Sommige reservoirs in Tshwane-gebied ‘kritiek laag’

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die Tshwane-metroraad sê reservoirvlakke in die streek het die afgelope paar dae beduidend gedaal.

“Sommige reservoirvlakke is kritiek laag weens die Rand Water-verskaffingsmeters in die westelike voorstede wat met 30% beperk word,” het Lindela Mashigo, woordvoerder van die metroraad, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die vraag na water is geweldig hoog weens die hoë temperature die afgelope ruk. Die reservoirs kan bloot nie byhou nie.”

Herstelwerk aan die tonnelnetwerk van die Lesotho-hooglandwaterskema het boonop op 1 Oktober begin en sal tot 30 November duur.

Die tonnel word gesluit en leeggemaak vir inspeksie- en instandhoudingswerk. Dit beteken geen water kan na die geïntegreerde Vaalrivierstelsel gepomp word nie.

Die metroraad het dus weereens ʼn beroep op inwoners gedoen om water spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ig ·

Hoekom het hulle nie die werk in die winter gedoen nie? I rest my case!!

Dubbelloop ·

Weereens swak beplanning om nou die tyd vd jaar die werk by tonnel te doen. Hulle kon die werk mos in die wintemaande op die tonnel gedoen het.

Pbb ·

As jy dink hier kom moeilikheid…kom maak n draai in polokwane. Nagmerrie wat wag om te gebeur!

Gert van Wierdapark ·

Dit help nie net om n “Beroep te doen nie”! Looi die water-morsers met duurder water, of boetes. Dit kan Tshwane ook loon om al die Boorgat-inwoners “te maan” om nie so baie boorgatwater te mors nie. Hul dink mos skynbaar die water behoort aan hulle! In Centurion behoort boorgate in elk geval almal geseel te word om moontlike grond-insakkings weens die daling in watertafels agv onttrekking van SO BAIE water!!! Finish en Klaar! Nota:Maroela Media kan gerus n opvolg-storie oor boorgate in Centurion doen en hoor wat die DA se standpunt hieroor is!

Anna van Montana ·

Het die koerante en mm nie onlangs berig oor watervlakke rondom Twane wat feitlik voor die voet 100%+ was nie terwyl ons wat weet van waterberkings bewus was?

Db ·

Mense ons noem dit Afrika tyd. Geen haas om enigiets te doen nie want more is nog ‘n dag

Leon ·

Weet julle hoe koud is dit in Lesotho in die winter. Dan is die tonnel nog nat ook. En die water wat oorbly vries en dit word glad en die ouens gly en kry seer en hulle staak. Nee, laat hulle dit maar in die Somer doen. Drink julle whisky en brandewyn maar skoon.

Jean ·

Ek gebruik my water soos ek wil !
En ja verguis my as julle wil, ek betaal duur vir my Tshwane rek. En is moeg om te hoor hoe ek moet spaar as my munisipaliteit straatligte vir dae aaneen laat brand en water vir kilometers ver laat loop vir dae aaneen !!! nie eers te praat vd ondergrondse pype wat vir jare lek nie.
My tuinhulp was geskok om te hoor ek betaal vir krag en water…die miljoene wat dit verniet kry,.weet nie van spaar nie ! Ek is net mooi gatvol vir hierdie regering se onbevoegdheid!

Anna van Montana ·

In daardie “free Dornier” sones staan die taxies buffer aan buffer om gewas te word. Terwyl een wegry en die ander nader kom loop die forniet water. Wdh! Die minderheid betaal mos daarvoor.

O Wee ·

Ek het my bedenkinge oor die ‘instandhouding’ wat op die tonnelstelsel vanaf die Lesotho hoogland skema gedoen word. Die Katze dam vlak huidig nét 13%! Ek sou eerder sê daar is nie water om te pomp nie!? Soos Dafer en Pbb sê: hier kom groot moeilikheid!

Willie ·

Ry deur die stad Tshwane, dan sien julle hoe word water vermors deur die middelmannetjies nat te spuit vir ure… O nee, skies hulle mag dit nie afsit nie, die Taxi’s was hulle voertuie met daai water, en ond betaal… Sorry party betaal mos, en die vermorser nie!

Willie ·

Vir Tshwane DA, dis in Nelson Mandela rylaan, Taxi wassery met stadraad water…

Anna van Montana ·

In daardie “free forniet” sones staan die taxies buffer aan buffer om gewas te word. Terwyl een wegry en die ander nader kom loop die forniet water. Wdh! Die minderheid betaal mos daarvoor.

miskien is ek dom ·

Hoekom moet ons water spaar, die waterpyp reg voor ons huis lek water al vir meer as 3 weke, dis ‘n stroom water, bel elke dag vir Tshwane daaroor, het hoeveel verwysingsnommers al, antwoord wat jy kry ” dis nie nou ‘n prioriteit nie, iemand sal kom regmaak as hulle in die omgewing is”, Dus , MOENIE vir my se wanneer & hoeveel water ke kan gebruik nie, het my swembad ook leeggetap, skoongemaak en weer vol water getap, ek betaal elke maand my rekening,

Stephan ·

‘n Verdere vraag: Wat is daar in die laaste 20 jaar gedoen om die kapasiteit van reservoires te verhoog of additioneles te bou om tred te hou met die groeiende bevolking? Die antwoord is heel waarskeinlik, NET MOOI NIKS!

Attie. ·

As dit nie vir die ou regering was nie dan was daar nie n Katse dam in Lesotho nie, ook nie ‘n Ruacana hidro-elektriese skema in Namibie nie maar as Helen Zille net noem dat alles wat voor 1994 gebeur het nie sleg was nie dan wordsy gekruisig. Nou benodig die DA weer die ou Witsstudent en Daily Mail verslaggewer om hulle te kom red. Snaakse land waarin ons woon. Behalwe naamsveranderings, wat het die ANC al suksesvol gedoen? Vra maar net.

GL ·

Ons het al meer as n week lank nie water nie in Burgersfort en dit was nie eers in ons plaaslike koerant gewees vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.