Solidariteit wil Afrikaanse skole beskerm

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Solidariteit se nasionale kongres het hom vandag in ʼn mosie ten sterkste teen Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se ‘boelie-taktiek’ uitgespreek.

Volgens die vakbond het Lesufi ʼn aggressiewe houding teenoor Afrikaanse skole en daardeur ook teen die sprekers van Afrikaans. “Lesufi het al vele aanslae teen Afrikaanse skole geloods en onder andere gesê Afrikaanse skole moet kinders akkommodeer, of die kinders Afrikaans magtig is of nie. Lesufi het ook op Twitter gesê hy is gefrustreerd omdat daar steeds Afrikaanse skole is in 2016.”

Solidariteit het gesê hy meen Lesufi boelie Afrikaanse skole met mag wat in sy persoon gesetel is en nie in die Grondwet nie. “Die LUR tree dus onregmatig en onvanpas op. Ouers het nie net die reg nie, maar ook die plig, om baie aktiewer teen hom en sy idees op te staan. Toelatings is ʼn beheerliggaam-aangeleentheid en beheerliggame en skoolhoofde moet nie hul magte weens politieke boelie-taktiek laat vaar nie.”

Die vakbond het besluit kinders het, ingevolge die Grondwet, die reg om onderrig in hul moedertaal te ontvang en dit moet beskerm word. “Ouers het die reg om te besluit in watter skole hulle hul kinders wil plaas en enige vorm van sentrale registrasie en plasing moet in beginsel verwerp word.”

Volgens Solidariteit hoef ouers, beheerliggame en skoolhoofde nie apologeties te wees oor hul regte nie en moet hulle hulle nie deur Lesufi se tirades laat intimideer nie. “Die vakbond kan regsaksies begin of ondersteun om skole te beskerm. Ouers en die gemeenskap kan gemobiliseer word teen enige planne om Afrikaans by skole af te skaal en die Solidariteit Beweging sal baie meer aktief by die beskerming van skole betrokke raak.”

Die vakbond het gesê hy sal ook politieke gesprekke met die regerende party oorweeg in ʼn poging om ʼn langtermynskikking vir die beskerming van Afrikaans by skole te bereik. “Gesamentlike strategieë moet met ander organisasies, wat reeds op hierdie terrein werk en skole ontwikkel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

christine ·

Kyk nou gaan hulle te ver. NET SO MIN AS WAT HULLE AFRIKAANS IN HULLE KEELGATTE WOU AFGEDRUK HE NET SO MIN WIL EK ENGELS IN MYNE AFGEDRUK HE.

theo ·

ek stem saam met jou , Afrikaanse Skole moet nou nie swig voor sy agresiewe houding, en ouers moet ook die skool bystaan in hulle afkeur vir sy gedrag.

MJL ·

Dit is nie nodig om ‘n langtermynskikking te bereik nie. Die Grondwet is daar wat beskerming bied. Die Grondwet moet net toegepas word.

Lance ·

Panjama is opstokerig …dink hy kort net n rooi T hempie …baie geraas niks doen en afbreek wat werk …dis wat ek sien met die man

Zirk ·

Afrikaans is een van 11 amptelike tale van Suid Afrika. As hulle Afrikaans wil onderdruk moet hulle dieselfde doen met die ander 10. Hierdie man is besig om met kort stokkie in ‘n kwaai leeu se dinges te krap.

JP ·

Afrikaanse skole vaar te goed jaar na jaar, dit laat skole van ander tale, insluitend Engels sleg lyk. Daarom die afguns.

Schalk ·

JP, ek dink jy het dalk nou nie mooi gedink nie. Engelse skole ingesluit!?!? Verduidelik asseblief waar jy daardie stukkie statistiek vandaan kry?

Willie ·

Hmm en ons kan goed bedel in Afrikaans… dan pla dit nie…

neelsie ·

Ons belasting is genoeg om alles aan die gang te hou .
‘Lesufi jy is n amptenaar, word betaal deur die staat!’
Dis tyd dat ons geld ook moet praat.

Takkie Takuuza ·

Kom julle “verligtes” hoe hoe hou julle hiervan? Kom nou Max du Preez, dis mos waarvoor julle Dakar toe is. Ou kaalkop Frederik, waar is jou teenwigte?

Tarina Marais ·

Ek verwys na die artikel Papa Action glo in onderwys vir almal gepubliseer in die Beeld van 13 Mei 2015 waarin Lesufi hom uitgespreek het oor ons land se 11 amptelike tale. Volgens hierdie berig het Lesufi hom sterk uitgespreek oor ons land se 11 amptelike tale en genoem dat hy hom sal beywer om gelyke geleenthede vir alle kinders – wit,bruin en swart – te verseker in die onderwysstelsel. Volgens hierdie berig het hy genoem dat dit elke kind se reg is om in sy moedertaal onderrig te word…. VAN WAAR GEHASIE NOU??????

Flippie ·

Hierdie ou het op ‘n dat by my kleinkinderd se kleuterskool opgedaag. En basies toegang vir hom en sy geselskap geforseer. Hy was blykbaar daar omdat die skooltjie te wit was.

Hulle het foto’s van die kinders gemeen, wat teen die wet is.

Nee wat, hierdie ou oortree ook die grondwet. Die grondwet laat vrye assosiasie toe. Hierdie reg op vrye assosiasie word deur die grondwet beskerm. Ons maak net te min van die reg gebruik.

