Sonkragpanele word in Oos-Kaap gesteel

Ao Albert Doyi (links) en Joseph Marais by sommige van die sonkragpanele wat hulle op 17 Junie 2015 in New Rest- informele nedersetting gevind het (Foto verskaf)

Ao Albert Doyi (links) en Joseph Marais by sommige van die sonkragpanele wat hulle op 17 Junie 2015 in New Rest- informele nedersetting gevind het (Foto verskaf)

ʼn 27-jarige man is Woensdag in New Rest- informele nedersetting in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die diefstal van sonkragpanele.

“Die polisie het die afgelope week in verskillende voorvalle beslag gelê op ses sonkragpanele,” het lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Hy sal binnekort in die Port Alfred-landdroshof verskyn.”

Die klopjag in die informele nedersetting het plaasgevind nadat ao Albert Doyi en Joseph Marais ʼn wenk ontvang het. Lede van die gemeenskap het glo die panele gebruik vir beligting en kookdoeleindes en ander het hul radio’s en televisiestelle via ʼn motorbattery daaraan gekoppel.

Die polisie het die gemeenskap gewaarsku om nie sonkragpanele te steel of gesteelde goedere te koop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Dis dalk hulle manier van “wealth redistribution”. Zumz s’n is Nkandla.

Dave ·

Snaaks dat julle so graag ‘n vriendelike troetelnaam ontwerp vir die mees ongewildes in die land.

Theresa ·

Ha ha – gewonder wanneer gaan so iets gebeur. Ja nee – In hierdie wettelose land sal hulle nog die teer in die paaie oprol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.