Die vakbond Solidariteit het Woensdag bevestig dat hy ʼn artikel 189A-afleggingskennisgewing van Afrika se grootste staalverskaffer, ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) ontvang het.
Dit volg nadat Wim de Klerk, hoof uitvoerende beampte van AMSA, laat Dinsdagmiddag in ʼn verklaring aangekondig het dat AMSA weens die geweldige druk in die staalbedryf en die laer vraag na staal, kostebesparingsmaatreëls gaan implementeer asook strukturele veranderings gaan aanbring wat moontlik tot afleggings kan lei.
Volgens Solidariteit het De Klerk aangevoer dat dit te vroeg is om uitsluitsel te gee oor hoeveel werknemers deur die afleggings geraak gaan word, maar dit is moontlik dat meer as 50 poste in die slag kan bly. Solidariteit verwag dat die impak groot gaan wees.
Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, is ArcelorMittal die rugsteun van alle indiensneming in die Vaaldriehoek (66%), Newcastle(66%) en Saldanha (25%).
Croucamp voer aan dat die vakbond in ernstige gesprekke met ArcelorMittal gaan tree om alternatiewe oplossings te bespreek sodat afleggings as die laaste uitweg oorweeg sal word. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die moontlike afleggings by AMSA af te weer,” het Croucamp gesê.
Croucamp het gesê Solidariteit is aktief betrokke in die staalbedryf en poog om deur middel van hul “Steun Ons Staal”-veldtog die impak van die ekonomiese druk op werknemers te versag. “Ons gaan saam met AMSA werk om die volhoubaarheid van die maatskappy te verseker.”
Ja al die nonsens het begin met die opbreek vd ou Iscor. Mense het toe al werk verloor en toe is die bestuur geloof vd geld besparings matreels. Grootste fout ooit gewees vd land se ekonomie om die mynbou en staal vervaardiging op te break. Dit was n goeie firma gewees en is deur self verryking aan die buiteland uitverkoop
Nog werkskepping deur zuma se idiologie.Voer produkte van China in al moet my mense hul werke daardeur verloor.Dis mos als oraait!
Chris ek verstaan hoe jy voel.Aan die anderkant ,ek voer ook in van China af want as ek plaaslik koop en ek sit my lae wins by kan ek nie n bestaan maak nie.Nou kan ek ordentlik lewe en al my mense behou.
As oud werknemer van Yskor kan ek net met lof praat van die opleiding en ervaring wat ek opgetel het. In dieselfde asem het brstuurders swak besluite gemaak ten koste van Yskor
Nou wonder die volk hoekom ons ekonomie nie groei nie???? Ons sit met n nr een en sy gevolg
wat die een meer steel as die ander een , daar word mense afbetaal regtig . Wil nr een nie nog aanbou by sy woning nie ?????????????????????
Ek dink Mnr Mittal moet kontrakte teken met sy bestuurspan van 5 jr, elke 6 maande is daar ander, en ek glo dit is die groot problem, elkeen spring weg met n spoed, en na 6 maande wil hul tou opgee. Volg weer die voetstappe van die ou Iscor, en ek glo dit sal begin beter gaan.
Begin kyk na poste, waar mense regtig net sit en tyd om kry.