Solidariteit waarsku Ramaphosa teen strenger inperking

Flip Buys (Foto: Twitter/Solidariteit)

Die Solidariteit Beweging sê hy het ʼn aanmaningsbrief aan pres. Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gerig waarin daar gemaan word dat enige verskerping van die bestaande inperkingsmaatreëls ondoeltreffend en verwoestend vir die ekonomie en landsburgers sal wees.

Ramaphosa sal na verwagting in die komende week die nasie toespreek ná oorweging van aanbevelings deur die departement van gesondheid.

“Die regering het vantevore maatreëls afgedwing wat dubbelsinnig, onprakties en irrasioneel is. Ons waarsku Ramaphosa vriendelik dat ons enige verdere irrasionele en onredelike maatreëls in die hof sal uitdaag,” sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

“Daar word deurlopend vrees aangejaag oor ʼn tweede golf en groot gewag gemaak van ʼn geringe styging in gevalle. Die werklikheid is dat positiewe gevalle onder 10% van toetsing bly, waar dit 30% van toetsing was toe Suid-Afrika sy kruin bereik het.”

Buys sê positiewe gevalle kan maklik gemanipuleer word om die skyn van ʼn tweede golf infeksies te skep deur eenvoudig die toetsing op te stoot. “Die ware maatstaf is egter om die verhouding tussen toetsing en positiewe gevalle te meet.”

Die Solidariteit Beweging voer sterk aan dat skerp inperkings nie ʼn tasbare verskil maak in positiewe gevalle nie, hoewel dit beslissende tasbare ekonomiese gevolge sal inhou.

Volgens Buys is 2,2 miljoen mense in die tweede kwartaal hul werk kwyt van wie ʼn wesenlike gedeelte van die getal mense die kwesbaarstes in Suid-Afrika is.

Om sake te vererger, is daar boonop ʼn verwagte tekort van meer as R300 miljard aan die invordering van belasting en het die BBP in een kwartaal 16,4% gedaal, waar die daling 51% op ʼn jaargrondslag is.

“Die Solidariteit Beweging maan die regering ernstig aan om geen verskerping van die maatreëls in te stel nie, en sal die nodige regstappe doen, sou enige onsinnige en onredelike maatreëls ingestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christina ·

En die hof het al gewys dit is nie baie konsekwent met die regte besluit nie. Wat dan?

Johann ·

Het groot waardering vir die feit dat julle ten minste n poging aanwend om logika en sinvolheid aan te spreek. Die realiteit is egter Cerrol en sy Comrades is so vêr verdrink in hulle eie mags vergrype en selfwaan, hulle luister of hoor eenvoudig nie na iemand wat hulle nie verheerlik en prys nie.

En hulle is lank nie klaar om hulle onbesonne onbevoegdheid af te speel teen n pandenie nie.

Persheks Adri ·

Die regering is horende doof vir enige raad pffft. Hulle beter nie strenger reëls wil toe pas nie ons wat die reëls na kom word gepenaliseer! Plaas praat Cyril oor belangrike sake soos plaasmoorde en rassisme TEEN ons en moet nie van sy taxi’s en EFF vergeet nie! Cyril kan gerus met sy “our people” praat dis hulle wat nie luister nie!

Trotse Boervrou ·

Dankie Solidariteit vir jul volgehoue stryd en dapperheid. Mag jul waarskuwing nie op dowe ore val nie. Ons weet egter dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die Regering hul aan hierdie waarskuwing gaan steur. Hulle doen net wat hulle dink. Eintlik is dit beter dat hul nie probeer dink nie…. Hierdie gaan in elk geval lankal nie meer oor Covid nie. Hul aksies kom voor asof hul juis wil hê die ekonomie moet ‘n finale nekslag toegedien word. Te oordeel aan hul optrede laat hul ons geen ander keuse as juis om hierdie afleiding te maak nie. Uiters onbevoeg is ligtelik gestel. Wie sal ooit weet wat die verskuilde agenda is. Ons lyk dalk onnosel vir hulle maar helaas, allermins! Ons weet wat ons weet.

gehasie ·

Die C-19 foefie! Somer moes C-19 afneem maar… CR wag vir instruksies van Soros en kie!

Saartjievandiebosveld ·

Hulle voel niks….absoluut niks vir die burgers van hierdie land….sal verder nie sê wat ek graag wil nie….

madels ·

Net laasweek het n vriendin van my se broer gegaan vir Covid19 toets, eerste toets was positief, sy se toe vir hom hy moet gaan vir nog n toets net om te bevestiging te kry… mense voorwaar toe is die toets NEGATIEF!!!!!!!!!!!!!!!!! Hierdie hele lockdown is n klug. Ja, daar is mense dood aan die virus en ek onderskat nie wat nou aangaan nie maar hoeveel ander mense is getoets vir Covid 19 en is “positief” gediagnoseer wanneer dit glad nie so is nie??????????? Wat is die duistere agenda van die regering?

Persheks Adri ·

Om te plunder jy weet mos dis al wat hulle goed kan doen eish! Ek weet van mense wat gegaan het vir die toetse en nie eers spoeg of iets is gevat nie, maar die toetse wys positief! My oom is oorlede in lockdown van sy hart en hulle wou wragtag Covid op sy dood sertifikaat sit sodat regering kon R70 000 eis. Glo my hulle het BAIE vinnig die sertifikaat verander nadat ek tekere gegaan het en gedreig het om te dagvaar!

annie ·

Die ANC koes vir al die probleme en voel veiliger onder die inperking veral met die dreigende salarisgeskille en afdankings wat voorlè anders sou ‘n noodtoestand nodig word.Nou kan Covid-19 die skuld kry. Of ons maklik van die ‘nuwe bestuurders van ons lewens’ ontslae gaan raak is ‘n ander vraag. Die antie het nou ‘n magdom kopstukke en die mark is oorvol mondstukke en SAL sal weer vlieg volgepak met kaders. Net Eskom en… en… en dis juis hoekom die inperking gaan bly…

Kokerboom ·

Dankie Flip vir jul onbaatsugtige vreeslose diens aan die ekonomie en die Afrikaanssprekendes in die land en hul saak. Dit gee ons hoop en energie om die mooi land ‘n treffer te maak

Derek ·

Dit sal die grootste fout wees wat die regering ooit sal maak, behalwe die foute wat hul reeds gemaak het!

Alleen Wolf ·

Met alle respek mnr Buys, in die hof gaan jy niks regkry nie, regter gaan uitspraak voorbehou en dan in die regering se guns besluit, daar is net een manier, ons moet aan hulle sak vat, dis wanneer mense luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.