid-19 saam te leef, maar dit lyk in hierdie stadium of immuniteit teen Covid-19 – of dit nou deur natuurlike infeksie of inenting opgebou is – mettertyd verswak. Dit dui daarop dat verskeie vlae moontlik nog kan voorlê voor die wêreldwye koronaviruspandemie tot ʼn epidemie afgeskaal kan word.

Die navorsing het bevind entstowwe is ʼn belangrike deel van die legkaart in die soeke na langtermynoplossings vir Covid-19 – des te meer die rede waarom verpligte inenting nie ʼn volhoubare oplossing is nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die doel van die verslag is om ʼn sogenaamde derde weg te vind en gaan aan die regering se taakspan wat verpligte inenting ondersoek gegee word, asook by Nedlac en verskeie groot werkgewers en vakbonde ingedien word.

“Die oplossing lê nie in eenvoudige ‘vir’‑ en ‘teen’‑antwoorde nie. Die virus is té kompleks om eenvoudige antwoorde te gee. Werksplekke is te kompleks en individue se omstandighede, keuses en sienings is te kompleks om eenvoudige antwoorde te gee,” sê Hermann.

Hy sê ook werkgewers sal met groot wysheid moet omgaan.

Suid-Afrika se inentingsprogram het agt maande gelede al afgeskop en die meerderheid volwassenes is steeds nie ingeënt nie. Immuniteit verswak mettertyd wat impliseer dat die vooruitgang wat reeds met die inentingsprogram gemaak is, verlore kan gaan omdat ʼn kritieke getal mense nie bereik word nie.

“Verpligte inenting gaan entstofhuiwering en -weerstand noodwendig verskerp en ingrawe. ʼn Entstofmandaat gaan dus presies die teenoorgestelde bereik van wat daarmee bedoel word – pleks daarvan dat ʼn groter gedeelte van die bevolking ingeënt gaan word, gaan die huiweriges hul weerstand na alle waarskynlikheid verskerp,” lui die verslag.

In Suid-Afrika sou verpligte inenting beteken meer as die helfte van volwassenes sal gedwing moet word om teen Covid-19 ingeënt te word. “Dit gaan ʼn moeilike taak wees om een keer reg te kry, maar dit gaan onmoontlik word vir elke opeenvolgende Covid-vlaag en gaan die inentingsprogram uiteindelik ontspoor.”

Luidens die navorsing is burgers se aktiewe deelname en bereidwilligheid om ingeënt te word die beste manier om ʼn suksesvolle inentingsprogram te verseker – veral as bykomende inentings in die afsienbare toekoms nodig gaan wees.

“Mandate kweek antagonisme en weerstand en met die meerderheid van volwassenes wat nie ingeënt is nie, loop dit die gevaar om ʼn kritieke massa van weerstand te skep.”

Die navorsers het bevind dat immuniteit, eerder as inenting, die fokus moet wees en nadat hulle drie verwoestende Covid-19-vlae agter die rug het, behoort Suid-Afrika reeds ʼn groot gedeelte van die bevolking te hê wat reeds natuurlike immuniteit opgebou het.

“Deur te fokus op inenting, eerder as op immuniteit, is om die punt van openbaregesondheidsmaatreëls te mis.”

Daar is boonop geen kortpaaie uit die pandemie nie en Suid-Afrikaners sal nog vir geruime tyd met Covid-19 moet saamleef. Dit gaan meer opoffering en openbaregesondheidsmaatreëls vereis.

“Verpligte inenting is ʼn korttermynoplossing vir ʼn langtermynprobleem. Ons moet vertroue tussen ons gemeenskappe herbou. Die sekerste manier om dit te doen, is vir die regering om daarop aan te dring dat alle gemeenskappe by die oplossing ingesluit word; om nie arbitrêr entstofmandate in te stel nie, maar entstofverspreiding te desentraliseer, om kommunikasie oor entstowwe te desentraliseer en om gemeenskappe en gemeenskapsleiers te bemagtig om deurdagte besluite oor hul eie gesondheid te neem.

Suksesvolle programme

Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, ontvang vroeër vanjaar die Covid-19-entstof. (Foto: Verskaf)

In eie geledere het Solidariteit die beginsel van vrywillige inenting onder sy personeel gevolg en daar was geen sprake van ʼn mandaat nie. Omvattende navorsing is gedoen oor die doeltreffendheid en veiligheid van entstowwe en diegene met spesifieke kommer is in ʼn posisie geplaas om ʼn ingeligte keuse te maak.

In hierdie stadium is sowat 86% van die beweging se werkers ten volle ingeënt, met die oorblywende personeel wat hoofsaaklik weens vorige Covid-19-infeksies nie ingeënt is nie.

