Solidariteit ‘xenofobies, bitter’ oor Kubane – regering

Minister Lindiwe Sisulu (Foto: Verskaf/Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/Katlholo Maifadi)

Die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie sê Solidariteit se voortgesette hofstryd teen die regering oor die invoer van Kubaanse ingenieurs grens aan vreemdelinghaat en bitterheid teenoor die mense van Kuba.

Solidariteit het vandeesweek aangekondig dat hy nié sy beplande regsaksie teen dié departement in verband met die ingenieurs sal onttrek nie, maar eerder “verskerp”.

Die vakbond het Dinsdag tydens ’n mediakonferensie gesê hy het inligting bekom wat hom daartoe in staat stel om voort te gaan met sy hofaansoek om die besluit van die minister om 24 Kubaanse ingenieurs in te voer, ongeldig te laat verklaar.

Volgens Solidariteit dui dié inligting daarop dat die departement die publiek oor die kwessie probeer mislei het.

Die departement het egter Dinsdag in ’n verklaring gesê inligting wat Solidariteit onthul het, is wel deur die departement by die hof ingedien en dui dus daarop dat hy dit nie vir die publiek probeer wegsteek het nie.

Volgens die departement wil Solidariteit met sy hersieningsaansoek “goedkoop politieke punte aanteken”.

Solidariteit het bekendgemaak dat hy ondertekende dienskontrakte onder oë gehad het, wat bewys dat die Kubaanse ingenieurs wel deur die Suid-Afrikaanse regering in diens geneem is en dat hulle salarisse met byvoordele gaan ontvang. Dít nadat minister Lindiwe Sisulu herhaaldelik gesê het dié ingenieurs is nie werknemers van haar departement nie en sal nie salarisse verdien nie.

Volgens die kontrakte gaan die Kubane wel ingenieursdienste lewer en nie bloot as mentors optree – soos Sisulu al in die verlede gesê het – nie. Die ingenieurs gaan ook R300 000 per jaar meer as ʼn plaaslike ingenieur betaal word, indien byvoordele ingereken word.

Solidariteit het ook bekendgemaak dat belastingbetalers ongeveer R75 miljoen vir die Kubaanse projek gaan opdok, en nie R64 miljoen soos vroeër aangevoer is nie.

Die departement sê hy sal nie sy jarelange verhouding met Kuba verbreek nie.

“Die Kubane het ʼn deurslaggewende rol tydens Suid-Afrika se bevrydingstryd gespeel. Die historiese bande tussen die twee lande is al voor 1994 gevorm,” het die departement gesê.

“Die departement wag in spanning vir die hofstryd sodat die saak vir eens en vir altyd afgehandel kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Elize ·

“goedkoop politieke punte aanteken”. Nee liewe minister ons praat hier van duur en baie. R75miljoen het baie nulle en kom die belastingbetaler duur te staan.
Ek sweer die van ons wat nie uitgemoor word nie sal omkom van ‘n hartaanval!! Die magtelose woede raak net te veel.

Alma ·

In die kol, en ons kan regtig net magteloos staan en toekyk. Sy het seker dan n haat vir Suid-Afrikaners. Hoe kan n mens so redeneer.

Vernon ·

Ek vertrou sy gaan omverskoning vra na hierdie Sigaar-rokers nie die mas gaan opkom nie…selfs nie eens die SAW kon n duik maak nie….Dis juis sy en haar ANC wat bitter is,want hulle weet die wit ingenieurs sal die spul kan regruk!

Bertie ·

Liewe Minister. Julle is besig ‘n haatveldtog teen die witmense – mense wat 80% van die belasting betaal wat jy so kwistig uitmors. Die witmense in hierdie land ondervind nou vreemdelinghaat van die ANC. Ons geld is goed genoeg, maar ons word soos riool behandel. Genoeg is genoeg!

Jaco ·

As ons belastinggeld nog goed genoeg is, waarom id is daar dan regstellende aksie en BEE?

