Solidariteit wil “DStv se sensuur” omseil

'n Skermskoot uit Solidariteit se vorige advertensie wat ook deur DStv verbied is.

‘n Skermskoot uit Solidariteit se vorige advertensie wat ook deur DStv verbied is.

Die vakbond Solidariteit sê hy sal vandeesweek ’n veldtog van stapel stuur om ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is aan die publiek vry te stel.

Solidariteit sê die advertensie, waarin vakbond-lidmaatskap bemark word, sou op kykNET uitgesaai word.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, is dit die tweede keer dat DStv weier om ’n televisie-advertensie van Solidariteit uit te saai.

“Ons reken DStv se besluit kom werklik op onbillike sensuur neer. Die publiek sal egter Donderdag om 12:00, wanneer die gesensureerde advertensie amptelik op ons Facebook-blad vrygestel word, self ’n mening daaroor kan vorm,” sê Kruger.

Solidariteit sê hy sal as deel van die veldtog sy duisende lede en ondersteuners vra om die advertensie op soveel as moontlik sosialemedia-platforms te deel.

“As DStv nie ons advertensie wil uitsaai nie, sal ons ander maniere vind om die advertensie aan die publiek te versprei,” verduidelik Kruger.

Lees ook:
Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat jy nie mag sien nie
Solidariteit begin met regsaksie teen DStv oor advertensie
‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shannon ·

Waarom moedig Solidariteit nie sy lede aan om hulle DSTv rekeninge te sluit nie ? Kom ons kyk hoeveel beswaarde lede gee gehoor.

Paplepel ·

Shannon, solank as wat ons mense ‘n afgod van sport maak sal niemand hulle rekeninge sluit. nie. Ons bloei nognie. Mense sal kla, maar sodra jy dreig om fopspeen (Supersport) weg te neem word hulle stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.