By Discovery is 97% van personeel ten volle ingeënt nadat die maatskappy op 2 September aangekondig het dat alle personeel teen volgende jaar ingeënt moet wees – of tugstappe sal gedoen word. Wat hierop gevolg het, was ʼn proses van intensiewe gesprekke met werkers wat huiwerig was, individuele kliniese konsultasies en die bekendmaking van inligting.

“Uiteindelik het die sukses van die program nie afgehang van verpligte inenting nie, maar eerder omvattende gesprekke met personeel binne ʼn vertrouensverhouding. Die mandaat word steeds nie toegepas nie.”

Vertroue gee deurslag

Die navorsing het bevind vertroue gee uiteindelik die deurslag in suksesvolle inentingsprogramme. “Die Suid-Afrikaanse regering het irrasionele regulasies ingestel en toegepas, met pres. Cyril Ramaphosa wat byna nooit vrae beantwoord wanneer hy nuwe regulasies aankondig nie.

“Die uitwerking wat hierdie gebrek aan deursigtigheid op die lae vlakke van vertroue het, moenie onderskat word nie. Na ʼn dekade van korrupsie is dit duidelik dat burgers bloot nie die regering vertrou nie.”

Dit dui daarop dat die regering eenkant toe moet staan en instellings waarin mense vertroue het, toelaat om ʼn rasionele, nie-verdelende debat oor entstowwe en inenting te fasiliteer. Die navorsers sê mense moet deur aansporing, vertroue en behoorlike vertroue oorreed word om ingeënt te word voor die volgende vlaag die land tref.

“Uiteindelik het ons meer wortel en nie ʼn stok nodig nie om te verseker dat die reaksie op Covid-19 tot beter gesondheidsuitkomste lei.”

Immuniteit

Die navorsing het bevind vertroue gee uiteindelik die deurslag in suksesvolle inentingsprogramme. (Argieffoto: Maroela Media)

Luidens die verslag impliseer ʼn beleid van verpligte inenting ook dat dit die enigste maatreël nodig is om openbare gesondheid te verseker, terwyl dit in teenstelling is met navorsing oor immuniteit teen die virus.

ʼn Groot gedeelte van Suid-Afrikaners wat die virus opgedoen het, het reeds daarvan herstel en onlangse studies dui daarop dat natuurlike immuniteit goeie en blywende beskerming teen Covid-19 bied.

Natuurlike immuniteit bied beskerming teen die virus, maar selfs beter beskerming saam met die entstof.

“Inenting teen Covid-19 staan nie in teenstelling met natuurlike immuniteit nie – dit verhoog die beskerming wat natuurlike immuniteit bied tot vlakke wat nie alleenlik deur natuurlike immuniteit bereik kan word nie. Inenting het voordele, selfs al het jy van Covid-19 herstel.”

Die navorsing het bevind Covid-19 sal eindelik as ʼn endemiese siekte behandel moet word. Wat nog onduidelik is, is op watter punt presies Suid-Afrikaners genoeg immuniteit teen Covid-19 gaan hê om nie spesifieke regulasies nodig te hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Nicolaas Hendrik ·

Moenie my eers probeer paai nie, want ek VAT DIT NIE KLAAR

JoHines ·

Solank jy net verantwoordelikheid vir jou besluit neem iws dit reg.

Vlooitjie ·

Wat beteken verantwoordelikheid vat? Hoekom dink almal die wat teen die inenting is dat die wat daarteen is nie okay is met die sogenaamde nagevolge nie? Want almal dink dis die unvaxxed wat almal aansteek en dis nie die geval nie. Jy kan nog steeds iemand anders aansteek al is jy inge-ent. Almal van ons, vaccinated ingesluit, kan die verdomde ding versprei. Ons kies net om nie die goed te vat nie. As jy veilig voel met jou inenting en jou masker, is dit great en ek respekteer dit. Ek vra egter die selfde respek as ek kies om dit nie te doen nie.

MakersMark ·

En nie op sosiale media kerm dat daar “gediskrimineer” word teen anti vaxxers nie. Veral as die lewe so effens begin druk na die inentings paspoort.

JohanR ·

Nicolaas Hendrik ek weier ook om ingespuit te word. Dit is nou al seker oor die twee jaar want ons weet die ding het al hier October 2019 die eerste keer kop uitgesteek. Die meer wat ek kyk na die entstof storie die meer wil ek nie daai gif in my liggaam he nie. Daar word al klaar gepraat met elke nuwe variant sal daar weer moet van die begin af ingespuit word. Covid-19 sal nooit eindig nie want iemand maak groot geld. Ek sal maar aanhou om te masker, te spuit en versigtig te wees dankie.

