Sommige operasies by Jhb-hospitaal gekanselleer

Argieffoto

Alle nie-noodgeval-operasies is die afgelope week by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gekanselleer weens ʼn tekort aan basiese mediese voorraad, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

“Meer as 20 pasiënte het gehoor dat hul operasies nie sal voortgaan soos geskeduleer nie. Daar is al ʼn paar weke lank probleme met aanskaffing by die hospitaal,” het Jack Bloom, skadu-LUR vir gesondheid in Gauteng, gesê.

“Mediese personeel moes toerusting van ander hospitale leen. ʼn Paar operasies het Vrydag voortgegaan omdat voorraad van die Helen Joseph-hospitaal bekom kon word. Dit is ʼn skande dat dokters by ʼn groot hospitaal nie hul werk kan doen nie, weens ʼn tekort aan basiese mediese voorraad en pasiënte ly daaronder. Die regering se planne vir ʼn Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal nie tot iets kan lei as eenvoudige dinge nie in ons staatshospitale vlot kan verloop nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hansie Slim ·

Kyk nou hoe versaak die ‘system’ die peoples? En dit gaan ‘n nasionale sport word waar om jou tande te laat trek

Johan ·

Die stelsel van staatshospitale het gefaal weens die Regering se onbeholpenheid. Nou kyk hulle na die deel wat wel werk (private mediese dienste) en hulle wil dit oorneem na hulle eerste brouwerk. Geen intelligente mens kan insien hoe dit ooit suksesvol al wees nie. Binnekort is daar nét wanfunksionele hospitale in Suid-Afrika…..

Marie van heerden ·

Dankie aan maroela media, plaas asb alle hospitaal flaters daagliks sodat die regering kan besef hulle nuwe plan gaan NIE werk nie.

Hannetjie ·

Dit is mos nou presies die rede hoekom die regering se plan nie gaan werk nie.Hulle moet die staatshospitale, wat hulle in absoluut goeie werkende toestande gekry het in 1994, regkry.Dit is die regering se skuld dat dit in duie gestort het

Melanie ·

Ek stem ek weet nie wat om te se! Dis baie hartseer ons moet net aanhou bid!

Anel ·

Nou hoe gaan die NGV dit beter maak? Red nou ‘n volk met sulke onbevoegdheid!!!

Hansie Slim ·

Die NGV kan by die staatshospitale begin. En as hulle die toon aangee sal die privaat mediese stelsel (fondse en hospitale) mos self obsiluut word en ‘n natuurlike dood sterf. Waarom doen hulle dit nie op hierdie roete nie? Bekommerd of bewus daarvan dat die standaard van mediese sorg buite hulle bereik sal bly, nou wil hulle byvoorbaat die vrye mark kompetiesie dood voor hulle wegspring.

skurweberg ·

Hulle moet hulle aandag op naamsveranderinge toespits wat hulle baie goed kan doen. Wie is die dame wie se naam gebruik is vir die hospitaal. Ken haar nie. ?

Deloris ·

Liewe Heer spaar my dat ek nie in n hospitaal hoef te land nie.
Alles is die ANC se skuld. Niks is n sukses nie net in chaos verander.

Kootjie ·

Nee!! Dit is net omdat daar soveel dom. astrante arrogante pampoene aan die spits van dinge staan dat ons Land in sy gotry is

Emma ·

Zim hier kom sa gaan net so eindig, anc mors als op maar aan bewind wil hulle bly.

Petrus Heigers ·

Ja, zenefobia/korrupsie is tog darem seker baie belangriker as om mediese vooraad by ‘n hospitaal te voorsien. Of is dit maar net hoe die “Rainbow nation” dinge bestuur?

Dolf ·

Gaan voort om die staat te dagvaar. Hulle moet alreeds miljarde betaal. Dis belastinggeld, maar geregtigheid moet geskied.

John ·

Voorrade word nie deur die Blou Feetjie getoor nie… Dit kos geld… Where is the money?

Humbug ·

National health gaan Al’s uitsorteer? Lekker droom!!! Skryende skande as Ek kon het Ek ook nou soos soveel Suid Afrikaners gevlug uit die land maar nou JA ongelukkig kan Ek nie.

Neels ·

Jy vra waar is die money ,weldie regering se oog is op die geld van die mediesefondsr is basies nog al instansie wat geld het wat geplunder kan word, daarna is dit net elende vir alle suidafrikaners behalwe die in beheer wat Rusland en China toe kan vlieg met belastings betalers se geld

Johanna Botha ·

Wat n GEMORS met die anc wat niks kan regdoen nie ….kyk maar hoe veot die NGV gaan wees !

Chris ·

,n Voorloper van die Nasionale Gesondheids stelsel. Die minister wat die stelsel dryf se niks en gaan ook niks daaraan doen nie want hy kan nie . Die opdrag van sy party is druk dit deur maak nie saak wat die nagevolge gaan wees nie.

Peet ·

Verstaan nou mooi. Daar is ‘n ding soos politieke prioriteite. Daar is straat en skoolname wat verander moet word voordat ons na kleiner sake soos hospitale kan omsien.
Verdraaide humor NEE! – dis soos die kaders redeneer – dink in pype.

jakes ·

Die patetiese bestuur van hospitale in SA het die norm geword. Onbevoegde bestuur en personeel is die enigste rede hoekom staatshospitale n doodsvonnis geword het om in opgeneem te word. Selfs al het n paar hospitale die nodige toerusting om operasies te doen is jou lewe in elk geval in gevaar want of die dokter nou weet wat hy doen of nie, is die kanse goed dat jy een of ander infeksie kan opdoen agv vuil instrumente en vuil sale.

Maljan ·

Dink net hoe lekker sal dit gaan met NGV! Yeah daar sal in n ommesientjie niks wees nie. Dan gaan ons nog belas word op mediesefonds nie meer n belastingkorting daarvoor kry nie. Baie gou sal daar net chemo en antiretrovirale middels, ander lewensnoodsaaklike meds wees vir n uitgesoekte groepie. Viva!!!

elsa ·

Swak en uiters onverantwoordelik. Verkeerde mense inbeheer om opvolg te doen.Net nog ‘n werk en nie geroep om wel hul beste dienste te lewer nie. Tyd vir bekwame mense aan te stel in poste en werke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.