Sonkragaangedrewe kragstelsel in Ficksburg aangeskakel

Argieffoto: GCIS

Eskom het ʼn sonkragaangedrewe klein-kragstelsel op Wilhelmina-plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeskakel.

Die kragvoorsiener het Saterdag gesê dié aanleg is in November 2017 afgehandel en kan elektrisiteit aan 14 huishoudings met 81 familielede (die hele Wilhelmina-gemeenskap) verskaf.

“Die aanleg maak van sonkrag gebruik wat in 32 kilowatt (kW) elektriese energie omgeskep word deur middel van fotovoltaïese panele en kragomsetters,” het Nick Singh van Eskom se navorsing-, toets- en ontwikkelingsentrum verduidelik.

Die oorblywende energie uit die sonpanele word in drie stelle litiumioonbatterye gestoor,
wat tot 90 kW-ure kan hou vir dae met lae sonlig.

“Die projek is ʼn teken van vooruitgang, groei en ontwikkeling en is in ooreenstemming met Eskom se toekomstige strategiese doelwitte van klein-kragstelsels wat van hernubare en slim energietegnologie gebruik maak wat ʼn belangrike rol sal speel in die toekoms van Eskom as ʼn integrale deel van die besigheid.”

Die projek is ʼn vennootskap tussen die departement van landbou, bosbou en visserye, die gemeenskap van Wilhelmina-plaas en Eskom se Smart Grid Centre of Excellence.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Het die Wilhelmina-gemeenskap geld om vir die krag te betaal??

Vonkprop ·

Baie slim om ‘n BAIE klein gemeenskap te kies en dan te sê dit is suksesvol en deel van die langtermyn plan. 14 huishoudings is niks in vergeleke met hoe groot SA is nie. Hoekom nie ‘n groter area in die stad kies nie en wat wel tot die ekonomie kan bydrae???? Hierdie het seker weer miljoene rande gekos wat beter bestee kon word. Glad nie ‘n prestasie vir my nie.

de Wet ·

Hoe is dit dat n projek n jaar na hy afgehandel is eers aangeskakel word. Ai ai

Andries Visagie ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie. “in November 2017 afgehandel” en dit is nou eers aangeskakel?

Johanna Botha ·

Wow eskom 81 mense …..SA het meer as 50 MILJOEN ! ???

Daan Erasmus ·

As daar nie ‘n prys by is nie beteken alles niks. Vir gewone mense is prys alles. Teorie beteken niks. Alles is moontlik as jy onbeperkde hoeveelheid geld het.

Suez ·

Ironies waar dit gebeur,die eienaar is…haha een van die hedendaagse korrupsie beskuldigdes

JOS ·

Om bietjie perspektief te gee. 1 ketel is ongeveer 2kW. 1 x 150liter geyser is 3kW. As 14 geysers gelyk aan is trek 14 huishoudings 42kW. 90kWh beteken 90kW vir een uur of 30kW vir drie ure. In die aand is daar nie son nie. 5 ure vol son beteken. 5x 32 =160 eenhede / dag / huishoudings dus. 14 huishoudings het elk 11.43 eenhede per dag. Dus 343 eenhede per maand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.