DieKriek ·

As n lid van n mediese fonds, moet ek betaal vir die enting, terwyl die meerderheid dit gratis kry. Hoekom moet ek dan ander se ente befonds?

Net die regering mag die entstof verskaf. EK SAL NÍE die ANC se vrot entstof neem nie. Wanneer die entstof deur betroubare privaat instansies beskikbaar is, sal ek dit oorweeg.

Alida ·

Jou inenting kom nie van jou gewone voordele af nie en jou premie is nie verhoog om dit te dek nie. In effek is jou mediese fonds bereid om vir daardie ongeveer R850 op te dok uit hule wins, want dis vir hulle BAIE meer kostedoeltreffend om dit vir elke lid te betaal as om vir 10% van hulle lede se hospitaalopname, sorg in n ICU en of op n ventilator te betaal as hulle ernstige covid sou opdoen. En op die lange duur spaar almal op hule premies, want meer hospitaalopnames het groter premieverhogings vir almal tot gevolg.

Tjaart ·

En die beheermaatreels oor die lewering van die entstof is………………..?

Gerhard ·

Alida los maar. Jy kan nie hier kom met logiese argumente nie.

Dirk Mostert ·

Premies sal wel verhoog word, al is dit 6 maande later.

JohnnyS ·

Die entstof is nie verniet. Die regering betaal ten duurste daarvoor met jou belasting geld. En die vervaardigers glimlag lekker breed.

Erik ·

DieKriek, dis nie die ANC se entstof nie. Sover ek weet, is selfs Koningin Elizabeth met dieselfde entstof ingeënt wat nie goed genoeg vir jou is nie.

Ek het nérens betaal of eers my mediese fonds kaart gewys toe ek ingeënt is nie?

Hennie ·

Maak dit ook wet dat die wat komplikasies kry van die jab op n hoop gegooi word en gelos word

MakersMark ·

Sal baie minder wees as wat daar voorgegee word meeste snertstories wat hoop om eendag ‘n geldjie te eis van “big pharma”.

Friedrich ·

Watter fonds laat jou betaal? Disxlcovery vra my nie n sent nie.

MakersMark ·

Wat het die ANC met die pandemie of entstowwe uit te waai ? Of is die ANC die monster in die gang ?

Truman Burbank ·

In die begin van die plandemie, het CR op video belowe niemand gaan gedwing word om dit te neem nie. En niemand gaan vryhede verloor as hul dit nie neem nie. Wonder wat van daardie belofte geword het

Francois Le Cochon ·

Jan, jy moes al op 12 jarige ouderdom agtergekom het dat geen waarborg ‘n waarborg waarborg nie. Bart Simpson was maar 10 jaar oud toe hy al besef het “life sucks”.

Mercia ·

Ja Jan……Dit is hoe belangrik dit behoort te wees om ‘n man van jou woord te wees…… dit wys net weereens dat hulle nie vertrou kan word nie. As hy daaroor kan lieg, kan ons verseker wees daar is baíe meer leuens.

piet ·

Wel niemand kon voorspel dat ons so ‘n groep apatiese ongehoorsames gaan he in vergelyking met die res van die wereld nie. So die situasie het verander, die regering gaan nou daadwerklik optree want mense luister nie.

Jeepie ·

Ja mense. Live on the edge. Moenie vir jou kindes laat inent as babas nie, moenie veilingsheids gordels dra nie, drink en bestuur, moenie jou huis beskerm nie, ry deur Hillbrow met jou venters oop terwyl De la Rey in jou bakkie speel. En groot seblief. Moenie die COVID inentings kry nie.

Erik ·

Die goue uitweg volgens my is om self ‘n ingeligte besluit te neem. Daardie besluit behoort sonder twyfel te wees om die inenting te kry. Moenie dit op die internet navors nie. As ek gaan Google of die maan groen is, sal Google wel êrens vir my verduidelik dat die maan wel groen is. Praat met jou dokter of medici.

Sodra jy die inenting (wat ek glo, ‘n reddingsboei vanaf God is) ontvang het, kan jy rustig raak. Ja, jy sal wel nog kan siek word en ander aansteek en jou masker moet dra, maar die kans dat jy in ICU gaan opeindig is byna nul.

Mediaberigte oor verpligte inenting skeel jou ook dan min. Dis baie bevrydend. Covid het vir my geëindig die dag toe ek my inenting ontvang het.

