Sommige UKZN-betogers ‘nie werklik studente’

ʼn Koshuis is Maandag (26 Sept. 2016) op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek. Foto: Facebook

ʼn Koshuis is Maandag (26 Sept. 2016) op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek. Foto: Facebook

Die leier van die studenteraad by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus, het Maandag erken sommige van die betogers wat aan die studentebetogings by die instansie deelneem, is nie werklik studente nie.

Sphelele Nguse, die SR-voorsitter, het gesê die stryd vir gratis onderrig kan moontlik geloofwaardigheid verloor deur die gewelddadige optrede en beskadiging van eiendom wat met die betogings gepaardgaan. Dit kom nadat die William O’Brian-koshuis op die Pietermaritzburg-kampus Maandagoggend aan die brand gesteek is.

“Ons stryd word gekaap deur negatiewe elemente, wat nie die beste belange van studente op die hart dra nie. Geen student wat waarde heg aan onderwys, kan universiteit-infrastruktuur afbrand wanneer daardie fasiliteit in die toekoms gebruik moet word nie,” het Nguse gesê.

Hy het gesê hy was nog altyd ʼn voorstaander van vreedsame en geweldvrye betogings. “Sommige van die mense wat aan die betogings deelneem, is nie studente nie en jy kan dit sien aan die manier waarop hulle hulself gedra. Ons vra gratis onderrig, wat ʼn opregte eis is, maar dit is net so belangrik dat die infrastruktuur van die instelling beskerm word.”

Nguse het toegegee dit is moeilik om steun van ander sektore te kry weens die vandalisme waarmee die betogings gepaardgaan. “Geen organisasie wil met boewery geassosieer word nie en selfs die strukture wat ons sou ondersteun, is nou huiwerig wanneer die media gereeld berig oor eiendom wat beskadig word. Dit moet nou end kry en studente moet seker maak dit gebeur nie in ons naam nie,” het Nguse gesê.

Intussen het Lesiba Seshoka, woordvoerder van UKZN, gesê die universiteit sal nie gesluit word nie, ten spyte daarvan dat nog ʼn koshuis onder brandstigters deurgeloop het. Hy het gesê behalwe vir die brand, het die universiteit ook “berigte ontvang van ontlasting wat op die sakestudiegebou gesmeer is”. Hy het gesê ʼn toets en lesing is op die Pietermaritzburg-kampus gekanselleer.

Volgens Seshoka het die universiteit nog nie ʼn besluit geneem oor die moontlikheid van die studiegeldverhogings vir volgende jaar nie. Die universiteit sal eers in Oktober finaal oor die kwessie besluit.

Die UKZN se Pietermaritzburg-kampus het verlede week onder gewelddadige betogings deurgeloop, nadat studente hulle by die landwye #FeesMustFall-betogings geskaar het. ʼn Brand is by die Malherbe-koshuis begin, voertuie is met klippe bestook en een student is beseer toe die polisie rubberkoeëls, skokgranate en traangas afgevuur het.

Nege studente is Donderdag in hegtenis geneem en is steeds in polisieaanhouding. Hulle sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henry ·

Nog nooit in my 60 jaar so iets gesien nie , vervolg die oortreders sluit die instansies totdat hulle tot sinne kom

Veritas ·

Al wat die oproermakers nodig het, is ‘n goeie ruk in die bek. Sluit alle universiteite totdat die geweld en vandalisme ophou en herhaal die proses totdat almal hulself soos opgevoede mense kan gedra.

