Solidariteit vra hof om regering te dwing om regstelwet te wysig

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit gaan eerskomende Woensdag die arbeidshof in Johannesburg vra dat sekere dele van wetgewing oor regstellende aksie ongrondwetlik verklaar word en dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig word. Dit kan die einde van regstellende aksie, soos dit tans daar uitsien, beteken.

Die hofaansoek van Solidariteit volg nadat ʼn gelykheidsverslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) bevind het dat sekere elemente van Suid-Afrika se regstellendeaksieprogram nie aan die Grondwet en internasionale regsverpligtinge voldoen nie.

Die SAMRK het aanbeveel dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig moet word en dat die regering binne ses maande ná die uitreiking van die verslag terugvoering moet gee oor hoe die wet verander gaan word.

Die regering het nie aan die SAMRK se aanbeveling voldoen nie. Solidariteit vra nou dat die hof die SAMRK se bevindings bevestig.

Die verslag van die SAMRK volg op aanbevelings van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) wat skerp kritiek op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie gelewer het.

Die aanbevelings van die VN-komitee volg ná voorleggings van die departement van justisie en van Solidariteit in 2016 voor dié komitee in Genève, Switserland. Solidariteit het daarna ook ʼn petisie by die SAMRK ingedien waarin gevra is dat Suid-Afrika se voldoening aan internasionale vereistes ondersoek word.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die kern van die SAMRK-verslag dat regstellende aksie meer genuanseerd toegepas moet word; dat behoefte en omstandighede in ag geneem moet word; en dat die manier hoe dit nou toegepas word tot rassekwotas lei.

“Regstellende aksie in Suid-Afrika het in ʼn rassetelling ontwikkel wat niks meer met regstelling te doen het nie, maar alles met ras. Suid-Afrika implementeer steeds ʼn rassestelsel ten spyte daarvan dat die land se menseregtewaghond bevind het dat dit ongrondwetlik is. Om dit voort te sit sonder om te poog om die bevinding ter syde te stel, is minagtend teenoor ʼn instelling wat deur die Grondwet ingestel is, en minag ook die Grondwet self,” het Hermann verduidelik.

Werkgewers wat gedwing word om ʼn streng beleid van rasseverteenwoordiging te volg, of werknemers wat daardeur benadeel word, kan nou argumenteer dat Suid-Afrika se menseregtewaghond bevind het dat dié praktyk ongrondwetlik is.

Volgens Hermann het die regering nie die verslag van die SAMRK op hersiening geneem nie en is dus daaraan gebonde. Ons vra nou die hof om die regering te dwing om die aanbevelings te implementeer, wat sal beteken dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig moet word.

“Ironies genoeg was die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie oorspronklik ʼn anti-apartheidskonvensie wat grootliks deur die ANC tydens die vorige bedeling by die VN beding is. Die ANC word nou deur sy eie konvensie van onbillike rassediskriminasie aangekla. Die hofsaak wat voorlê is ʼn direkte gevolg van Solidariteit se internasionalisering van sy stryd teen onbillike rassediskriminasie,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

humor ·

Groot dankie Solidariteit. Ons hier in Namibie ondersreun jul saak met groot erns. Deur al die jare sederd onafhanklikheid woed hierdie euwel, onreg steeds hier ook. As jy na ons arbeidssektor kyk dan sal jy oortuig wees hier is nie meer blankes in hierdie land nie. Ek hoop ernstig dat hier ook n burgerlike liggaam na vore sal kom om vir hierdie internasionalereg op te staan.

Cherokee ·

MAW Humor, Suid-Wes is nie ‘n opsie vir mense wat die land wil verlaat nie.

Donderstorm ·

Ek glo almal weet wat die uitslag sal wees en dit is dat dit vlg hulle nie ongrondwetlik is nie.

jaco ·

GEEN regter gaan in Solidariteit se guns beslis nie, want dan is hy of sy dadelik werkloos.
In Zimbabwe het die howe aanmekaar Mugabe se grondonteiening van wit boere as ongrondwetlik verklaar. Mugabe het dit omseil deur eenvoudig daardie regters af te dank en met regters te vervang wat sy beleid 100% nagepraat het.

sweis ·

Ek stem nie saam nie daar is n gesegde wat sê as jy nie kla nie is jy tevrede en daar is n verskil nie groot nie tussen die piesang republiek van zimbabwe en die piesang republiek van suid afrika en Zimbabwe het nie n solidariteit beweging om die vergrype teen minderhede te polisieer nie.