JohnnyS ·

Ok Erik – nou waar moet jy dit “navors” ? Blindelings glo wat jou regering vir jou vertel ? Weet nie waar jy jou “feite” kry, ek weet persoonlik van ‘n hele paar mense wat baie siek geword het na die “jab” die een ou was twee maande in die hospitaal. En los maar vir God uit die storie, Hy het niks met dit te doen.

Erik ·

Johnny, ek het hierbo genoem hoe jy ‘navorsing’ kan doen. Gaan praat met jou dokter.

MakersMark ·

Daar is darem baie lam siek en dooies na die inenting. Snaaks waar ek werk is 1800 mense in die maatskappy se takke oor die hele Afrika ingeent. Nie een was siek agv die inenting nie maar 17 dood agv CV19 longonsteking voor inentings. Al die krankes na inentings klink bietjie dik vir ‘n daler.

Irma ·

Johnny, die jab-bigrade wil nie hoor dat die entstof enige erge newe effekte of die dood kan veroorsaak nie.

Hennie ·

Dink jy kort bietjie gaan op lees oor ADE, covid begin nou eers vir sommige n probleem word

JohnnyS ·

MakersMark : Gaan vergelyk bietjie UK / Italië en RSA se amptelike syfers met mekaar, dan praat ons weer. Die amptelike syfers toon dat volskaalse inenting nie die verspreiding keer. Inteendeel is RSA se syfers vêr onder die ander twee lande s’n.

piet ·

Johnny – Niemand het gese die inenting gaan verspreiding keer nie. Dit verminder egter die kanse op verspreiding, die kanse om ernstig siek te word en dood te gaan. Eintlik het ons BAIE meer gevalle as die VK byvoorbeeld. Hulle doen meer as 1 miljoen toetse per dag en hul positiwiteitskoers is BAIE laer as ons s’n tans.

annie ·

Soos dit tans staan is die sg entstowwe eintlik net immuun-‘boosters’. Ons is tot nou toe nie die keuse gelaat om ‘n entstof te kies nie. Verder word mense se immuniteit nie vooraf getoets nie; bad luck as jou immuniteit so of so is. Om sonder wete te sê ons sal vir ewig covid in omloop hê, endemies dus, is bloot wensdenkery deur sekere mense. Vertroue kan nie afgedwing word nie. Selfs kommunisme het nie geslaag nie. Ten beste gaan covid die aftog moet blaas en die miljarders se hoop op ewige mag oor mense se breine en beursies.

Zombie ·

Ek is nie ń kenner op die gebied van entstowwe nie en sal graag wil weet hoe ń entstof as ń immuunversterker kan dien.

VaalDonkie ·

Zombie, as ‘n entstof nie die virus doodmaak nie, dan “leer” dit die virus om weerstandig te raak teenoor die teenliggaampies wat jou entstof gemaak het. Soos ons nou sien met Omikron. Amper dieselfde rede as waarom ons nou met XDR-TB sit want mense maak nie hul hele kursus medikasie klaar nie, so die TB raak weerstandig teen die medikasie. Dis waaroor mense bekommerd is ivm die entstowwe siende dat hulle jou nie immuun maak nie, maar net effe meer weerstandig. Ek weet nie of dit waar is nie, maar dis ‘n verstaanbare en rasionele vraag om te vra.

piet ·

annie – hoe bedoel jy ons het nie ‘n keuse om ‘n entstof te kies nie? Ek kon kies tussen Pfizer en J&J.

Alida ·

Werkgewers, besighede en instellings soos skole, universiteite en private hospitale behoort ook die vryheid van keuse te hè om mense wat daar werk of die plek wil besoek vir enige rede, te verplig om ingeënt te wees, of te besluit om dit nie te doen nie. Ek stem saam, die verpligting moenie van die staat af kom nie, maar private instellings moet die vryheid van keuse hè om daardie besluit te kan neem sonder dreigemente dat hulle voor die hof gedaag gaan word. As dit jou as kliënt of werknemer nie pas nie, staan dit jou vry om van werk te verander of n ander diensleweraar te soek. Selfde met mediese fondse en lewensversekeraars se besluite oor premieverhoging vir mense wat nie ingeënt is nie

Jeepie ·

Ja. Gelukkig Sien ons dit reeds gebeur. Dankbaar dat daar firma’s is wat dit doen en instellings wat ‘n standpunt in neem. Universiteite, skole, versekeraars, banke en mediese fondse. Baie goeie besluite. Meer en meer firma’s gaan volg.

Vlooitjie ·

En so neem mense wat verkies om nie in te ent nie ook ‘n standpunt in met ons eie oortuigings. Ek sê weer gaan ent gerus as dit jou veiliger laat voel maar moenie met jou neus in die lig loop en dink jy ksn dan nie ook iemsnd aansteek nie.

