Sonstorm: TV, internet en selfone dalk geraak

Foto: Sansa

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) het gesê die grootste sonvlam wat in die afgelope tien jaar vrygestel is, kan Vrydag probleme veroorsaak met tegnologiese stelsels.

Catherine Webster, woordvoerder van Sansa, het in ʼn verklaring gesê die eerste sonvlam is Woensdagmiddag vrygestel, gevolg deur die grootste sonvlam die afgelope tien jaar sowat drie uur later.

“Die uitbarsting was so intens dat radiokommunikasie wat op hoë frekwensie gedoen word onderbreek is.” Volgens Webster het die sonvlamme gepaardgegaan met ʼn koronale massa-uitwerping wat teen 1 200 km per sekonde na die aarde beweeg en dit na verwagting teen vanoggend sou tref.

Webster het gesê dit kan ʼn geomagnetiese storm tot gevolg hê. “Die impak hiervan is nie skadelik vir lewende wesens op aarde nie aangesien ons deur die aarde se magnetiese veld beskerm word. Dit kan egter onderbrekings tot gevolg hê in ons tegnologiese stelsels soos satellietkommunikasie, GPS-navigasie, internet, selfone en DStv.”

Sonvlamme is reuse-ontploffings op die oppervlak van die son wat plaasvind wanneer
magnetiese veldlyne skielik breek en groot hoeveelhede elektromagnetiese energie vrygelaat word.

ʼn Koronale massa-uitwerping is ʼn groot wolk van hoë energie partikels wat van die son se oppervlak vrygestel word wanneer gebergde energie skielik vrygestel word. Wanneer die magnetiese veld van ʼn koronale massa-uitwerping met die magnetiese veld van die aarde bots kan dit ʼn geomagnetiese storm tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

De Villiers ·

Volgens my berekeninge sal daardie elektromagnetiese energie wat volgens jul berig teen 1200km/h beweeg, die Aarde eers oor 14 jaar bereik, en nie tussen 2 – 3 dae nie, want die son is 150 miljoen km van die Aarde af. Tensy dit teen ‘n geweldige hoë spoed vrygestel word en die spoed daarvan so vining afgeneem het dat dit 1200km/h was toe dit die Aarde bereik het.

Tesaa ·

Hi volgens Jacaranda se berig gestraand was dit 1200 km per sekonde en nie per uur nie.

Rooiman ·

Jou berekeninge is reg De Villiers. Net jou inligting is verkeerd. Die golf beweeg 1200 km per SEKONDE (kyk berig).

Jaco ·

Sal gelukkig geen verskil maak by my nie want my Telkom- ADSL lyn is in elk geval elke derde dag buite werking, selfoon opvangs swak ens. My punt is dat ons Suid Afrikaners gelukkig al gewoond is aan niks wat werk nie, so dit sal niemand hier ontwrig nie.

Nico K ·

Ek het vinnig probeer google en ek dink die fout in die berig is met die spoed waarmee dit na die aarde beweeg. Daar kort ‘n paar nulle.

Dalene de Vente ·

Dagsê Nico

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Big daddy ·

Wel dan beleef vodacom elke dag n sonstorm. Want hulle seine is horibaal. Maak nou nie saak waar jy in sa is nie. Tot in die middel van jhb. Swakker as dit wil ek graag beleef.

zoom zoom ·

Big Daddy. Telkom se ontvangs is so sleg dat binne in Cemturion Mall nie eens selfoon ontvangs is nie. So doe sonstorm is erg hier in Centurion as dit kom by selfpon ontvangs praat nie eens van in Nylstroom areas nie.

marous ·

NSA word elke dag met super son vlamme geteister …vir 23 jaar al.

Lynette ·

Ek weet nie of dit met die sonstorm iets uit te waai het nie, maar vanoggend het my selfoon die tyd, temperatuur en posisie Awila aangedui. Dit is n plek in Bharein. Toe ek foon afskakel het dit reggekom, net om kort daarna weer Bharein se besonderhede te gee. Baie vreemd.

seg net ·

Dink hier is pal sonstorms want baie mense in ons land is erg ge”tan” – seker te lank in sonstorm gestaan

Gys ·

Ek dink Telkom het elke dag sonstorms hulle netwerk bly sleg tot geen netwerk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.