Boer ·

Onafhanklike howe tel baie om beleggingsvertroue in te boesem. So iemand moet hierdie pad stap sodat of a) die wetgewering verander of b) die regters weier om te beslis sodat die wereld kan sien dat die regbank nie meer onafhanklik word.

Deur om by swak sake te staan word die ANC in ‘n al hoe kleiner hoek geverf totdat hulle nie meer hulle ware kleure kan wegsteek nie.

Gert van Wierdapark ·

Mooi so Solidariteit – wys hul waar Dawid die Wortels gegrawe het!!!

Henning ·

Solidariteit verdien die ondersteuning van almal in die land wat benadeel word deur die huidige bedeling. Dankie vir julle volgehoue pogings om ons toekoms vooruitsigte te verbeter.

E Lom ·

Dit is ieder en elkeen se plig om Solidariteit te steun in hul waardevolle poging, sluit aan en doen jou deel!!!

Petrus ·

E Lom, wat is die langtermyn plan? Ons kan nie vir altyd strompel van een hofsaak na die volgende nie. Selfs getroue ondersteuners gaan moeg word.

Johanna Botha ·

As dit darem nie was vir Solidariteit nie dan weet ek nie …baie dankie ! Bee is maw soos ons reeds weet n groot flop !

Elize ·

Dankie Solariteit vir wat julle vir SA probeer doen. Nou moet julle asseblief nog net “BEE” ook ongrondwetlik verklaar kry. Hoeveel besighede het al en moet nou hul deure as gevolg daarvan sluit.

Lizzy ·

SO DANKBAAR VIR AFRIFORUM…BLY ONS IS LEDE!! EK IS N EX BANK AMPPTENAAR…EN MOES LOOP OMDAT EK WIT IS!!!!

Anoniem ·

Ons word deesdae as non-designated geklassifiseer en VSP word aangebied om van die blanke mans ontslae te raak.. watter keuse het jy….vat dit en loop of word op ander maniere van ontslae geraak….en sodoende verloor jy alles…

Anoniem ·

Word deesdae as non_designated uitgewys—vsp word aangebied vir blanke mans….vat jy of Los jy dit…anders word op ander manure banjo ontslae geraak

Ek lek my sere ·

Nou net gaan kyk wat non-desegnated beteken… onderandere, doomed..outgoing ens.

sweis ·

Ek sou ook graag wou sien dat die VF+ oorlog verklaar teen hierdie diskriminerende wette gemik daarop om wit jeug te benadeel en sodoende te dwing om in n ander land te gaan bly.

Frik ·

Sweis, wat het die VF+ oor die afgelope 25 jaar uitgerig? Vra net vir stemme om meer mense parlement toe te stuur. Van die ‘slaan terug’ gaan dadels kom.

Cherokee ·

Sweis, die VF+ moet teen die ANC, DA en EFF veg, en hulle is ‘n massa. Ons baklei maar ons baklei teen ‘n oormag. Die ANC en hul satelliet onder-die-kombers-samewerkers maak dit moeilik.

Neels ·

Cherokee, indien dit wel die geval is moet die VF+ eerlik met hul kiesers wees. Duidelik mors hulle dan tyd en moet eerder al die alternatiewe op die tafel plaas sodat die Afrikaner gemeenskap kan debateer en self besluit oor die pad vorentoe. Tans word allerande mooi stories vertel terwyl teen die oormag baklei word.

Boy van die Suburbs ·

Dis net de Klerk & Kie wat klaarblyklik nog nie besef, ons is bywoners in ‘n Afrikaland nie! Die res van ons ken die realiteit en weet wat die werklikheid is…….

Trojaanse Donkie ·

Nie eers die misdaadsyfers of werkloosheid of enige iets anders wek enige simpatie met slagoffers nie. Jammer om te se julle gaan nerens kom met julle aksies nie. Die land is lankal verby die punt om gered te word en die sosialiste verstik in die duurste whiskies wat gekoop kan word. Nietemin het ons die hoogste waardering vir wat julle doen.
Van die regstelsel kan ons niks verwag nie.