JohnnyS ·

Alida – jou werkgewer mag nie iemand diskrimineer as hy/sy HIV positief is, maar jy wil hulle die reg gee om teen gesonde mense te diskrimineer, net omrede hulle kies om nie ‘n eksperimentele (trail) entstof te neem ?

Pieter ·

Noord Afrika het ‘n lae inentingskoers en Covid-sterftekoers. Toe Ramphosa hierdie week die Ivoorkus besoek het, was hy, sy span en Ivoorkus amptenare met maskers bedeel.. kyk na die skares: masker vry. Duidelik is hul redelik Covid vry en nie paniek bevange nie.

Erik ·

Pieter, dink jy regtig lande en plekke soos die Ivoorkus toets hul bevolking behoorlik en teken daardie syfers akkuraat aan?

Friedrich ·

Want hulle travel nie so die wereld vol nie. Dis logies ja

Johnny ·

Verhoed infeksie? Nee.
Verhoed oordrag? Nee.
Verminder kasnse op hospitalisasie en sterfte? Moontlik.
Moenie blindelings die regime se mantra eggo nie.

Gerhard ·

Meer mense moes opgelet het in statistiek. 95% is nie 100% nie maar die verdomp baie ver van 0% af.

Vlooitjie ·

Wie is jy om te sê unvaxxed mense het nie al iemand agv covid aan die dood afgestaan nie?

Jacob ·

In die British Medical Journal (BMJ) van 2 Nov 2021, word dit duidelik uiteengesit hoe Pfizer data manipuleer het om sekere feite aangaande die entstowwe weg te steek. ‘n Fluitjieblaser van die maatskappy het gewaarsku dat daar ernstige tekortkominge is aangaande data integriteit.

‘n Israeliese studie het bewys dat natuurlike immuniteit tot 27 keer beter is teen Covid-19 as enige van die entstowwe. 6% van die Afrika bevolking is inge-ent teen Covid 19, maar slegs 3% van alle sterftes is in Afrika, lees kudde immuniteit wat onmoontlik is met Covid-19 entstowwe. In etlike Europese lande raak Covid-19 nou ‘n pandemie van inge-entes.

mRNA mag die kern van selle beskadig en kanker veroorsaak, etlike gevalle van Guillain Barre sindroom word verbind met entstowwe, entstowwe word verbind met die ontstaan van hartsiektes en meer as 2 457 000 Covid 19 entstof newe effekte is tot en met 2 Nov 21 by die WGO aangemeld.

Laat elkeen maar self besluit.

Gerhard ·

Jacob ontbou dat jy statistiek in perspektief MOET gee. Daar is n paar van die punte wat ek eers self oor sal wil lees. Net 2 punte. 2.5 miljoen gevalle van newe effekte is heelwat maar teen 6 biljoen mense wat al ingeent is is dit eintik net n druppel in die emmer.

In lande soos Emgeland en Israel is alle inperkings afgeskaf. Selfs die dra van maskers. Jy moet appels met appels vergelyk.

Jacob ·

Gerhard oor die afgelope 52 jaar is daar 687 386 newe effekte aangemeld vir 22 entstowwe en behandelings.

Die net meer as 2 457 000 newe effekte vir Covid 19 entstowwe is oor ‘n tydperk van EEN JAAR aangemeld.

Is dit is nie genoeg rede om die Covid 19 entstowwe en die wat dit wil afdwing, met alle erns te bevraagteken nie?

Gerhard ·

Jacob besef jy hoe baie is 6 biljoen? Dis meer as helfte van wereld se populasie. Net in pretoria woon daar meer as 2 miljoen mense. 2 miljoen uit 6 biljoen is 0.03%. Nou rerig nie iets om oor wakker te le nie…

Erik ·

Jacob, ek kan al hierdie inligting net so gaan omdraai om my standpunt om wel die inenting te ontvang te staaf met bronne vanaf die internet. Gaan praat eerder met jou dokter.

Jacob ·

Erik, twyfel jy of die farmaseutiese maatskappye data manilueer het om hulle produkte op soveel mense moontlik af te dwing?
Is jy vas oortuig dat die entstowwe skadeloos is en geen langtermyn newe effekte het nie?
Kan jy verduidelik, waarom die koorsagtigheid waarmee enige alternatiewe behandelings afgemaak is as “dieremedisyne” of as nutteloos?
Waarom is top viroloë wat hulleself uitgespreek het teen Covid 19 entstowwe, as kwaksalwers afgemaak?
Is die mRNA ware entstowwe en indien jy glo dit is, waarom moes die definisie van entstowwe aangepas word om dit te kan insluit?

