Solidariteit-werkers by Sasol begin staak

Lede van Solidariteit begin eerskomende Maandag by Sasol staak oor die maatskappy se personeelaandeleskema wat wit werknemers uitsluit.

Dit sal die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis wees dat wit werknemers oor rasse-uitsluiting staak. 89% van die Sasol-werkers van Sasolburg en Secunda het ten gunste van die staking gestem.

“Die oorweldigende steun vir die staking dui op die frustrasie van die werknemers. Ons het ses massavergaderings by die verskillende aanlegte van Sasol gehou. Van die vergaderings was so vol dat mense op die grond moes sit,” vertel dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die onderliggende boodskap was: Genoeg is genoeg. Die werknemers is moeg daarvoor om uitgesluit te word. Sasol het ’n aggressiewe regstellendeaksiebeleid en die nuwe skema het werkers laat voel dat daar ’n streep getrek moet word. Sasol het net te ver gegaan.”

Sasol het onlangs ʼn nuwe personeelaandeleskema, Khanyisa, bekend gemaak. Ingevolge die skema is wit werknemers asook buitelanders van dié tienjaarskema uitgesluit. Khanyisa volg op ʼn vorige skema, Inzalo, wat wel wit werknemers ingesluit het.

Inzalo word nou in die eerste been van Khanyisa afgesluit. In die tweede been, wat die nuwe skema vir die volgende tien jaar gaan wees, word wit mense egter uitgesluit. Solidariteit meen Sasol het dus ʼn geskiedenis van insluiting gehad, maar het nou ʼn toekoms van uitsluiting.

Volgens Hermann beteken die nuwe skema in praktyk dat ʼn Sasol-werker wat 30 jaar by Sasol werk, niks kry nie, maar iemand wat drie maande by Sasol werk, kry aandeelwaarde van R500 000. “Sasol bereken die wit werkers se waarde aan die hand van ʼn bemagtigingstelkaart. Hul lojaliteit, produktiwiteit en werksetiek word deur ʼn sakrekenaar nietig verklaar,” sê hy.

“Die staking is nie oor wit en swart nie, maar oor reg en verkeerd. Die konsepmynbouhandves bepaal ook dat wit werknemers nie uitgesluit mag word van personeelaandeleskemas nie. Sasol se skema druis dus selfs lynreg in teen die mynboubemagtigingshandves en die algemene praktyk by myne.”

Hermann sê die staking sal Maandag met verskeie protesaksies begin. Dit sal opbou na Woensdag wanneer ʼn nasionale dag van steun vir die Sasol-werkers gehou sal word. ʼn Volledige staking begin Donderdag met ʼn massasaamtrek van die gemeenskap by die Secunda-aanleg en die Sasol-steenkoolmyne. Die fokus gaan dan na Sasolburg verskuif en later gaan beide aanlegte en die Sasol-steenkoolmyne gesamentlike aksies hou.

“Ons het reeds vir drie weke se aksie beplan. Ons gaan egter slim staak. Ons 6 300 lede is hoogs opgeleide werknemers wat strategies vir Sasol van groot belang is. Ons beplan om daagliks ʼn ander deel van Sasol af te skakel. Ons beplanning is strategies en baie fyn gedoen. Ons het die kennis en invloed om dit te doen. Ons storm nie in om die maatskappye en werkers moeg te staak soos dikwels deur vakbonde gedoen word nie. Almal hoef nie vir drie weke uit te gaan nie. Sasol gaan die krag van kennis beleef. Ons beplan om Sasol te wys wat die gevolg gaan wees as ons die maatskappy uitsluit. By ons staking sal ook nie vensters gebreek, bande gebrand of asblikke omgegooi word nie. Ons gaan dinge anders doen,” sê Hermann.

Solidariteit beplan om Secunda Donderdag toe te maak. “Ons kry oorweldigende steun uit die gemeenskap. Ons verwag dat honderde mense uit die gemeenskap saam met die Sasol-werkers gaan deelneem aan ʼn massasaamtrek. Daar is selfs besighede wat gesê het hulle gaan toemaak sodat hulle kan deelneem.

