Solly Msimanga is die DA se Gauteng-premierskandidaat

solly-msimanga-03

Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro tydens ‘n vorige mediakonferensie. Foto: Facebook.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag aangekondig dat Solly Msimanga (38), burgemeester van Tshwane, die DA se kandidaat is vir premier van Gauteng vir die 2019-verkiesing.

Maimane het die aankondiging Sondag in Johannesburg gemaak.

Hy meen Msimanga het die ervaring, temperament, integriteit en kundigheid om ʼn span te lei wat die verandering sal bring wat die mense van Gauteng verdien.

“Solly verteenwoordig ʼn nuwe generasie leiers in die DA, jonk, charismaties, ʼn goeie spreker, bekwaam en volkome toegewyd daaraan om die mense van Suid-Afrika se lewe – veral dié wat onderdruk word weens werkloosheid en armoede – te verbeter.”

Maimane het gesê dat Tshwane onder Solly se leierskap sy R2 miljard-skuld wat hy van die ANC geërf het na ʼn R704 miljoen-surplus kon omswaai.

Msimanga het in Pretoria grootgeword en is al 12 jaar met sy vrou, Monde, getroud. Die egpaar het twee jong seuns, Aobokwe en Amogelang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie ·

Ek kan glo hulle het hulle agterstand ingehaal want my erfbelasting is amper n duisend rand meer die jaar. Die selfde gebeur in Blouberg in die Kaap. Die DA weet hoe om geld te wurg uit die wat bereid is om te betaal

Lola ·

En hulle spog oor die surplus? As dit byvoorbeeld so 25 mil was in die surplus dan het ek nie nou verstik nie. DA = sosialisme. Ek is ook moeg om vir ander te betaal!

Stuiwer ·

Maar as jy in “n DA beheerde gebied bly, word jy ook geraak..

Theo ·

Nou nie juis iets om oor opgewonde te raak nie, ek stem ook nie DA nie my hart le by my eie mense, VF plus

Elred Ferreira ·

Ek het geen probleem met hom nie,hy is in werklikheid n goeie ou,maar sy party het my in die laaste 18 maande verloor,ek sal nooit weer vir hulle stem nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.