Sommige partye dalk nie weer in parlement

roland-henwood

Roland Henwood, ‘n politieke ontleder verbonde aan die UP, is bekommerd oor die afname in die stempersentasie. Foto: Die Groot Ontbyt.

Daar sal ʼn verandering in die politieke landskap van Suid-Afrika wees na die amptelike uitslag van die verkiesing bekendgemaak is, maar dit sal nie die radikale of dramatiese verandering wees waarvoor party mense gehoop het en ander gevrees het nie.

Dit is die mening van Roland Henwood, ʼn politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

“Die indruk wat ʼn mens kry as ʼn mens die voorlopige resultate van die 2019-verkiesing bekyk, is dat daar ʼn soort konsolidasie van die middelpolitiek in Suid-Afrika plaasgevind het.

“Met die stemme wat tans nog instroom, lyk dit of die hoofstroompartye bly waar hulle is met die steun van die ANC wat effens afgeneem het, maar dit was te wagte.

“Die kleiner, harde radikale partye soos die BLF en die ATM kon nie juis hond haaraf maak nie en gaan nêrens heen nie. Selfs die EFF kon tot dusver ook nie daarin slaag om die groei in steun te kry wat die party aanvanklik verwag het nie,” sê Henwood.

Alhoewel dit nog veels te vroeg is om dit te bevestig, lyk dit vir Henwood of daar van die partye is wat nie ná die verkiesing na die parlement sal terugkeer nie. “Cope en die UDM self lyk of hulle in die moeilikheid is met die min steun wat hulle tot dusver in hierdie verkiesing ontvang het.”

Ernstige afname in stempersentasie

Die 10%‑afname in die stempersentasie is egter vir Henwood ʼn groot rede tot kommer.

“Dit is ʼn dramatiese afname. Dit lyk of net 64% van kiesers wel gaan stem het en dit voorspel niks goed vir die demokrasie of die toekoms van verkiesings in Suid-Afrika nie.

“ʼn Mens sal moet vasstel hoekom dit gebeur het. Is dit omdat kiesers besig is om vertroue in die demokratiese prosesse te verloor of stel hulle eenvoudig net nie meer belang nie. Die verskynsel kan ook te wyte wees aan hoofsaaklik ANC‑kiesers wat die party straf en besluit het om net nie te gaan stem nie omdat hulle nie tevrede is met dit wat die party doen nie. Hierdie is alles elemente wat ʼn mens sal moet ondersoek.”

Henwood sê met die uitslae wat steeds besig is om in te stroom lyk dit of die DA vir eers in die Wes-Kaap aan bewind sal bly. Die ANC behoort met ʼn baie klein meerderheid aan die stuur van sake in Gauteng te bly, terwyl die EFF nou die amptelike opposisieparty in Mpumalanga sal wees na die party die DA daar uitgestof het.

Hy sê dit lyk tans of nie een van die nuwe partye werklik ʼn indruk op die kiesers kon maak nie. “Dit is juis vir my die punt van konsolidering. Ons sien wel dat die ACDP en die VF Plus die kleiner partye is wat met hierdie verkiesing tot dusver beter gevaar het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ellisras ·

Elke stem tel. Maar as jy soos die mense van Marken(ek noem nie name nie) wegbly. Dan is dit sleg vir die demokrasie. Dit is sleg vir die saak waarin jy glo. Dit is sleg vir Volksgenote wat op jou staatmaak om die verkeerde te keer.

Dries du Toit ·

Dit is wel bitter verblydend dat die twee enigste partye wat die Bybel hoog op hulle prioriteits lyste en in hulle beleid laat vergestalte gee die enigste partye is wat gegroei het. Vind my liewer saam met daardie partye in die helhool van SA as elders tussen die massas van die linkse liberale ontkennende gemors wat die wereld regeer

Elizabeth ·

Ons staan. Beginselvas. Nie vrees gedrewe. Ons staan. Dankie Dries

Oom Koos ·

‘n Mens moet maar seker aanvaar dat daar ‘n groot aantal kiesers in Suid-Afrika is wat maar altyd vir die bewindhebbende party sal stem of hulle nou afgeskeep word of nie.

Co ·

Kan nie anders, daar is dan 17 miljoen wat op die anc (ons belastinggeld) se “social grants” lewe.

Stemmetjie ·

Kyk maar na die uitslag. Waar die ANC die vrotste diens lewer is waar die ANC weer die meeste stemme gekry het. Hulle wil so vrot en arm lewe .

Andreas ·

Heeltemal reg, hul ondersteuners staf hulle deur weer vir hulle te stem, sodat hulle vir die volgende vyf jaar weer kan betoog en so hul ontevredenheid te kenne gee, met die hoop op beter dienslewering.