“Hierdie kwessie is nie net ʼn saak vir die Sasol-werknemers nie, maar ʼn beginsel wat baie wyer as Sasol strek. Die Sasol-werkers word ʼn simbool van hoe baie mense voel.  Hulle neem standpunt in oor ʼn frustrasie wat baie mense net by braaivleisvure uitspreek. Die manne in blou oorpakke doen iets. Simbolies is baie wit mense ook maar Sasol-werkers. In die lig daarvan het ons besluit om eerskomende Woensdag ʼn nasionale dag van steun vir Sasol-werkers te hou,” sê Hermann verder.

Solidariteit gaan Woensdag honderde memorandums van steun vir die Sasol-werknemers en uit protes teen rasse-uitsluiting in die algemeen by maatskappye oorhandig. Werknemers by onder meer Eskom, Telkom, Denel, verskeie myne, Mittal, die SAPD, landboukoöperasies en lugvaartmaatskappye gaan Woensdag memorandums oorhandig.

Solidariteit het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om eerskomende Woensdag nie Sasol-petrol in te gooi nie ter ondersteuning van die Sasol-werknemers. Mense word ook aangemoedig om die dag blou aan te trek.

Intussen het Solidariteit by Nedlac aansoek gedoen sodat al sy lede in solidariteit met die Sasol-werknemers op een dag wettige protes by honderde werkgewers in Suid-Afrika kan aanteken. Nedlac het geweier om toestemming te gee en Solidariteit beplan om volgende week hof toe te gaan om dié besluit van Nedlac te betwis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lynne ·

Viva Solidariteit! Go for it! As hulle nie wil hoor nie, laat hulle voel….

Bernard Hellberg ·

Ek gebruik buitendien eerder Total as Sasol se steenkoolsous??

Arno ·

Dit is goed. Hoogtyd dat die Blankes ook hulle stem dik maak.

Buffel ·

Dis omtrent tyd dat so iets gebeur. Die rassistiese gebaseerde skema van SASOL is tog duidelik diskriminerend. Al werk hulle ‘n alternatiewe plan vir blanke werkers is dit beter as net niks ? Waar was bestuur en die direksie se verstand of het hulle regtig gedink die hoogsopgeleide en vaardige blanke werknemers gaan hulle rassisme still still sluk ?? Nou het hulle ‘n groot en belangrike deel van SASOL se werkerskorps vervreem. Dis eintlik vertrouensbreuk. Hoe moet werkers weer die rassistiese direksie vertrou??

Eish ·

” Sasol gaan die krag van kennis beleef.”
Mag die stakingsaksie simbolies wees van die krag van minderheidskohesie. Mag die werklike trefkrag daarvan ons oor die lengte en breedte van die helhool saambind tot die blou borrel bars.

WABez ·

Bravo, Bravo, …, mag dit wyer uitkring om daardie mag van kennis toe te pas!

Marius ·

Solidariteit help die ander blankes om iets te doen soos blok sasol petrol stasies… Kom nou ons moet soos die anc maak. Mobiliseer almal wat julle saak ondersteun! Hulle giggel vir ons, want ons kan nie die sisteem lamle nie. Kom ons wys hulle!

Hendrik UAE ·

Sterkte en mag julle bereik dit wat julle voor bereid is om op te offer.Ons gebede en harte is met julle hier uit die vreemde.EENDRAG MAAK MAG.

Dorothy ·

Ek hoop van harte DAT die staking n sukses sal wees en DAT reg sal geskied. One het the lank net still gebly!

Sieg ·

Ja het die tipe gedrag al lankal ondervind met Sasol, vlug weg hulle gee nie om vir hulle nie. Julle is die verkeerde kleur.