Persheks Adri ·

Daai is presies die ANC taktiek om stemme te werf. Stel huidige nie BEE ingenieurs aan wat die werk verstaan. Hoekom mense en goedere in voer? Dis dom verby

Willem ·

Sover ek dit het is Solidariteit nie ń politieke party. Hoekom sal hulle wil punte aanteken? Veg vir ons reg en ons belasting geld. Dankie aan sulke instansies

tweeling ·

Het jy bewyse? Ek dink jy is verkeerd. Solidariteit is ‘n vakbond, ek behoort aan hulle. Daar is ook anders kleuriges wat aan Solidariteit behoort, wat definitief nie die geval met VF+ is nie. Solidariteit baklei vir regverdigheid dwarsoor die kleurgrens.

Samuel ·

Wanneer ANC ministers in ‘n hoek gedryf word, speel hulle die raskaart en in hierdie geval xenofobie! Siestog

Genis ·

Wil sy ons vertel daar is ook nie een swart ingenuer wat sy sout werd is nie? LOL dan het SA baie BEEE probleme… Payback and even your own people suffer…

Renier johannes ·

Sy moet hulle uit haar bank rekkenig betaal mos haar vriende nie ons pelle nie

Jr ·

Omdat u kamstig Sisulu is beteken nie noodwendig u automaties is goed in jou werk. Jy ja jy ry op jou politieke naam, maar het gefaal in al die baie portfolios wat jy betrokke was. Nou speel jy die SWART KAART – RASSISME OF XENOPHOBIA ( wat net nog n woord vir rassisme is). You are pathetic X 2

Jr ·

Al nege mense wat sover gekommentaar koop nie jou politieke twak wat jy uiter. Die probleem is jy dink jy’s slim. Maar jy praat met mense wat meer brains in hulle klein toon as wat daar in die hele cANCer party is

gatgogga ·

Omdat die minister dadelik weer na die rassekaart gryp, weet ons dat sy geen wettige of morele verweer het nie.

Kokerboom ·

Hoe laag wil mens daal as jy leef in weelde van belastingbetalergeld dan regverdig jy vermorsing en wanaanwending van die einste belastingbetalersgeld op nuttelose buitelanders en steek jou eie mense in die rug om so politieke punte te kry en so ook jou marionetmeesters met hul ideotiese ideologieë tevrede te stel. Toon dit gebrek aan gewete(iets wat ANC nie oor beskik)? Dan sing kaders van Dept van M.Nederesettings, Water en Sanitasie(vreemde kombinasie) ook vrolik saam want soustrein loop!! Belaglik!!

Jakes ·

Mag ek die departement inlig dat Solidariteit nie n politieke party is nie maar eerder n organsasie wie se lede oor n paar breinselle beskik wat logies kan dink. Dit is steeds n raaisel hoe dat die ANC na 26 jaar geen integriteit of geloofwaardigheid kon kweek om n nasie te regeer nie.

Johanncb ·

Ons het méér as genoeg kundige mense om die probleem op te los! Gebruik hulle asseblief minister, en vermy u rassisme in die proses!

capie ·

Ek wonder of al die kubaanse ingenieurs wel bestaan, is daar nie dalk ‘n paar spoke ook nie

Willem ·

Wonder self, want gaan kyk gerus self wat se briljante water stelsel bestaan in Kuba…., jy mag dalk geskok wees om te weet dit is die tipe mense (hulle is bitter ver van ingenieurs) wat hiedie korrupte en uiters patetiese regering invoer.

annie ·

Sisulu en Ace kan gerus in Kuba gaan bly. Daai mooi 1958 Dodgies en vervalle buurtes sal heerlik wees na hul luukse lewe hier in SA. Daar is ander redes hoekom Kuba so op die hande gedra word jare na Castro dood is, Niemand doen niks vir wild vreemde sonder ‘n rede nie.

