Solly Msimanga nuwe DA-leier in Gautengse wetgewer

Solly Msimanga (Foto: http://da-gpl.co.za/)

Die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro in Pretoria, Solly Msimanga, is deur die Gautengse wetgewerkoukus van die DA tot DA-leier en dus leier van die amptelike opposisie in die wetgewer verkies in die plek van John Moodey.

Moodey is steeds die Gautengse leier van die DA.

Die DA het met 20 setels in die wetgewer van 73 nie sy doelwitte in die provinsie bereik nie, en in die proses met drie setels teruggesak, maar steeds by verre die grootste opposisieparty gebly.

Die ANC het nou 37 setels en die gesamentlike opposisie 36. Daarvan het die DA 20 (drie minder as tevore), die EFF 11 (drie meer as tevore), die VF Plus drie (twee meer as tevore), die IVP een (onveranderd) en die ACDP een (een meer as tevore).

Die ander posisies in die Gautengse koukusleierskap is ingeneem deur Mike Moriarty (hoofsweep), Makashule Gana (voorsitter van die koukus), en die vier swepe, naamlik Khume Ramulifho, Kate Lorimer, Fred Nel en Mervyn Cirota.

In ’n mediaverklaring het die Gautengse DA gesê die ANC-meerderheid in Gauteng hang aan ’n draadjie en die opposisie moet alle kanse wat hulle voordoen uitbuit.

“Die uitdagings wat die mense van Gauteng in die gesig staar sal altyd ons prioriteit wees, en die Gautengse DA-span sal oplossings en beleid najaag wat in mense se behoeftes voorsien. Werkgeleenthede en die ekonomie, die stryd teen korrupsie en beter basiese dienslewering is verskeie van daardie prioriteite, tesame met ander kwessies en beleidspunte in ons manifes, soos die stryd teen e-tol, en die verbetering van mediese dienste vir kwesbares.

“Ons waardeer elkeen wat vir die DA gestem het. Ons sal aanhou om hoop te gee aan alle Gautengers,” sluit die verklaring af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter du plessis ·

Die huidige benaadeelde minderhede gaan al minder en minder vir die DA stem soos hulle hul ware kleure begin wys.Die eerste hiervan sal die onderhandeling wees met die eff vir die burgemeester pos van Pretoria.

Kobie ·

Ag hou tog op kwetter oor die DA. As hulle nie daar is nie, of jy nou van hulle hou of nie, sal die ANC en die EFF die land nog VER meer onleefbaar/onregeerbaar maak. Daar MOET opposisie wees. Wees dankbaar.

Sean ·

Ek dink Solly is n yster Die koalisie tussen eff en da is n groot probleem….. maar keep your friends close but your enemies closer?????

jaco ·

mooi regstellende aksie deur die DA. Darem beter as hulle premier in die Wes-Kaap. Dis totaal onmoontlik dat daar GEEN kleurling of swart DA-lid is wat ook premier van die Wes-Kaap kan wees nie.

Hendrik ferreira ·

Die DA is n party wat sy kiesers belieg ek sal en kan hulle nie meer vertrou nie.

Jo B ·

Hier is ‘n klip in die bos…. as die DA nie meer die offisiele opposisie is nie, WIE DAN? Glo julle dalk die EFF gaan beter doen?.
Ek is bekommerd as ek party mense se kommentaar lees.

CHAPPIES ·

ÁL die politici en partye lieg vir hulle kiesers ou swaer…ÁLMAL vf+ ook !!

Gert ·

Die da gaan verdwyn. Hulle gaan saam smelt met eff. Ook mooi woorde met verkiesing gebruik

Andreas ·

Die DA is tussen die duiwel en die diep blou see, iets moet meegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.