REAList ·

Laat Sasol die pad van Spur loop.
Ek gaan NOOIT weer enige Sasol produk ondersteun nie. En ek sal my familie kry om dieselfde te doen.
Vodacom doen nou dieselfde as Sasol maar daar word niks van gesê nie.

Hannna ·

Baie maatskappye doen dit stil stil. FNB het ook vir al hul werkers aandele gegee net wit werkers uitgesluiit

Sasolverbruiker ·

Maak afgelope ses weke nie meer gebruik van Sasol nie. Aandele skuif ook volgende week.

julius ·

Dankie mense vir jul saamstaan. Laat Sasol nou voel hoe dit voel as blankes uitgeskuif word en hulle werk verloor asgevolg van swart bemagtigging. Ek hoop die staking hou langer as die drie weke wat daarvoor beplan is.

Koos ·

Die manier wat hierdie wit werkers by SASOL behandel word, is verkeerd en onregverdig, maar die volgende is ook waar:
Wit mense wat nog werk het moet maar eenvoudig onregverdighede aanvaar en net dankbaar wees hulle het nog werk. Eks deur ‘n krisis van werkloos wees. Amper alles wat ek besit het later verkoop om darem die skuldeisers op ‘n afstand te hou. Dag na dag, maand na maand: GEEN werk gekry nie. Dit was 7 jaar van mediocre werk en lang tye van werkloosheid. Uiterste mooipraat en amper letterlik kruip voor mense, het uiteindelik gelei tot ordentlike werk, maar die skade is gedoen: jare se skuld lê voor.
Liewe wit werkers by SASOL, dink asseblief mooi voor julle iets aanvang wat later lewenslange negatiewe gevolge gaan hê.
Staak vir ‘n ekstra byvoordeel en dan word jy afgedank omdat jy ‘n “moeilikheidmaker” is én omdat jy wit is, is eenvoudig nie die moeite werd nie.

Realis ·

@Koos- Ek was ook betrokke by 2 x 8 weke stakings waar ook ‘n punt gewys moes word. Jy kan nooit opvang wat jy verloor wanneer jy staak nie. Al wen jy die argument met die staking is jy nog steeds die verloorder. Sasol gaan jou nie betaal terwyl jy staak nie. Jy gaan kos, water en ligte, petrol, skoolgeld ens. ens. uit jou spaargeld uit betaal. Jy verloor letterlik ‘n jaar vir elke week wat jy staak. Ek verstaan van al die politiek, maar probeer jou kind te beduie dat dit jou hardnekkigheid was wat maak dat die kos nou min is en dat die dak oor die kop dalk gaan weggaan… Stakings is nie romanties nie, dis soos ‘n oorlog; daar is net verloorders.

Vick ·

Solidariteit en Dirk Herman lei almal om die bos. Sasol probeer die regte ding doen. Ek sal trots steeds Sasol produkte gebruik aangesien die nuwe RSA gee en neem is. Ek hoop Sasol is slim genoeg om Solidariteit in hulle plek te sit. Viva Sasol

Johan ·

Vick wat verstaan jy nie? So die feit dat SASOL sy werkers uitsluit gebaseer op die kleur van hulle vel wat blankes is, is nou die regte ding om te doen volgens jou? Mense soos jy was in die verlede in die stryd teen oorname ‘n hensopper genoem. Iemand wat teen sy eie mense gaan. Jammer dat daar nog baie van julle is en mond wil skoon maak. Mooi so Solidariteit julle staan op vir die blankes en ek sit my steun daaragter……geen Sasol petrol of produkte wat deur my gekoop word meer nie.

Saartjie ·

Jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Het pas my Inzalo aandele verbeur agv Khanyisa. Hoegenaamd nie eers ‘n mate van kompensasie gekry nie. ‘n Personeelvoordeel wat vir my as pensioenaris jaarliks ‘n meevaller dividendinkomste gebied het.