Janie Nel ·

Julle weet wat? Hierdie perd het sedert sy aanstelling nog nie een dag se eerlike werk ingesit nie – hy maak die hele tyd net politiek en krap waar dit nie jeuk nie.

Arak ·

‘n Regsaksie teen hierdie bepaalde individue is lankal nodig, maar is dit nie moontlik om alle kostes wat uit so ‘n saak spruit van die individue, in die geval Lesufi, self te verhaal nie.

Daar is min dinge wat mens so moeg maak soos dat jou swaar verdiende geld, wat af gepers word deur die SAID, gebruik word om hierdie mense se ideologieë te verdedig.

As hy so sterk voel oor sy ideologie kan hy ook self vir die regskoste verantwoordbaar gehou word. Hoe gouer die ministers, burgemeesters en die ander amptenare persoonlik moet betaal vir al die regsgedinge, hoe gouer sal hulle tot realiteit forseer word.

Dit is maklik om aan te hou appelleer as jy nie verantwoordelik is vir die rekening nie.

André Groenewald ·

As ons by ‘n langtermynoplossing vir die onderwys (en dus ons land!) wil uitkom sal die “kloof” tussen ons (wit en afrikaans) en hulle (swart en regering “teen”? afrikaans) kleiner gemaak moet word en nie groter soos deur uitsprake en optrede aan beide kante van die spektrum nie.
Ek is bevrees dat ons nie die implikasie van staat/openbare skole begryp en wil aanvaar nie.
Swak beheerliggame by Afrikaansmediumskole, wat swak hoofde aanstel, wat ‘n “hire and fire”-houding het, wat ‘n skool se getalle laat dreineer tot talle leë klaskamers, dan skielik “vol” is, dan skielik ‘n passie ontwikkel het vir moedertaalonderrig mbt al 11 tale, moet maar aanvaar dat hulle die oorsaak daarvan is dat die staat die logiese gaan doen.
Solidariteit se betrokkenheid by die daarstel van Afrikaansmedium privaatskole, die ondersteuning van bestaande Afrikaansmedium privaatskole is ‘n langtermynoplossing.
Maar onder alle omstandighede moet ons ons weerhou van niksseggende, breedsprakerige en afbrekende kommentaar! Agie

Maria van Dieweeck ·

Lesufi, waar is laas jaar se R2,4 biljoen vir sogenaamde `e learning` heen? Ek hoor die maatskappy wat dit bedfyf het is nou bankrot. Ek verstaan ook dat die skole wat wel toerusting hiervoor ontvang het gebuk gaan onder diefstalle! Dan het die`slimkop` boonop alles die besluit geneem om by die matrieks van laas jaar tablette uit te deel wat meeste van hul mee verdwyn het toe dit kom by `terug handiging`! Nee ou bees, jy gaan nog verantwoording moet doen! Snaaks dat jy n Afrikaanse prinsipaal gebruik vir jou toetslope…Lesufi los die Afrkaners uit en fokus op jou groot probleme!

Maria van Dieweeck ·

Mnr Groenewald ek verstaan nie wat jy probeer se nie. I

Ben Prinsloo ·

André ons het geen afbrekende kommentaar nie slegs regverdige kommentaar. Hierdie persoon gedra hom soos n boontjierank met min pitte en nou lewer ons net normale kommentaar daarop. Sy optrede en uisprake regverdig nie beter kommentaar nie.

André Groenewald ·

Maria van Dieweeck, ek probeer sê aanvaar as ‘n feit dat daar tans in SA twee onderwyswêrelde bestaan van “voorheen benadeel” teenoor “voorheen bevoordeel” of hoe jy dit ook al wil kategoriseer. Ek wil graag ‘n verskil maak om hierdie twee wêrelde nader aan mekaar te bring. Ek wil die LUR en SADOU, maar veral die tuinier en huishulp se ideale om aan hulle kinders ‘n beter wêreld te bied, probeer verstaan. Aanvaar as ‘n feit dat Afrikaansmediumskole in die Openbare sektor wat drooggemaak het en met leë klasse en dalende leerlingtalle sit, se dae getel is – hulle gaan dubbelmedium of parallelmedium word. Geen verskonings en rasionalisering gaan dit keer nie. Ek is ook egter ten gunste van privaat Afrikaansmediumskole en hoop op ondersteuning van bestaande privaatskole. Solidariteit en veral die SAOU kan in alles hierbo ‘n deurslaggewende rol speel. Ek voeg daad by woord en rapporteer graag terug aan Maroelamedia – druipstert of nie! Natuurlik het ek ‘n probleem as daar gelol word met ‘n puik en “vol” Afrikaansmediumskool, aan die ander kant is die tyd vir elitisme verby. Wat my ook slapelose nagte gee is die moontlikheid dat Afrikaans op Universiteit as wetenskaptaal in die gedrang is. In landsbelang sal ons as Afrikaners moet bid én werk!

audrey ·

Ek steun Afrikaanse Private skole. Die Engelssprekendes doen dit en so kan ons. Afrikaanse mense van alle rasse (dus almal wat Afrikaans praat en hulle kinders in Afrikaans opvoed) moet saamstaan en deur Solidariteit kan almal bydra sodat dit n werklikheid word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.