Solidariteit vs. Telkom: Dringende hofaansoek aangehoor

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die vakbond Solidariteit se dringende aansoek om ʼn interdik teen Telkom se beplande herstrukturering en afleggings te bekom, sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.

Die vakbond meen Telkom verontagsaam ’n ooreenkoms oor herstruktureringsprosesse wat hy in 2008 met vakbonde aangegaan het.

Volgens Solidariteit is die ooreenkoms dat Telkom met vakbonde moet vergader en tot ʼn vergelyk kom alvorens die maatskappy met ʼn herstruktureringsproses mag begin. “Die ooreenkoms bepaal verder dat, sou daar by Telkom se herstruktureringsforum ʼn geskil tussen die partye ontstaan, die geskil eers opgelos moet word voordat ʼn afleggingsproses mag begin.”

Hoewel vakbonde op 19 Junie ʼn geskil met Telkom oor die beplande afleggings verklaar het, het Telkom voortgegaan om op 22 Junie ʼn artikel 189-afleggingskennisgewing aan vakbonde uit te reik. Hiervolgens kan tot soveel as 4 400 mense afgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

HEVW ·

Dit is duidelikTelkom bestuur hierdie aangeleentheid met n gevoellose gorillamentaliteit. Maar so gaan dit as sake ernstig knyp, en in die gesug na meer en meer.

Jacomien ·

I am so frustrated with the whole bunch at Telkom for giving poor service to our consumers that I feel they can fire the whole lot.
Sorry for the few that try their best (same in the police force )

Jacomien ·

I am so frustrated with the whole bunch at Telkom for giving poor service to our consumers that I feel they can fire the whole lot.
Sorry for the few that try their best (same in the police force )

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.