Roñnie ·

@vick miskien moet jy jou bril opsit om te sien wat om jou gebeur. Wie het Sasol begin? Hierdie selfde mense wotd eenkant toe geskuif , wat ‘n wonderlikke getuigskrif

Reti ·

Ag ou arme Vick. Dis hoog tyd dat dir gebeur wat gasn gebeur. Viva Soldariteit! My oupa het by Sasol begin werk in beginjare en my seun werk nou daar en ons is ‘Sasolmense’. Genoeg is is genoeg.

Cobus ·

Ek het 3 jaar vir Sasol gewerk en dit was my slegste 3 jaar in my 34 jaar mynbou loopbaan.. nadat ek daar weg is het ek besluit ek sal nooit weer bewustelik n SASOL produk ondersteun nie…dit is al 16 jaar terug….was nog nooit so sleg behandel en afgebreek nie…selfs nou nog is ek sensitief oor sekere goed en optredes wat uit my SASOL ervaring uitspruit….gelukkig het die Here my dit help verwerk en op ander weè geplaas….

Danie ·

Mooi so, sterkte aan Solidariteit met aksie teen SASOL, tyd het lankal gekom dat ons saamstaan en hierdie land wys watter krag daar in ons minderheidsgroep lê. Bring SASOL ekonomies op sy knieë, sal hom leer om ten koste van lojale werkers vir die regerings paviljoen te skree. Ek kan net die hoop uitspreek dat Solidariteit met hierdie aksie ook fokus sal verskuif na vele ander groot industrië wat dieselfde as SASOL doen, met wit werkers wat uit vrees vir hulle voortbestaan die onregverdigheid verduur …. kom ons begin by die Kaapse Weskus visbedryf, kyk bietjie na die grootste kanon in daardie bedryf en kom ons boikot die geblikte vis op ons winkel rakke … daardie een met die gelukkige sterretjie.

Swartwolf ·

IQ and the wealth of nations. Google dit. Dan lees jy dit. As jy kan.

SAnik(s) ·

Laat hulle vir hulle kry. Ons mense moes dit lankal gedoen het. Dit is deel van n proses van nie-geweldadige protes wat nou uiters noodsaaklik geword het. Eintlik behoort elke Woensdag n “bly weg van SASOL/wie-ook-al” te wees. Kon ons wy solank ons Woensdae aan ons eie belange.

Sean ·

Geen sasol crap ooit weer in my motor Saluut blanke sasol werkers Julle maak ons trots Die tyd het aangebreek om die spul te wys waar die krag van hierdie land sit

Johan ·

Sasol het al voor 1984 “regstellende ” aksie toegepas deur ras kwotas toe te pas. Blank, Indier en Kleurling, vir kwekeling ambagsmanne. Maar in 2010 gevra on pakket te aanvaar om plek te maak vir regstellende aksie. Sasol gaan maar dieselfde pad as Eskom.

StaamSaam ·

Ons as Boere volk en nasie kan geurs meer saam stem soos ons almal se stam vaders van ouds. As dit nie vir hulle was nie, waar sou ons Volk vandag gewees het.

Awesome manne. Bly my bydraes word so benut ook.

As SASOL ook net die SASOL van ouds kan wees, sal ons ook nie ten duurste vir brandstof sou moes betaal nie. Wees die maatskappy van jare toet en bring die pryse af weer en maak werksepping jul hoof doel I.p.v jul gatsakke

Evert ·

GEEN Sasol produkte verder vir my nie. Wat eens ‘n spog instelling was druk ‘n dolk in wit werkers se harte in !!!

jaco ·

Wat gaan julle wat nou so die stakers prys omdat hulle vir SASOL wil “wys watse krag in ons minderheidsgroep is”, wanneer SASOL hierdie wit werkers afdank? Gaan julle hulle dan finansieël ondersteun vir uitgawes soos kos, munisipale rekeninge, motor–en huispaaiemente ens ens?

WABez ·

En jy wil ALLES maar net gelate bly aanvaar. Moenie kerm wanneer JY nie meer kos op die tafel het juis oor JOU regering wat ALLES so opvoeter nie! Word vir eens net wakker en haal die skille van jou oë af.

