Solidariteit wen Denel-saak in hooggeregshof

Solidariteit sê hy is verheug oor die hooggeregshof in Pretoria se bevinding dat die wapenreus Denel op ’n dringende grondslag sy statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers moet nakom.

Denel word nou deur die hof gedwing om die werkloosheidsversekering en belasting wat oor ʼn aantal maande van werknemers se salarisse afgetrek is, oor te betaal.

“Dit is ’n groot oorwinning vir Solidariteit en die Denel-werknemers. Dit is egter betreurenswaardig dat ons ons tot die hof moes wend net om Denel te wys op betalings wat hy reeds ’n geruime tyd gelede moes maak,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste.

Solidariteit se dringende aansoek het gevolg nadat die sukkelende wapenvervaardiger vroeër bekendgemaak het dat hy slegs in staat is om ’n sekere gedeelte van sy werknemers se salarisse vir Junie en Julie te betaal.

Sekere statutêre verpligte betalings soos LBS, WVF en die heffing op vaardigheidsontwikkeling is op betaalstate aangedui, maar is egter nie oorbetaal nie.

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf in Solidariteit, sê hoewel dit ’n beduidende stap in die regte rigting is vir die groter stryd teen die misbruik van belastingbetalers se geld, is Solidariteit nog steeds bekommerd oor Denel se voortbestaan.

Solidariteit sê dat die Denel-stappe deel vorm van ʼn veel groter veldtog – dié van Solidariteit se wettige belastingprotes. Dié protes sluit minstens ses regsaksies teen staatsondernemings en belastingplunderaars in.

Solidariteit het ook met ʼn proses ingevolge artikel 165 van die Maatskappywet begin om wanbestuur en korrupsie van voormalige direkteure van Denel te ondersoek, met die oog op moontlike vervolging.

ʼn Tweede geregtelike stap volg na aanleiding van Solidariteit se Denel-dossier. In die dossier, wat reeds in April 2018 onthul is, is dit duidelik dat die wanbestuur en moontlike korrupsie van vorige Denel-bestuurslede tot die wapenreus se finansiële verknorsing gelei het. Sedertdien is ʼn forensiese ondersoek ook gedoen en Denel het vanjaar bevestig dat stappe teen die betrokkenes beoog word, maar Solidariteit het geen bevestiging van enige stappe gekry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

lizzi ·

Wonderlik!!!! Solidariteit vertrou julle gaan van krag tot krag, ons het dringend instansies soos julle in hierdie korrupte, patetiese land nodig.

koos1 ·

Word maatskappye dan nie wetlik verplig om die aftrekkings oor te betaal nie? Hoekom was die hofsaak dan nodig? Moet DENEL nie krimineel vervolg word sonder die rompslomp van so ‘n hofsaak nie?
As dit ek was, was ek alreeds vervolg!

Bert ·

Is Solidariteit net so verheug dat die geld wat nou moet oorbetaal word net so uit die belastingbetaler gewurg word om ‘n absoluut bankrot besigheid ‘n paar maande/jare langer kunsmatig aan die gang te hou???

Pieter ·

Om te dink dat die anc regering so sleg geword het is n skande die koeie wat hulle vir twintig jaar gemelk het se melk begin nou op droog

leser ·

denel, wapenREUS, (he he he ) hulle het gehoop dat die rooivalk hulle sal help om geld te maak, ongelukkig is die amerikaanse soortgelyke heli meer doeltreffend as die rooivalk, en daardeur het denel hulle blakers gesien
wanneer is die rooivalk vervaardig ?, dis die laaste keer wat denel probeer het om iets te maak wat goeie oorlogswerk gaan doen

Pieter ·

Nee wat chris hulle word beskerm sy seun is seker nou nog besig met sy vlieg lesensie wat ons belasting betalers amper twee miljoen rand gekos het die anc moet vir ons kinders ook dan betaal om te gaan vir hulle vlieg lesensies of hoe

Merie Perd ·

Chris, dit is net hier waar SA se werklike probleem le. Moontlik dit moontlik dat. Ons wet het so gekompliseerd geword dat kriminele wegkom met bedrog, moord, diefstal, verkragting, dwelm smokkel en …. noem maar op. Laat die personewat skuldig is aan sulke misdrywe die swaarste moonlike straf kry, bring selfs die doodstraf terug.
In my jong dae is politikusse aangekla van meineed dwarsboming van landswette ens. Nou word hulle “herontplooi.” Sotlik is dit nie?

Johan ·

Uit die 216 hofsake wat Afriforum/Solidariteit gemaak het teen die NARRE van hierdie wereld, het hulle Al een verloor?

lorita ·

Onderaan my opgawes wat ek teen die 7de moet indien en betaal wat UIF, PAYE en SDL aan betref, is ‘n duidelike nota van boetes wat opgelê word indien dit teen 7de nie ingedien en betaal word nie. Verder word ons as “non-compliant” geklassifieer op tender websites – duidelik tel dit dan seker nie vir SOE’s nie

Johanna Botha ·

Solidariteit kry meer reg in n dag as die anc in een hele jaar …en doe DA ploeter ook lyk my maar voort !

hercu ·

“slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak, maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie. Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle” – Ps 37:12‭-‬15‭, ‬17 DB

Belastingbetaler ·

Die regering sal maar baie gouer as oktober moet help. Dit is mos hulle eie mense wat die oorsaak is van die vernietiging. Dan kan hulle self die geld uit daardie handjievol korrupte topbestuur en raadslede wurg. En die nuwe raadslede sal dalk maar in die vervolg hulle eie middag etes moet saamvat as hulle vergader. Daar is ongelukkig nie meer geld vir lekker middagetes by elke vergadering nie. Geld is op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.