Het met my dokter gesels en hy stel voor dat elkeen maar self besluit, maar hy weier persoonlik om dit te neem.

NEO ·

Ou Jeepie, jy is so naïef om alles te glo wat jy van die media hoor.

Jeepie ·

Daai stemme wat jy hoor in jou kop bestaan nie regtig nie. Dit is nie die nuus mense nie. Dis maar net stemme.

Vlooitjie ·

Neo lees soos die res van ons ‘n bietjie wyer as die hoofstroom media. Glo wat jy wil en ent soos jy wil. Gerieflikheid onthalwe dink jul om een of ander rede dat dit net die unvaxxed mense is wat almal aansteek en siek maak. Dis nie die geval nie, but then again, jul het klaar besluit ons is skuldig, so be it. Ons almal, vaxxed of unvaxxed sal met ons besluite moet saamleef.

Gert ·

Ek hoop jy kom saam met daai trokke. Sal graag wil sien of jy vinniger as 3300 v/s kan hardloop!

Jeepie ·

Dit is baie duidelik dat SA met ‘n grooter probleem sit. Die mental health lyk nie goed nie. Mense glo die snert wat hulle lees oor world orders en ander belaglikke theorie. Dalk moet ons eerder besoek aan ‘n sielkundigge wet maak. Dan sal ons ook meer inentings kry.

Jeepie ·

Ja. Baie Waar. Die mens probeer maar sin maak van die wereld. Net jammer dat dit nou al honderde jare neem en mense glo nog steeds nie die feite en wetenskap nie.

JohnnyS ·

Nou waar kry jy jou inligting waarop jy jy pro-geforseerde, ongrondwetlike inenting baseer ? Of glo jy slaafs alles wat jou ANC regering jou vertel ?

Jeepie ·

Korreksie. Die grond wet maak voorsiening vir wette om die land en sy mense te beskerm. Dit is NIE ongrondwettig nie. Doen jouself ‘n guns en lees die grondwet. En hoekom of wat het politiek met dit te doen? Sodra ‘n debat nie in ‘n persoon se guns gaan word of politiek of ras genoem. Shame. Die arme mense met beperkte kennis en insig.

Papsak ·

Los los my net uit ek wil dit nie vat nie laat die een wat hierdie gevaatlike viruus hand gemaak hom stop hy het hom begin laat hy hom eindig

Jacob ·

Jeepie, neem dit gerus. Kom ons kyk net na ‘n paar waarskuwings;

1. UK Health Security Agency (UKHSA) waarsku in Oktober 21, dat Covid 19 entstowwe nie werk nie en ‘n negatiewe doeltreffendheid van so laag as MINUS 86% het.
2. UKHSA dui aan dat 80% van sterftes van mense in Brittanje gedurende September 2021, was onder inge-entes.
3. Junie 2021, Dr Peter McCullough, ‘n gerespekteerde kardioloog, waarsku dat Covid 19 entstowwe reeds 50 000 Amerikaners doodgemaak het.

Met bogenoemde in gedagte, kan die Covid 19 entstowwe as ‘n nuttelose en lewensgevaarlike eksperiment beskou word, maar dit bly maar elkeen se besluit wat hulle wil doen.

My persoonlike mening is dat die ontsaglike hoeveelheid inligting wat beskikbaar is oor die gevare van Covid 19 entstowwe, nie ignoreer mag word nie.

JohnnyS ·

Jacob daar in niemand so blind soos die wat nie wil sien nie. Jy mors jou tyd om hierdie mense te probeer inlig. Hulle het die “jab” gevat en nou moet hulle hulself oortuig dat hulle die regte ding gedoen het.

Geregtigheid ·

DIS N EKSPERMENT WAT NOG NIE WETENSKAPLIK BEWYS HET DAT DIT WERK NIE. GEDWONGE ENTING IS DIREK TEEN ONS GRONDWET EN INTERNATIONALE WET. WANNEER N ENTSTOF REGTIG WERK IS DAAR NIE NEWE EFFEKTE NIE. MY LIGGAAM MY KEUSE EN DIT BEHOORT DEFNITIEF NIE AAN DIE REGERING NIE. MEDIESE ALLERGIE WORD OOR DIE HOOF GGE SIEN. GELOOFSBESWARE WORD GEIGNOREER. COVID SE STEFTES IS MAAR NET 0.02% VAN STERFTES IN DIE LAND EN WERELD. DIS GLAD NIE N PANDEMENIE NIE. DIE HELE DING WORD VALSLIK OP GOEIE BURGERS AF GEFORSEER.

