Sonskyn vir naweek voorspel; hou damwatervlakke só dop

Sluise oopgetrek by die Vaaldam (argieffoto) Foto: R. McKenzie, departement van waterwese

Sluise oopgetrek by die Vaaldam (argieffoto) Foto: R. McKenzie, departement van waterwese

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag gesê dat reënval oor die naweek in Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga na verwagting sal afneem.

“Teen die naweek sal die reën na dele beweeg wat nog nie deur swaar reën geraak is nie, soos gedeeltes van Noordwes en die Vrystaat,” het Ezekiel Sebego, ʼn weervoorspeller, gesê.

Die weerdiens het Woensdag en Donderdag ʼn waarskuwing uitgereik oor die moontlikheid van swaar reënval vir die oostelike gedeeltes van Noordwes, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.

Themba Khumalo, ʼn woordvoerder van die Gautengse departement van waterwese, het gesê die aanhoudende reënval vir Maart was die ergste wat die provinsie in 14 jaar beleef het. “Dit is ook deur die weerdiens bevestig,” het hy gesê. Hy het gesê die departement probeer om die watervlakke van damme in die provinsie te beheer. “As ons dit nie doen nie, sal damwalle breek.”

Khumalo sê plekke soos Vereeniging kan moontlik oorstroom as die Vaaldam sy walle breek. “Agt sluise van die Vaaldam moes Dinsdag oopgemaak word sodat water in die Vaalrivier kan invloei om die dam se watervlak te beheer. Dit verhoog die kans dat die Vaalrivier sy walle kan oorstroom,” het hy gesê.

Hy waarsku inwoners van Gauteng en die Vrystaat, wat naby aan die Vaalrivier bly, om seker te maak dat hulle ver van die rivier se vloedlyn af bly.

Klik hier of hier om opgedateerde inligting oor die watervlakke van die land se damme te sien.

Lees ook:
Foto’s: Vloede in Ellisras
Vloede: Inwoners rondom Vaalrivier gewaarsku
Ses verdrink in Mpumalanga-vloede
Foto’s: JHB-vloede is “swaarste reënval in 14 jaar”
Vloede in JHB laat honderde dakloos
Chaos in Kruger as gevolg van vloede
Vloede veroorsaak ontwrigting in Krugerwildtuin en Noordwes
Video’s: Kitsvloede saai chaos in Laeveld
Een dood in Brits-vloede; meer reën op pad
Weerdiens waarsku oor swaar reënval en vloede

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.