Somber vooruitsig vir petrolprys

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Onverwagse sterk internasionale brandstofpryse kan tot ʼn petrolprysverhoging aan die einde van April lei, het die Outomobiel-Assosiasie (AA) gesê, gebaseer op ongeouditeerde maandelikse brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.

Die huidige inligting dui daarop dat die prys van petrol met tot 56c per liter kan styg teen die einde van April, terwyl diesel ʼn daling van 5c toon en paraffien 1c, het die AA in ʼn verklaring gesê. As die verhoging plaasvind, sal dit die derde agtereenvolgende styging wees in die prys van petrol vanjaar.

“Die internasionale produkprys van diesel het effens gestyg in die eerste helfte van April, maar petrol het beduidend gestyg,” aldus die AA. “Diesel se kleiner verhoging word waarskynlik toegeskryf aan veranderings in internasionale oliekapasiteit en die naderende einde van die winter in die noordelike halfrond wanneer die aanvraag na diesel afneem.”

Die AA het gesê die rand het sedert die einde van Maart teen die Amerikaanse dollar verstewig en die daaglikse wisselkoers wat vir petrolprysberekeninge gebruik word, het van meer as R14,60 teenoor die dollar op 31 Maart tot R14 tans verstewig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

IK ·

Gelukkig is dit ‘n regering wat weet hoe om te ‘struggle’.

Stebastiaan ·

Wys jou wat is die gevolge as jy ‘n land wanbestuur en nog lieg nog ook daarby!!!!

Gordon Geyer ·

As petrol styg dan styg alles… So die arm man raak armer en die regering met hulle duur tax op petrol raak ryker…. Mens is geneig om te glo dat binnekort sal die gewone man,en as ek praat van die gewone man, dan praat ek van die middeklas glad nie meer kan bekostig om van punt A tot punt B kan kom nie… Die middelklas kan glad nie eers meer bekostig om sommer net op n “Sunday drive” te gaan nie, want jys te bekommerd daars nie petrol vir die week se werk toe en terug ry nie… Die vraag is nie waar los dit die middelklas nie, maar wat van die mense onder die middelklas…meeste het seker al hulle motors verkoop en maak gebruik van publieke vervoer wat volgens my insiens haglik is…en dan is haglik nog n mooi manier om dit te stel. Dit bleik dat ons en as ek praat van ons dan praat ek van elke werkende Suid Afrikaner wat belasting betaal kaalgat uitgetrek word deur ons regering… En die beste part van alles is ons laat dit toe!

Hans Richardt ·

Regtig, petroljoggie het R25 per liter voorspel, in Hopetown. Dit lyk nie onmoontlik nie…

Mike ·

Ons moet nou reeds begin met verset teen verdere verhogings in die brandstof heffings. Elke jaar jaag hulle dit net op en dit affekteer almal, die armes die meeste. As die VF+ iets positiefs wil doen moet hulle hulle beywer vir die vaspen vd brandstofheffings.

Elna ·

Ek stem Mike as ook die kosprys
Niemand sal meer kan oorleef in hierdie land nie. Iets sal drasties vinnig gedoen moet word dit kan nie so aangaan nie.

Wim ·

Mike hoekom moet die VF hulle daarvoor beywer ,terwyl almal dan DA stem waarom doen hulle nie iets nie?VF+is al wat darem poog om die arme Spoorwee pensioenarisse te help. Hulle dank daarvoor is, kom ons stem DA,want hulle bestuur die Kaap so mooi. Hulle probeer hulle bes ,maar kry bitter min ondersteuning van ons kiesers af.

Judge Dredd ·

Jammer dis net 56c. So R1.56 verhoging kon dalk die nodige effek gehad het.

At Dippenaar ·

Dis tyd dat ons almal – burgers van Suid-Afrika, saam begin opstaan soos die Duitsers en Franse onlangs….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.