Koos ·

Jaco jy moet mooi lees ou maat…dir is n wettige staking…

Johan ·

Vir die laaste 2 weke geen Salol produkte in my voertuig, en glo my ek ry baie

Hannes ·

“Go boys” stel n voorbeeld. Mag dit die begin van die opstanding vir ń gebroke nasie wees.

Jerry ·

Julle hou daarvan om mense wat verskil van opinie uit te kryt as hensoppers, joiners en wie weet wat als nog. Dit getuig van desperaatheid vir n saak wat nie sterk genoeg staan nie, maar dit sal julle een of ander tyd op die harde manier uitvind. Die probleem by die forum is mense wat roem op beginsels, maar wat eintlik onverbiddellike standpunte het wat ingeneem word. Dus, kom ek tot die gevolgtrekking dat die wat van julle verskil hensoppers is omrede julle beginselloos is! Doen so voort en ons sal sien waar dit alles tragies gaan eindig.

SO-SAL ·

SoSal ons staak, dis mos wettig..Nie geweet daar is nog so baie WIT mense wat werk het in SA nie….Kan Wit werklose mense asb kom hand bysit en besighede bus vervoer reel en help betaal om wit mense in massas aan te ry…Versprei oral asb mense..Nie “Black”Monday nie…ons mag dit mos nie doen nie, dan hou ons wittes maar “White Monday” & so vir die res van die week of hoe? Kan enige leser asb vir my verduidelik hoekom wit mense benadeel word, wat presies is aan swart mense belowe wat hul nie gekry het nie, dat hierdie prys wat uitstaande is vergoed moet word?

Anita ·

Indien hierdie aksie deurgevoer word, sal ons leer wat dit beteken om saam te staan. En daardie saamstaan kan wondere verrig. Ek steun hierdie aksie, gegrond op ‘n regverdige beginsel heelhartig.

Kobie ·

Ek hoop dat Solidariteit dit regkry dat iets van Inzalo herleef, en dat ons pensioenarisse ook weer in ag geneem sal word. Ek wonder of die vakbond bewus is daarvan dat ons as pensioenarisse glad nie enigsens voordeel getrek het uit die herstrukturering van die Inzalo-na-Khanyisa-skema nie. Met die oorgaan van Inzalo na Khanyisa is pensionarisse uitgesluit net omdat hulle ‘nie-aktiewe lede’ is. Dis nog erger as die kwessie van om blank te wees. Vir jare het ons uitgesien na die geprojekteerde voordele van Inzalo wat sou/moes realiseer. Toe, op die einde, is daar niks, nie ‘n sent nie, behalwe die laaste dividend-betaling van R2-00 in Junie. Ek is een van die pensionarisse wat as gevolg van mediese ongeskiktheid laat loop is- die uitbetaling van die aandele sou geweldig baie vir my beteken het; letterlik ‘n kwessie van oorlewing. Ek bid en hoop dat hier iets van sal kom, al is dit dan net dat geregtigheid geskied teenoor die werkers (blankes) wat as gevolg van rassistiese polities-korrekte oorwegings weereens aan die kortste ent trek.

chris botha ·

Ek is ‘n oud sasol werknemer. Gee hulle gas manne hulle verdien so ‘n moeilikheidjie.

Essie Esterhuizen ·

Waarom net woensdag nie Sasol se petrol in gooi nie, maar die hele week geen ondersteuning by enige Sasol. Die petrol prys word woensdag weer verhoog. So gee die land n skok

Andre C ·

Maroela Media.kan julle ons inlig oor FNB wat dieselfde gedoen het ?.Ek weet nie eers hiervan nie ,maar dis nie onmoontlik nie.

Sarel ·

Sasol is met burgerlike geld opgerig, watse voordeel het ons al ooit ontvang?? Dit het darem werk geskep en dit is al.

Annaretha ·

…en wat van die weduwees wat hul Inzalo verloor het Solidariteit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.