Sonder geld is water-meesterplan ‘nutteloos’

(Argieffoto)

Die VF Plus sê hoe groter die waterkrisis in Suid-Afrika word, hoe duideliker blyk die ANC se onvermoë om dié lewensbedreigende krisis te bestuur.

“Die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, het vandeesweek erken die meesterplan vir die aanpak van die waterkrisis in Suid-Afrika, soos vroeër deur minister Lindiwe Sisulu aangekondig, is onbefonds. Daar is dus geen begroting vir die implementering van die plan nie,” het Fanie du Toit, ʼn VF Plus-lid van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gesê.

“Minister Sisulu het ook ʼn gulde geleentheid laat verbygaan deur nie die grootste watervermorsers, naamlik munisipaliteite wat nie lekkasies herstel nie, voor stok te kry nie.”

Du Toit het gesê die minister se onbefondse meesterplan wys opnuut hoe onkundig die ANC oor die waterkrisis in die land is. “Nie net bied haar plan weinig nuwe oplossings nie, maar dit is onrealisties met planne, soos om nuwe boorgate te sink, terwyl Suid-Afrika se grondwater reeds onder druk verkeer.

“Die plan is bloot ʼn verslag van wat Suid-Afrika reeds weet: dat daar ʼn droogteprobleem is waaraan die regering weinig kan doen.”

Hy sê die minister vra gewone Suid-Afrikaners om water spaarsaam te gebruik, terwyl daar geen plan is vir dié miljoene liters water wat verlore gaan weens ʼn gebrek aan instandhouding en herstelwerk nie.

“Die lekkasies dra daartoe by dat bruikbare water bloot verlore gaan. Daarom is die vraag na water hoër as die beskikbaarheid daarvan. ANC-munisipaliteite skep effektief ʼn unieke droogte wat gekeer kon word indien die ANC basiese dienste gelewer het.

“Indien die ANC daadwerklik daartoe verbind was om oplossings vir die droogte te kry, sou haar plan aksiestappe uitgestippel het om munisipaliteite se waterverliese te keer. Die minister se planne van waterbeperkings en besparingstariewe, droogtemaatreëls en die herverbruik van water is belangrik, maar gee nie aandag aan die ware oorsaak van Suid-Afrika se waterkrisis nie,” het Du Toit gesê.

Die party sê hy het reeds in dié verband ʼn mosie by die NRP ingedien wat eis dat die interministeriële komitee vir dienslewering waterverliese deur munisipaliteite ondersoek. Die komitee moet daaroor verslag doen en oplossings bied om waterverliese te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adam ·

Ek het ook ‘n kort meesterplan saamgestel vir die waterprobleem met slegs een aanbeveling. Dank Sisulu af!!!

calvin ·

Ek begin saamstem dat ons n onafhanklike tuisland moet kry.

Sarie ·

Dis al wat sal werk want om aldag vir die klomp “dowes en blindes” iets aan die verstand te probeer bring is asem vermorsing. Hulle ken van wil he en vat, maar van versorg en ontwikkeling weet hulle niks.

Frik ·

Dis die enigste oplossing. Die selfbestuur voorstel gaan geld kos, en dan is jy steeds deel van SA waar die staat jou sal belas en vat wat jy opgebou het. Afrikaner belangegroepe moet net hul intensies duidelik maak en begin werk maak aan afstigting.

Pieter ·

Ek stem broer ons het nie die korrupte ANC nodig nie vir vyf en twintig jaar finansier ons blankes die siek regering ons blankes moet nou ons eie plek kry

Johanna Botha ·

Al die planne …dan kom die omkeer planne …dan saa …..mens kan nie die anc vertrou om iets te laat werk nie ….net mooi alles wat hulle die afgelope 25 jaar probeer doen het is n groot flop ….saa eskom sabc ….noem maar op !

Jollie ·

Die regering sal liewer dat almal krepeer van ellende voordat hulle enige voorstel van die VF sal aanvaar of erken.

Alexz ·

Jollie, dit is juis die doel van Sosialisme. Net twee klasse, die staat en ploretariaat waar die staat alles besit en beheer, en die ploretariaat (burgery) het almal niks.

m.d.r. ·

Dis doodeenvoudig ‘n geval van te veel mense en te min water…….
Sisulu kan begin deur al hierdie immigrante/asielsoekers. sg vlugtelinge uit Afrika terug te stuur na hulle tuistes.
Meeste van hulle kom van watterryke dele af soos Malawi byvoorbeeld…..
Dis maar een stap om die probleem op te los…..dan die lekkende munispaliteite….maar o wee…..sterk optrede daar gaan mos stemme kos….!

AndrewL ·

Die regering moet net hul riool uit waterstrome hou dan is helfte van die probleem opgelos.

Nessie ·

Wil graag weet. Wat het verbeter vanaf 1994? Waarom sal dit dan nou verbeter?

George in Bloem. ·

Tipiese ANC “plan”. “Penny wise & pound foolish” met natuurlik die “pounds” wat hulle pad vind na die naaste kader se gatsak. Viva comrades. Viva.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.