Al ·

Dankie Solidariteit vir jul voortgesette deursettingsvermoë om onbillike arbeidspraktyke te stop. God se seën sal op jul rus.
Ek is trots ñ Solidariteitlid.

humor ·

Cherokee vir arbeid is hier min geleenthede. Tog is hier groot maatskappye uit SA hier investeer en grond word ook nog deur SA burgers hier bekom, maar natuurlik nie volop nie. Verder is dit n baie veilige land waar menige nog met oop deure kan slaap. met erkenning vir taal en kultuur en ons mag selfs nog die ouvlag besit. Sover my kennis strek, is hier nie n uittog buiteland toe nie. Jongmense bekom wel arbeid in die buiteland maar keer weer na die vasgestelde tyd met baie ondervinding terug.

Cherokee ·

humor, ek het self vir ‘n enkele maande in Walvisbaai en in Windhoek gewoon. Het die land geniet maar wat ek gesê het was ligsinnig genoem. Eerder Madagaskar as Namibië.. :-) (en terloops terwyl ek dit noem, Madagaskar mag werklik ‘n opsie wees!)

DT ·

Ek stem saam humor. Bly al die afgelope 5 jaar in Namibie. Jongmense hier skep hul eie geleenthede. Die rasseharmonie hier bestaan. Grootste gros van Swart mense praat Afrikaans. Respek vir mekaar onder rasse bestaan. Windhoek is ‘n kosmopolitaanse stad. Nerens ervaar jy vrees.

Kloekie ·

As jy nie mense op meriete kies, gaan standaarde agteruit. Dis mos blatante diskriminasie teen wittes om hul uit te sluit oor sondes van die verlede. Lyk dit vir die regering of regstelaksie die land reg ruk?

Gert ·

Waar is de Klerk.
Dit is so duidelik dat hy ‘n mandaat gehad het om uit te voer, en daarna moet hy swyg.

Manie van Worcester ·

sy mandaat het hy op valse voorwendsels gekry van goedgelowige mense wat hom geglo het terwyl hy agter sy kop aangeloop het ipv om sy hoof te gebruik

Cherokee ·

Wetie Gert. Miskien is hy onder behandeling vir skuldgevoelens. Òf miskien is hy besig om te kyk waar hy weer ‘n Nobel prys kan score. Of miskien Gert, is hy en Meyer besig om mekaar te beskuldig (of te komplimenteer!).

Spook op thaba ·

As hulle in 25jr nog nie n brug kon bou en daaroor kom nie, sal hulle dit ook nie in die volgende 25 jr kan doen. Ons gaan hou elke jr in Swartkopmund vakansie. Oorweeg dit om daar te gaan bly

E Lom ·

Dit is ieder en elkeen se plig om Solidariteit te steun in hul waardevolle poging, sluit aan en doen jou deel!!!

KDT ·

So, ek kan teruggaan na die personeelagentskap wat vir my ‘n epos gestuur en gese het: “Jammer jy is te wit” (net so, ja) en se dat dit ongrondwetlik s?

Haai nooit! ·

Al word dit deur ‘n hof bekragtig sal dit geen verskil maak nie. Die anc is oral in beheer en raak met vieslike taktieke wat in geen wetboek staan, van die laaste “wit man in die hoek” ontslae. Om in die korporatiewe wereld te werk as wit mens is deesdae hel. Maar ek is seker die organisasies in hul knus oorwegend “wit” kantore weet nou nie waarvan ek praat nie. Kom stap in ons skoene in stede van lede te probeer werf met snert. Gelukkig, of ongelukkig, afhangend van insig, is daar weereens, soos met die referendum van destyds heelwat meer goedgelowiges wat hul aan die neus laat lei, as mense wat vir hulself dink. Sterkte vir julle.

Gaitsigubib ·

Nou praat jy Cherokee! Ek was nie gelukkig toe jy my gas gee in n ander berig oor Orania nie, tog het jy ook al na al die opsies gekyk en weet nogal waarvan jy praat. Madagaskar is in my beskeie opinie n goeie opsie as dinge verder oor die afgrond beweeg.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.