Daniel ·

Werkloosheid in SA is die hoogste ooit, tog doen sy dit?
Die ANC is die land se ondergang, ongelukkig kan hulle nie uitgestem word want almal wat toelaes kry stem maar elke keer vir hulle en die wat toelaes kry word net al meer en die belastingbetalers al minder

PJ ·

Hoekom Cuba? Gaan dit nie oor terug betaling waar Cuba terroriste pre 94 gehelp het nie… Studies ens… Mmm! Wonder maar net!!

Di ·

Sy is nou vies want wat gaan sy nou vir haar buddies se? Gedink hulle gaan nou weer ‘n lekker klomp geld in hulle sakke kan druk. Sy sou seker ook ‘n deel van die miljoene vir haar self ingepalm hetas deel van haar “slim plannetjies”

Pieter ·

“die invoer van Kubaanse ingenieurs grens aan haat en bitterheid van anc teenoor die mense van SA”. Daarshy, dit maak nou sin!

Hoekom ·

Dit is “xenofobies” om nie die mense wat die kennis en ondervinding het, in ons eie land, die geleentheid te gee om die werk te doen nie. Verder is dit die regering se vreemdelinghaat en bitterheid teenoor die ingeneurs van SA wat well die werk kan doen en die poste vervul wat eintlik tersprake is…

Verder is dit nie SA of die belasting betalende burgers van SA se verantwoordelikheid om werk te skep vir kubane nie. SA sit self met ‘n werkloosheid persentasie van 63%…

Alma ·

As jy kyk na die Kubaanse dr’s wat die hospitale vol is, is jou antwoord waarskynlik… NEE!

Anoniem ·

Hoekom het die departement en die minister soveel haat en bitterheid teenoor hulle eie mense om die werk vir Kuba te gee? En wat beskerm die ANC Kuba so baie of moet ek eerder vra wat hou Kuba teen ons regering om te sorg vir die werk? Dalk die waarheid van wat voor 1994 gebeur het… ek wonder maar net…

Thelsa ·

Die agbare Minister het haar somme-sonder-sukkel by Oompie Zoompie gekry

KB ·

Die ANC is gewoonlik skuldig aan dít waarvan hulle hul opposisie beskuldig.
Dis hul ou, afgesaagde ou deuntjie. Ons raak nou dik daarvoor.

Jaco ·

Vat wit mense se stemreg weg en gee in ruil daarvoor vir wit mense werk wat SA weer kan regkry. Dan is “die rassistiese DA” en die VF-Plus dadelik weg MAAR uiteindelik kom SA darem weer ekonomies reg.

Cherokee ·

“Die Kubane het ʼn deurslaggewende rol tydens Suid-Afrika se bevrydingstryd gespeel. Die historiese bande tussen die twee lande is al voor 1994 gevorm,” het die departement gesê.
*
Dit klink so asof hulle sê De Klerk is ‘n Kubaanse van.

Alex ·

…en intussen duur ons BER rassisme teenoor bekwame ingeneurs in die land voort…

Nico ·

Die minister wil net haar kommunistiese boeties help dit is waaroor alles gaan.

agnes ·

Dis maar hoe n mens dit sien, maar deur Kubaanse ingenieurs in te voer is om te se dat ons ingenieurs nie werk MAG kry nie en liewer die land moet verlaat, hulle wat soveel beter onderig is en nie deur die staat hoef voorsien te word nie. Dit noem ek verdeeldheid en voorkeur vir buitenlanders waarvan ons reeds miljoenen teveel het

henndrik ·

So, minister, om nie van plaaslike ingeneurs gebruik te maak nie is nie verkeerd nie?

Moedeloos ·

Laat ek nou n ander persoon aanstel bo n SA burger dan is die hele politieke partye en Dept van Arbeid op my. Maar die regering kan nou vir sy boeties poste aanbied belaglik man. En dit is nie nodig vir goedkoop politieke punte nie, hulle het dit klaar want die ANC is korrup

DIABLO ·

Ag man! JY is “bitter” omdat jy n skop op jou alie gekry het. Hehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.