Francois Le Cochon ·

Geregtigheid, dink uit die boks. Ondanks padreels, verkeersreels, padtekens en padregulasies sterf daar jaarliks 15,000 mense in motorongrlukke. Dink net wat sou die padsterftes gewees het indien daar geen padreels ens was nie. Die 15,000 sterftes is dus agv bestuur. Covid is presies dieselfde. Indien daar geen inperkings ens was nie, sou die covid sterftes baie meer as “net 0.02%” gewees het. Dan sou jy seker gese^ het ons beleef ‘n pandemie waar miljoene sterf en die regering doen niks.

MakersMark ·

Wat jy so in hoofletters sê is ‘n groot ongeregtegheid.

JohnnyS ·

louis wanneer gaan mense soos jy wakker word. Gaan kyk na die feite van hoeveel mense dood of permanente skade opgetel het agv die “jab” Genugtig man is jy regtig so bang dat jy bereid is om deel te word van die wêreldwye eksperiment om mense se slaafse gehoorsaamheid te te toets ?

Hennie ·

Baie mense sien die inenting as n doods vonnis, en die wat dit verpligtend wil maak as moordenaars, en baie sal hulle lewens ten volle beskerm

Frik ·

Met sy pro-entstof posisie is Solidariteit eintlik ook besig om op n subtiele manier mense te beinvloed om te gaan vir die inspuiting.
Solidariteit is veronderstel om heeltemal neutraal te wees.
Dit help nie hul se nou dit is mense se keuse nie want hul het reeds kant gekies.

piet ·

Hoekom moet hulle neutraal wees? Hulle het mos ‘n reg om hul standpunt en voorkeure te stel en hulle is ten gunste van die inenting en moedig mense aan om in te ent. Boonop berus hulle standpunt op statistieke wat hulle self ingewin en geverifieer het. LUISTER NOU vir ‘n slag.

Anna-Marie ·

Die wetenskap van probleemoplossing sê dat daar altyd meer as een manier is om n probleem op te los. Kinders leer op skool wiskunde (veronderstel) dat daar verskillende maniere is om wiskundige probleme op te los. Dieselfde geld vir hierdie probleem van Covid. Goeie kwaliteit navorsing en blote logika sal aan die lig bring dat die mensdom nog altyd groot plae gehad en oorleef het. Wetenskaplik gesproke is dit goed sodat die gene-poel vir volgende generasies sterker word, nie swakker nie. ‘n Nuwe virus soos covid word n ou-bekende virus en mense ontwikkel n genetiese immuniteit daarteen. Die griep van 1918 was veral erg in die eerste 2 jaar en het geleidelik in intensiteit afgeneem, totdat die wêreld aangegaan het soos altyd. Daar is teorieë dat baie mense wat dood is tydens dié griep, dood is as gevolg van baie hoë dosisse aspirin (mediese behandeling). Ek het my eie navorsing gedoen en glo dat daar verskeie maniere is om die pandemie te hanteer.

Anna-Marie ·

Baie dankie, Solidariteit vir n meer rasionele benadering. As ek die teorie oor entstowwe reg verstaan, sal dit eintlik net werk as 90% van die wêreld bevolking ingeënt word in n twee weke tydperk en die boosters ook in n tweeweke tydperk sou kry. Dan is mrna tegnologie nog nuut en is dit nog glad nie getoets op die lang termyn in enige vorige medikasies nie, wat dit baie riskant maak. Ek ondersteun eerder my eie liggaam se vermoë om gesond te word as om die entstof te neem, boonop het ek al die virus ten minste 2 keer gehad, so ek behoort so immun te wees as n geënte persoon.

piet ·

mRNA tegnologie is nie nuut nie en ook nie riskant nie dit word al vir jare gebruik. Dis net dat dit die eerste mRNA-gegronde vaksienes is wat vervaardig word. Boonop het jy ‘n keuse, jy hoef nie ‘n mRNA vaksien te neem nie. J&J is byvoorbeeld nie ‘n mRNA vaksien nie.

Althes ·

Soos ek reeds al te vore gesê het, ek is ten volle ingeënt omdat ek gesond is om die inenting te neem. Ek gaan vir my jaarlikse checkup wat my gerussgestel het dat ek die inentings kan neem. Ek het egter ñ terugslag gevoel met die tweede inenting. Gaan ek my weer inent? Nee.
Die wat vreesagtig genoeg is vir die virus, sal hul wel laat inent.
Ek het reeds met altwee kante van die munt van moet jy inent, moet jy nie inent te doen gehad.
Moet nie die inenting in mense se kele afdruk nie. Laat elkeen vir homself besluit, hy ken immers sy liggaam beter as enige dokter, epiodimoloog ens.