Dries du Toit ·

Stemmetjie . Jy is reg. Ek voel altyd so jammer vir hulle as ek so verby die plakkerskampe ry. Dan dink ek. “Ek wens ek kon hulle lewe verbeter” Nou weet ons hulle verkies dit so. SALIG IS DIE WAT ARM VAN GEES IS

Danie ·

Wel ek dink persoonlik as ons ons kruisies kan maak voordat ons as manne wat in Amerika werk voor doe tyd kan stem sal daar ñ hele paar ekstra duisend stemme inkom voor ek die land verlast het het ek die VF+ se kantoor gebel en my mee gedeel ons kan hier stem maar dan moet jy ñ vliegtuig kaartjie koop teen duurste om ñ kruisie te trek ons verdien miskien dollars maar belaglik duur!!!!

Heksie ·

Dries, hulle trek uit die dorpsgebiede terug na die plakkerskampe omdat daar verniet water (50 kilo liter per gesin per maand) is en in baie gevalle “verniet” elektrisiteit. In die dorpe en stede moet hul betaal vir basiese dienste en dit is te veel gevra. Nou staan daar lang slap karre by elke shanti, want eintlik verdien hul goeie salarisse maar in effek teer hulle eintlik op ons wat heffings, elektrisiteit en water ten duurste betaal, want ons “dra” hulle. Ja, jy is reg, hulle wil so lewe. Laat my wonder oor ons blankes se sogenaamde “white priviledge”.

Huh? ·

@Heksie – 50 kiloliter per maand? Waar? Ek wil ook daar gaan bly.

Marita Marais ·

Dries, ek weet jy gebruik die aanhaling uit Mattheus 5 soos baie oumense dit verstaan het, maar eintlik beteken dit: Salig is diè wat weet hoe afhanklik hulle van die Here is. Jesus was nie sarkasties toe Hy hierdie woorde geuiter het nie. Maar verder stem ek met jou ander opmerkings saam.

Adam ·

Ek verstaaan nie hoekom Mmr Henwood verbaas is nie? Die wegblystem was altyd bestem om groot te wees. Daar is geen party met ‘n goeie politieke aanbod nie en na 25 jaar behoort dit vir almal glashelder te wees dat ons politieke stelsel nie vir ons werk nie. Wat wel na die verkiesing as ‘n gegewe aanvaar kan word is dat ten minste 35 klein partytjies geen bestaansreg het nie en dat die VF+ op sy beste, selfs met die wind van agter, nie meer as ‘n 2% party kan wees nie en dit geld ook die ACDP.

Therese van Schalkwyk ·

Opvallend hoe mnr. Henwood die Vryheidsfront Plus so as ‘n ou nagedagtetjie in die heel laaste sin noem. ‘n Mens sou dink dat die verblydende groei in ‘n gematigde party, wat ‘n sterk stem in die Parlement vir minderheidsregte gaan wees, groter reaksie van ‘n politieke ontleder sou ontlok.

Die VF sal hom m.i. moet voorberei op taamlike negatiwiteit en beskuldigings van “laer trek” sal moontlik opvlam na die verkiesing. Dalk moet die werkinge van ‘n gesonde demokratiese samelewing vroegtydig aan sommige Suid-Afrikaners verduidelik word.

Verder, kiesers is allermins ontevrede met die ANC as na die uitslae in die Vrystaat gekyk word. Dís heelwat kommerwekkender as ‘n laerige stempersentasie.

Heksie ·

Ek het letterlik vanoggend voor die Here gehuil oor die verkiesing waarvoor ek so gebid het, want hoe nou verder? My hart is stukkend!

Voel ook so ·

ek veral voel dieselfde, Almal het gehoop en geglo en gebid dat hierdie Verkiesing n Daad werklike verandering gaan bring in die land, en nou is dit waar die Woord moet inkom wat se in die skrif, “we do not go by what we see but by what We belief” dit kan nou my Enigste hoop wees, en net aanhou Bid en Glo.
So baie mense het gaan Stem, en ek is so Trots op Almal. Ons sal nie gaan le in die Stof, nee, nee, nee, Ons Sal Opstaan en DIE Giants Beveg wat in ons pad staan, hoe Verlang ek nou na Steve se Lied,” die Land”

Petra ·

Heksie,
Die Here hoor ons roep. En HY sal ons te hulp snel. Ons geloof sal ons deur hierdie berge en dale neem. En ons sal as Oorwinnaars uitstyg bo die menigte!! Met GOD wat ons lei. Ons geloof moet soos Moses s’n wees…..Moses het nie omgegee hoe ander nasies hulle leiding ontvang nie, hoe hulle..hulle strategieë bepaal nie, hulle regerings bestuur of hulle leërs opgerig het nie. Hy het gesê, “Ons opereer alleenlik op een beginsel. Die enigste weg vir ons is om gelei of regeer te word, om oorlog te maak en in die dorre land te oorleef, is om die teenwoordigheid van God met ons te hê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.