Solidariteit wil Etzebeth-saak in hof steun

Eben Etzebeth tydens ‘n rugbywedstryd. Foto: GB Jordaan.

Solidariteit het Woensdag in die gelykheidshof aansoek gedoen om as vriend van die hof toe te tree tot die Eben Etzebeth-saak. Dié stap dien as verskerping van Solidariteit se veldtog teen rassisme en dubbele standaarde.

Solidariteit ondersteun die hersieningsaansoek wat deur Etzebeth gebring is om die besluit van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) om gelykheidshof-verrigtinge teen hom in te stel, ter syde te laat stel.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) sal ook ondersoek instel na die onafhanklikheid en onpartydigheid van ondersoeke wat die MRK hanteer.“Die MRK toon steeds dieselfde tekortkominge in die Eben Etzebeth-aangeleentheid as wat die SNI in Februarie 2017 uitgewys het,” sê Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit. Hy sê die MRK toon ’n patroon van ondersoeke wat eensydig en ondeurdag is en wat soos nou ook in die Etzebeth-saak ongeregtighede skep.

werner-human-elana-barkhuizen-konferensie-2019-01-15

Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit by Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

Adv. Buang Jones het vroeër die maand verklaar dat Etzebeth “gewoond geraak het om met moord weg te kom”, en verder dat hy van poging tot moord aangekla moet word. Hierdie stellings is gemaak nog voordat enige proses teen Etzebeth in die gelykheidshof ingestel is.

“Die MRK doen sy reeds bedenklike reputasie gestand deur Etzebeth as ’n skuldige voor te hou nog voordat enige ondersoek afgehandel of bevinding gemaak is. Dit is in werklikheid die MRK wat skuldig is aan partydigheid en tot rassespanning bydra eerder as dat hy dit bekamp,” sê Human.

Solidariteit het die aansoek in die gelykheidshof onder oë gehad, waar die vier klaers onderskeidelik tussen R300 000 en R350 000 van Etzebeth eis. “Rasseretoriek en dubbele standaarde het deel van die MRK se modus operandi geword. Ons kan nie toelaat dat ’n hoofstuk 9-instelling – wat veronderstel is om verbind te wees tot die waardes van ’n regverdige en billike proses – ongehinderd op hierdie wyse voortgaan nie,” sê Human.
Solidariteit sal daarom ook sy internasionale veldtog by CERD (die VN-komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie) verskerp en die MRK maan om terugvoer te gee oor onafgehandelde sake.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

LHS ·

Kla daai regter aan vir harasshment in die vorm van crimen enjuria. Hoe de hel kan hy stellings maak soos kla hom van moord aan.

toy ·

Hulle vind hom sommer klaar skuldig voor daar nog oordentlik ‘n ondersoek was.

Erika ·

Hoop Etsebeth dagvaar hulle vir naamskending indien hy onskuldig is, wat ek glo!
Dankie Solidariteit!

Josef Slowinski ·

Soldariteit staan bekend om te staan vir reg en geregtigheid? Ek kan my nie vereenselwig as daar iemand is wat in sy dronkenskap fouteer, en dit as geregverdig beskou kan word net omdat hy ‘n sportman is. Niemand is bo die gereg verhewe! Ons klae oor die reg wat vandag in onreg verdraai word. Ek is jammer dit laat my twee keer dink oor die gewaarwording dat verkeerheid nou kwansuis as reg gesien word. Kyk na die video en raak bewus dat die man onder die invloed is. Jammer ek repudieer Soldariteit in hulle oordeel en maak hulle al die goeie tot niet

PJC ·

Josef dit is die eerste keer dat iemand melding maak van ń video. Miskien moet jy ons i lig daaroor of sommer die video plaas sodat ons ook kan sie waarvan jy praat. Al was Etzebeth ook verkeerd en dronk moet die MRK nog steeds dinge onbevooroordeeld en regverdig doen. Die klaers het ook nie meer regte as enige een van ons net omdat hulle ń ander kleur het nie. Ek dink almal van ons is noual keelvol vir hierdie soort arrogansie.

JJ ·

Josef van watter video praat jy. Ek het 3 gesien en nie een keer Eben daai naam hoor sê nie. Ekt wel die ander gehoor hoe hulle vir Eben vloek. Hy is klaar skuldig bevind nog voor hy in die hof was.

DC ·

Bedenklike regslui moet met alle mag beveg word en in persoon aanspreeklik gehou word. Begin n omvattende aksie om hulle te identifiseer en aan die pen te laat ry. Dis is belang van ons regstelsel.

Kobus ·

Josef= so jy glo ook nie dat man onskuldigbisctot skuld bewts is nie ofgeld dit net vir anc amptenare wat niecvervolg word nie.

Vaalseun ·

Menere, ons het nou nie meer ‘n keuse as om elke kroeg- en shebeengeveg by die MRK te rapporteer nie.
Onthou net, die MRK is nie geïnteresseerd in die gebreekte kakebene en messteke nie, of wie het wat gedrink of gerook nie.
So, bring asseblief elke deelnemer se gehoortoetse ook saam sodat die MRK kan vasstel wie het watter vloekwoorde gehoor.
Bring ook ‘n kleurdiagnose deur ‘n velspesialis van elkeen se vel saam, sodat die MRK kan vasstel watter vloekwoorde pas by wie se vel.

Josef Slowinski ·

Die video was gepubliseer op Microsoft News. Ek word deur niemand betaal of beïnvloed!
Geen meesters wat ek dien en behoort aan geen geheime organisasie wie se taal ek moet spreek, en haat dat verkeerheid as gereverdig beskou kan word. Die verkeerheid van ander veral hulle wat nou regeer ook gekritiseer word, maar ek verwag darem van hulle wat saam met ons stry nie skuldig is aan dieselfde onreg.

riaan ·

As jy wil aangaan om die minste te wees en die ander wang te draai gaan aan en doen so, maar die res van ons het genoeg gehad.

As jy die ander se gevloek en diskriminasie en, en, en will aanvaar is jy seker ‘n beter mense as ek (NEE kan nie wees nie want jy veroordeel ook vir Eben sonder dat jy al die feite), of miskien net slap…?

Weet net nie wat

JohanR ·

Nee ou Josef…..ons die Afrikaner is nou net mooi siek, sat en dik vir die dubbelle standarde oor rassime, en om rond te loop met die kop wat afkyk na die skoene. Ons lig die kop nou hoog op, en se genoeg is genoeg. Ek is afgetree, en soos daai Gupta broer ou Jacob Zuma sy koor het, will ek as dit moontlik is, elke dag in die hof wees om Eben Etzebeth te steun. Hierdie Eben Etzebeth saak gaan die SAMRK breek, en HULLE uit wys vir wat hulle is – rassiste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.