Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze, het haar en haar man, Braam, se eersteling in ʼn musiekvideo aan die wêreld bekend gestel.
“Uiteindelik! Só lyk my Braambossie!” skryf Sorina op Facebook. Sy vertel sy het verlede jaar, toe hulle uitvind dat sy swanger is, ʼn liedjie geskryf om “die nuwe bondeltjie Braambossie” in die wêreld te verwelkom.
“Sedert sy geboorte drie weke gelede was daar baie mense wat wou weet hoe lyk die klein karnallie en hoewel ons baie aanbiedinge gekry het om hom op verskeie maniere eksklusief aan die wêreld en media bekend te stel, wou ek en manlief dit graag self op ons eie manier doen met sy spesiale liedjie in gedagte,” het Sorina gesê. “Vandaar het ons toe sommer ons eie eksklusiewe musiekvideo gemaak waar Braambossie inderdaad die hoofrol vertolk.”
Sy sê die video is spesiaal vir “elke familie wat nuwe lewe in hul wêreld verwelkom”.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Briljant !! Fantasmagories.. soos Flooze sal sè.
AG HY IS TE PRAGTIG HOOR
Baie oorspronlik. Kan sien dat alles hier nie oor geld gaan nie. Mooi so Sorina en Braam!!!
En hy is pragtig!!!