JohanR ·

Kan hier ‘n vraag beantword vir die domme. As jy nou jy een, twee, drie of vier inenttings gekry het hoef jy moes nie meer ‘n masker te dra nie want dan is JY veillig, en kam ook nie meer ANDERS aansteek nie. After all jy dra nie ‘n masker vir die jaarlikste griep aanval nie, nie eers as jy die inspuiting geneem het nie. Soe al die in SA wat nou ingeent is kan maar hulle maskers af haal, of nie?

Marianna ·

Ek kom agter dat mense wat ingeent is baie ongeduldig raak met die wat nie ingeent wil wees nie. Hoekom? Julle is mos nou goed beskerm teen covid. So as julle beskerm is, hoekom bang wees vir die ongeentes wat in die eerste plek nie die virus het nie. Net die wat die virus het kan ander aansteek. Nou word dit veronderstel dat alle mense wat nie gevax is nie, die virus dra. Belaglik.

VaalDonkie ·

Hulle is bang hulle het ‘n fout gemaak en wil ons dwing om dieselfde fout te maak sodat hulle nie alleen is nie

Jeepie ·

Dit is omdat die van ons wat ingeënt is, graag julle wil help. Dit is ons plig om die minder bevooregte of minder begaafde mense te help.

Gert ·

Ons soek nie jou hulp nie jeep. Bly stil en vat nog ‘ “zombie zap”.

Francois Le Cochon ·

Marianna, ons wil aangaan met ons lewens en so gou as moontlik terugkeer na “normaal”. Oningeentes geniet blykbaar die inperkins en dit wat daarmee saamgaan. Hoekom sal net hulle weet.

Frik ·

Daar gaan nie n normaal wees selfs al sou 100% die inspuiting gekry het, want dit gaan hier oor absolute beheer oor mense en die wegneem van mense se vryhede.

Johnny ·

Die inperkings is weens die regime se besluit en het niks met gesondheid of die effek van die inspuiting te doen nie. Verstaan daai baie duidelik.

MakersMark ·

Die oningeentes is variant fabrieke, veroorsaak nuwe vlae en eindig op in hospitale en ICU’s. Hul hou die ekonomie terug.

Vlooitjie ·

Sê asb vir my wat die derduisende mense regoor die wêreld moet doen wat newe effekte grkry het agv die inenting of mense wat selfs kinders aan die dood afgestaan het in die geval? Niemand wil regtig aanspreeklikheid daarvoor aanvaar nie. Is dit maar “oeps, sorry jy was een van die ongelukkiges”?

Jacobus ·

Moet net nie die inenting in dieselfde sin as immuniteit tnoem nie. Die wetenskaplikes wat se woord as wet beskou word is lank nie meer baie seker oor uitkoms van inenting nie. Daar is sommiges wat swem in die opbrengs het dit lankal in ‘n politieke stoei geveg verander. Voeg by die totale gebrek aan vertroue en daar bly net groot twyfel.
Die publikasie van Sol is ‘n nugter bron vir besluitneming. Die politici en hulle sikopante het hulleself gediskwalifiseer.

piet ·

Die verskil tussen ander lande en ons, is dat ons mense meer hardkoppig is ten nadeel van die hele land. Dus sou dit nooit by besprekings van gedwonge inenting gekom het as ons mense hul samewerking gegee het nie. Die apatiese houding van ‘n groot gedeelte van die bevolking noodsaak egter die regering om drastiese stappe nou te neem. Dis te laat om te huil wat nou gaan gebeur.

SSH ·

Vreemd dat in lande waar die meerderheid hul laat inent het, hetsy uit eie wil of inder druk…nou steeds gebuk gaan onder hard lockdowns…selfs na die bevolking die versekering gekry het dat “alles na normaal sal terugkeer wanneer die meerderheid van die bevolking gejab is”.
Wat reken jy is die “normaal waarheen ons sal terugkeer is die “jab targets” hier by ons bereik is?

piet ·

Korrek, dis wat hulle nie verstaan nie. Ons het eintlik vrede met hul persoonlike stryd teen Covid. Dit gaan vir ons om aan te beweeg , nie ons gesondheidsdienste onnodig te belas nie en die ekonomie aan die gang te kry.

Piet ·

Ek dink dit is tyd dat publiek wat positief is oor die inenting (Ek sluit myself in) die besighede wat nie inenting bewyse versoek wanneer hulle besoek word nie, moet summier “geboikot” word. Die persone wat so gekant is teen inenting is uiters onselfsugtig en nalatig, Het ek wat ingeent is dan geen reg op my sekuriteit en gesondheid nie? Gaan sit gerus en dink oor jou eie onverantwoordelikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.