Staatsrede vir meer as uur vertraag

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Bykomende beriggewing deur Suné van Heerden en Elaine Krige

Die EFF het Donderdag gedoen presies wat hy beloof het om te doen en die staatsrede ontwrig.

Net mooi ʼn uur nadat pres. Cyril Ramaphosa moes begin om sy staatsrede te lewer, is die huis verdaag weens EFF-lede wat geweier het om hom te laat praat, tensy die president vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, afdank. Teen 20:30 het die president nog nie met sy toespraak begin nie.

Nog voor Ramaphosa die platform kon betree om sy staatsrede vir 2020 te lewer, het EFF-leier Julius Malema uitgevaar teen oudpres. FW de Klerk en versoek dat De Klerk gevra word om in die lig van die Vlakplaas-bedrywighede van die destydse Burgerlike Samewerkingsburo die lokaal te verlaat.

Speaker Thandi Modise het geweier om in te stem.

Lede van die EFF buite die parlement tydens die 2020 staatsrede. Foto: Sune van Heerden.

EFF-onderleier Floyd Shivambu het toe gesê die apartheidsregering het De Klerk verkies en hy kan dus nie in ʼn demokratiese parlement optree nie. Dr. Corne Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het uitgewys dat De Klerk ook ʼn adjunkpresident van Suid-Afrika was ná 1994, waarop Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, voorgestel het dat die staatsrede voortgaan. Dit is deur die meerderheid van parlementslede aanvaar.

Ramaphosa het egter skaars begin met sy staatsrede, of ʼn lid van die EFF het hom onderbreek met ʼn punt van orde.

EFF-lede het geëis dat Ramaphosa onmiddellik vir Gordhan afdank, of hulle sou voortgaan om die vergadering te ontwrig.  Nadat verskeie lede van die EFF dieselfde standpunt gestel het tydens individuele punte van orde, het die speaker gevra dat lede die president toelaat om voort te gaan, of andersins die vergadering te verlaat. Die EFF het egter voortgegaan om een-een op te staan en punte van orde te opper, elke keer dat die president probeer praat het. Die speaker het gevolglik die vergadering vir ʼn paar minute uitgestel.

Kort nadat die vergadering weer byeengeroep is, het die EFF die lokaal verlaat, terwyl hulle dreunsing “Pravin must go”.

Patricia de Lille, minister van openbare werke, het buite die parlement gesê lede van die parlement het die reg om te hoor wat die president te sê het en die EFF laat dit nie toe nie. Verskeie lede van die parlement het toe daarop aangedring dat die EFF vir hul optrede gestraf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PieterP ·

Die pers wat hulle nog meer wind gee nadat hulle SONA ontwrig het is die rede hoekom hulle so manhaftig is. Verbeel jou, sou hulle buite kom en niemand het vir hulle meer lugtyd gegee nie was hulle vloer moere alles verniet. Die pers moet ophou om hulle die ekstra lugtyd te gee en hulle ignoreer. Miskien dan sal die rooi brigade ‘n bietjie meer beskaafd optree. Wel ek mag hoop, mag ek nie?

Dries ·

Stem 100% saam met jou. Dis tog baie duidelik dat die media nie na ALMAL luister nie, so dit behoort nie moeilik te wees om die rug te draai op hierdie Rooi overalls nie.

Magda ·

Hierdie Party MOET van die Politieke Party geskraap word, en HOEKOM is hulle toegelaat by die SONA?????? VERBAN HULLE PERMANENT, want hulle is 1 GROOT KORRUPTE / ONOPGEVOEDE GEMORS VAN N “PARTY” Nie politieke Party nie, maar n onopgevoede gemors / chaostiese / disrespektvol / ongeletterde GEMORS VAN N PARTY. Gaan speel buite – julle klomp.

Lizelle ·

Dis hartseer om te sien hoe dinge in ons land gaan.
Vroeer jare was hierdie ‘n statige geleentheid, deesdae is dit ‘n sirkus.
Ek moedig my kinders elke dag aan om die land te verlaat….. dinge hier sal nooit regkom nie, dit versleg elke dag net meer en meer. Noem my maar swartgallig en negatief…

Emily ·

Sirkus. Hoekom word die EFF toegelaat om te maak soos hulle wil. Kan iemand hulle nie permanent uit ons parlement kry nie.
Skors is al wat miskien gaan help.

Pierre ·

State of the Nation – jip – Hierdie is “THE STATE of your Nation” En wat se “Your Honourable, sit down” was dit? Met wie het sy gepraat? Honourable – rerig?

Kokkie ·

Ek wil nou nie leedvermakerig wees nie, maar ek kon gisteraand darem nie anders nie as om te wonder hoe voel FW de Klerk. ‘n Skrale dertig jaar gelede het hy in sy’glorie-oomblik’ met groot omhaal en bravade sy ‘aardskuddende’ toespraak in die statige parlement en gerespekteerde sieraad van ons regering en die land, gemaak. Juis daardie toespraak was die opening vir onbevoegde en onbeskaafdes om die SA-parlement tot ‘n stinkende mishoop te reduseer. En dit ten aanskoue van die hele wye wêreld. Eina en nogmaals eina !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.