Solly staan nog sterk

solly-msimanga-04

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro. Argieffoto via Facebook

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het Donderdag die eerste deel van die jongste aanslag teen hom afgeweer toe die EFF se mosie van wantroue in die DA-burgemeester van die hand gewys is.

Speaker Rachel Mathebe het die mosie, wat vandag gedebatteer sou word, geweier omdat dit nie aan die raadsreëls voldoen nie. Volgens berigte moes die EFF ʼn geskrewe voorlegging vir die mosie ingedien het, maar was die voorlegging wat ingedien is nie voldoende nie.

“Die mosie is nie in ooreenstemming met die reëls nie. My beslissing oor die saak is finaal. As julle nie daarmee saamstem nie, weet julle wat om te doen,” het Mathebe gesê.

Die EFF se raadslede het daarna uitgestap.

Nóg ʼn mosie van wantroue deur die ANC staar Msimanga egter in die gesig.

Die raadsvergadering het vir middagete verdaag en die ANC se mosie sal na verwagting aangehoor word wanneer raadslede terugkeer. Dit is nog nie duidelik of die EFF-raadslede beplan om terug te keer om ten gunste van die ANC se mosie te stem nie.

Msimanga het vroeër gesê hy laat hom nie afskrik deur die idee van ʼn mosie van wantroue nie. “Ek sal dit die hoof bied soos ek al ander uitdagings moes hanteer. Ek sal dit wat verkeerd is, blootlê en daadwerklik optree sonder vrees of gunsbetoning. Terwyl die ANC en EFF probeer om die wettige en demokraties gevestigde regerings in ons metro te destabiliseer, sal ons voortgaan om tasbare verandering vir die mense van Tshwane te bring,” het die burgemeester gesê.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zoom zoom ·

Oor 2 weke is dit weer dieselfde storie totdat die EFF gekry het wat hulle wil hê.

dolphin ·

solly moet bly en nie uit nie.hy is goeie burgermeester van Pretoria.

ursula ·

Solly staan jou teen die EFF die EFF stap altyd uit as hulle nie hulle sin kry nie (ag shame)

Magda ·

Ek steun ons burgermeester en staan bankvas agter hom, waarom moet die minderheid altyd onguns en onmin saai- skop die EFF uit, al is hulle in koalisie met ANC het hulle nog absoluut niks vir die inwoners beteken nie.

Stuiwer ·

Magda, die problem is dat EFF in koalisie met die DA is, maar nou saam met die ANC wwil skaar. Klomp draadsitters! Hang net af watter kant van die bed hulle opgestaan het. Geen “regdenkende” mens sal hulle ooit ondersteun nie.

Willem ·

Hy is perfek aangetrek met die sakdoek so in die baadjie se bo-sak. Ek sal glo hy dra ook kruisbande, mansjetknope en ‘n dasspeld.

Johanna Botha ·

Sterkte meer motiveering om dienste te kewer aan almal en te bewys wat in die DA steek.

Johan ·

And if Trump and America takes on EFF and ANC you will be gone for ever. One American Aircraft Carrier is bigger than the whole South Africa Army put together. I think you should just chill for a moment and let that sink into your tiny brain ;D

Hendrik ·

Kiesers moet maar sterk staan want hierdie wipplank ryery gaan nie ophou totdat die kiesers verantwoordelik begin stem. Dit sal egter nie maklik gebeur as jy kyk na die ‘struggle’ wat lewendig gehou word deur die partye om die swart kieser te lok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.