Lance ·

Presies wat almal nog heeltyd vermoed het …die stootdente lyk diep in hulle veertigs …wys maar net daar is geen toegangsbeheer nie

snoefie ·

as hulle nie die intellegensie het om te beset mens kan net kry wat jy voordat kan betaal nie, waste kans het hulle om n graagkurses te voltooi! spandeer eerder die geld wat hulle leegleery oo varsity kos om wit kinders se basiese skolung by “voorheen model c skole” te befonds. wit kinders is ook daarop geregtig. by townshipskole gaan hulle van gr 1 tot 12 gratis skool. daar is nie eers registry siege led betaalbaar nie.h

Johann ·

Volgens IOL was daar baie groot intimidasie op die Pietermaritzburg kampus. Die studente het Sondagaand ‘n blanko Whatsapp ontvang waarin hulle gedreig is dat as hulle nie gaan deelneem die week aan die betogings nie, maar op kampus met ‘n boeksak gevind word, sal daar met hul afgereken word. Maandagoggend is van hulle wakker gemaak deur op die deure van hul kamers te hamer en hulle geintimideer “geforseer” om aan die betogings deel te neem. Dit was blykbaar in die tyd die oggend toe een van die geboue reeds aan die brand was.

Ek sien ook dat Wits het die OVK gevra om hulle die week by te staan om ‘n verkiesing te hou om te belaal hoeveel studente werklik wil hê dat die klasse voorgesit moet word. Die segspersoon het gesê hulle het reeds hordes versoeke gekry wat vra die klasse hervat word.

Johann ·

Ek lees elders dat ‘n werker van Wits universiteit, verlede week dood is agv ‘n brandblusser se walms wat hy ingeasem het, na een van die studente dit aktiveer het tydens die betoging. Mens kon in van die nuusuitsendings sien hoe swaai die student die brandblusser op een van die geboue se trappe rond.

Bekkie ·

Betogings sal aanhou want dit is wetting. Studente is meestal nie verantwoordelik om hulle studies te betaal nie, hulle ouers is. So dis hulle ouers wat moet opstaan vir gelde En studente hoort voor hulle boeke.

Theresa B ·

Nog nooit soveel breinlose spul bymekaar gesien nie. En dan is die helfte nie eers student nie. Wys jou net – hul weet nie wat hulle doen nie. Hulle doen dit nou net omdat hulle kan. Sluit alles. Ek is bitter jammer vir die student wat regtig iets van hul lewe wil maak. Onthou om dankie te sê vir julle comrades.

Joe ·

Moelikheid makers is of nie studente of weet hulle sal dit nie maak nie, die werklike leiers van more is nie hier betrokke, so wat van nog ‘n Lonmin.

Jakobus ·

Werkloosheid/die ekonomie is die groot probleem, die mense het niks anders te doen nie, daar is weing van hulle wat gaan werk kry, al kom hulle deur. Die wat nou so betoog, al skop hulle nou op is daar niks om na uit te sien nie. So die universiteit verskaf darem verblyf en kos.

Die kruks van die stories is, daardie betogers het niks, maar niks om te verloor nie.

Schalk ·

Nou waar trek die mensdom die lyn tussen tussen besware en misdaad. Wat nou gebeur is misdaad en sou die man op straat dit doen sou die gevolge heelwat anders gewees het. Misdaad het nie ‘n ras of geslag nie. Dit is jou eie keuse.

Jean ·

Nou HOEKOM word hulle op die kampus toegelaat as hulle nie studente is nie? Verwyder hulle met geweld, want ek mag nie net enige universiteitsgronde betree nie, dit is ongemagtigde toegang. Tree nou op teen die amokmakers, dan sal julle sien daar is ‘n handjievol studente wat regtig daar studeer wat betoog. Hoekom is julle hande so slap? Regering, polisie, weermag en Universiteitsbestuur!!!

Pieter ·

Shame altyd iemand anders nooit hulle nie so g….tvol vir die ou storie.

Emile ·

By Universiteit Stellenbosch word busvragte “studente” van elders aangery om die protes aan te hits omdat die plaaslike oproermakers eenvoudig nie genoeg ondersteuning het nie. So iets kan mos nie ‘n wettige protesaksie verteenwoordig nie? Dis soos die Tlokwe-insident waar busvragte stemvee van elders aangery is om die plaaslike stem skeef te trek.

Willie ·

Dis nie nuus daai nie, gewoonlik die grootste mpoeilikhied makers is nie lid of deel nie… KLA HULLE AAN… maklik…

Jo ·

Verwys na opskrif: die springende, gillende massa lyk nie of daar genoeg verstand is om te kan studeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.