SOS trap sakeplanne vir uitnemende, volhoubare Afrikaanse skole deur

Leon Fourie van die SOS. (Foto: Verskaf)

“Volhoubare gemeenskappe kan nie sonder uitnemende skole bestaan nie, en uitnemende skole kan nie sonder ‘n volhoubare gemeenskap bestaan nie.”

Só sê Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat eersdaags ‘n paneelgesprek oor sakeplanne vir uitnemende skole vir volhoubare Afrikaanse gemeenskappe aanbied.

Die SOS nooi Afrikaanse skole (en sakegemeenskappe) landwyd om aan die paneelgesprek via Microsoft Teams deel te neem.

“Dit is ‘n wedersydse belang wat ons as sake- en onderwysleiers moet erken en aanpak.”

Die paneelgesprek is gratis en sal handel oor die SOS se planne vir uitnemende, selfstandige Afrikaanse skole,  sake- en operasionele modelle, asook die wedersydse belang van die sake- en onderwysgemeenskap by sulke skole.

Die sprekers vir die geleentheid sluit in Leon Fourie, wat oor die SOS se planne vir groter selfstandigheid sal praat, Henk Schalekamp, wat oor ‘n sakemodel vir onderwysinstellings sal praat, en Piet le Roux, wat Sakeliga se planne vir ‘n selfstandige sakegemeenskap en sakekamers sal bespreek.

Die gesprek vind op Maandag 8 Mei om 16:00 tot 17:00 plaas. Om te registreer, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon ·

Onderwysers is seker die belangrikste en vetseker die grootste berg om te oorkom en dan mense wat nie later as 2000 gekwalifiseer het nie , maar julle is soos altyd op die regte pad en ek dink regtig die Stad George in die Suid kaap verdien een of meer van julle skole , die noorde is al feitlik almal hier die mense stroom na hierdie area toe en skole hier is oorvol privaat en staat skole , ek glo om kulle skole hier te vestig sal n Baie goeie belegging wees in alle opsigte , asb julle hoort hier.
Dankie Leon

Chris ·

Daar is baie goed gekwalifiseerde leerkragte wat nog genoeg passie het om leerders te onderrig, maar weens hul ouderdom nie mag skoolhou nie, maar die regeerders van die land het nie ‘n afsny ouderdom nie. Verstaan dit nie.

Linda ·

Baie dankie aan die wonderlike onderwysers wat nog omgee al is dit nie deel van hulle pligstaat nie.

Treurwilger ·

Suid-Afrika se Afrikaanse skole is dié héél beste skole in die hele wye wêreld.
Die disipline, netheid, skitterende akademiese standaard en puik na-uurse sportafrigting deur onderwysers is uniek.
Doen so voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.