Sonpanele hou nou belastingvoordele in

(Foto: Bill Mead / Unsplash)

Enoch Godongwane, minister van finansies, het tydens Woensdag se begrotingsrede aangekondig dat individue wat sonpanele aanskaf, voortaan ook ’n belastingvoordeel sal geniet.

Belastingbetalers sal van 1 Maart aanspraak kan maak op ʼn 25%-korting op die koste van dié panele, tot ʼn maksimum van R15 000.

Dit beteken dat Suid-Afrikaners ’n kwart van die koste van hul sonpanele van hul belasbare inkomste sal kan aftrek.

Godongwana sê dit kan gebruik word om hul belastingaanspreeklikheid in die 2023‑’24-belastingjaar te verminder. Hierdie aansporing sal egter slegs vir een jaar beskikbaar wees.

Die regering stel ook belastingverligting van altesaam R13 miljard in die 2023‑’24 -boekjaar voor om die oorgang na skoon energie te ondersteun, elektrisiteitsvoorsiening te verhoog en die uitwerking van voortdurende hoë brandstofpryse te verlig.

Die regering het ook onderneem om sonkragverwante lenings aan klein tot mediumgrootte ondernemings op ʼn eerste verlies‑basis toe te staan.

Dié belastingmaatreëls het ten doel om ondernemings en individue aan te moedig om in hernubare energie te belê en elektrisiteitsopwekking te verhoog.

Lees hier hoe om die belastingvoordeel te benut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nommer 7 ·

Met 16 sonpanele en ‘n 12kw solar stelsel van sowat R250,000, en maks korting van R15,000, gaan jy R5,000 spaar indien jy op die 33,33% belasting kerf is. Big deal?

Pietertjie ·

So, ek wat ‘n paar jaar gelede al my bydrae gemaak het deur ten volle van sonkrag gebruik te maak, kry geen voordeel nie. Dankie. Vir niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.