SOS: Vakgemiddeld vir Wiskunde is 32%

Die SOS se 2019-matriekverslag is Dinsdag in Centurion bekendgestel. (Foto: Reint Dykema)

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Dinsdag onthul dat die nasionale vakgemiddeld vir wiskunde slegs 32% is.

Luidens die SOS se jaarlikse matriekverslag, wat Dinsdag in Centurion uitgereik is, het leerders in die Oos-Kaap die swakste gevaar met ʼn gemiddeld van 27% vir Wiskunde. Gauteng en die Vrystaat het die beste gevaar met ʼn vakgemiddeld van 38%. Leerders in die Wes-Kaap het ʼn gemiddeld van 36,9% behaal.

“Wanneer die vakgemiddeld eerder as die slaagsyfer van Wiskunde in ag geneem word, lyk die prentjie somber. Die nasionale vakgemiddeld wys dat die land as geheel naelskraap dié belangrike vak slaag. Die Oos-Kaap se vakgemiddeld is minder as die (reeds buitensporig laag) 30%-slaagsyfer vir dié gewigtige welvaartskeppende vakrigting,” lui die SOS se verslag.

Die SOS stel sedert 2015 jaarliks dié verslag bekend, met die oog om belangrike punte en kommerwekkende tendense met betrekking tot die matriekuitslae uit te lig.

Volgens die departement van basiese onderwys het 54,6% van matrikulante wat Wiskunde in 2019 geskryf het, dit geslaag. Dit is minder as die 58% in 2018.

V.l.n.r. Daan Potgieter, hoof- uitvoerende beampte van die AON, Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS en Hugo Vermeulen, hoof van opleiding aan die SOS. (Foto: Reint Dykema)

Die SOS se verslag wys daarop dat die persentasie leerders wat Wiskunde neem, jaarliks afneem. Nasionaal het dié syfer afgeneem van 45,6% na 42,0% van leerders wat wiskunde in matriek skryf. Ongeveer 14 100 minder leerders het Wiskunde geneem, terwyl sowat 6 300 meer Wiskundige Geletterdheid geneem het.

Die getal Afrikaanse leerders wat Wiskunde in matriek skryf het ook afgeneem, van 34% van leerders in 2018, na 31% van leerders in 2019.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, sê die afname in leerders wat wiskunde neem, is kommerwekkend. “Wat nog meer kommerwekkend is, is die persentasie matrikulante wat wiskunde met meer as 50% geslaag het.” Luidens die verslag kon net 20% van 2019 se kandidate hierin slaag. Dit beteken dat bitter min leerders toegang kry vir graadstudies in ʼn wiskundige rigting.

Buys sê uitdagings lê veral in die gehalte van onderwys, die vaktaal en sleutelbegrippe wat leerders moeilik verstaan. Sedert 2013 het die getal onderskeidings bykans gehalveer en die slaagsyfer met 4,5% gedaal.

Afrikaanse skole het wel effens beter in Wiskunde gevaar. Altesaam 6,5% van Afrikaanse leerders het ʼn onderskeiding vir Wiskunde behaal, teenoor die 2% van leerders nasionaal. Meer as die helfte (56%) van Afrikaanse leerders kon ook daarin slaag om wiskunde met meer as 50% te slaag.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die Skoleondersteuningsentrum. (Foto: Reint Dykema)

Buys meen dit is ook kommerwekkend dat 112 000 matrikulante tussen Januarie en Junie 2019 uitgeval het, nog voor hulle matriek kon skryf. “As ons dié syfer in ag neem, het net 66% van matrikulante wat in 2019 met matriek begin het, uiteindelik geslaag.” Sy wys ook daarop dat 16 skole landswyd ʼn 0%-slaagsyfer behaal het. “Dit is onaanvaarbaar. Die werkloosheidsyfer onder ons jeug is reeds 58%. Leerders wat matriek druip het nie veel van ʼn toekoms nie.”

Tog wys die SOS daarop dat daar steeds skole is wat uitnemend presteer het tydens verlede jaar se matriekeksamen. Veral Afrikaanse skole het hul weer in 2019 goed van hul taak gekwyt.

Luidens die verslag het 87% van leerlinge aan Afrikaanse skole verlede jaar die matriekeksamen geslaag. Amper die helfte van dié leerders (49,9%) het toelating tot ʼn B-graadstudie gekry.

Nege uit die twintig skole met die meeste onderskeidings landswyd, is Afrikaanse skole. Agt uit die 20 skole met die meeste wiskundeonderskeidings per kandidaat is ook Afrikaanse skole.

“Die feit dat Afrikaanse skole 13% meer graadtoelatings as die nasionale gemiddeld oplewer, bewys dat Afrikaanse skole ʼn reusebydrae tot die intellektuele kapitaal van die land lewer en dus talle toppresteerders oplewer wat goeie kandidate vir verdere

studies is. Die SOS gee graag erkenning aan Afrikaanse skole se sterk werkkultuur tussen leerders, onderwysers en ouers,” lui die verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

50 Kommentare

Swartwolf ·

Genade hoe is dit moontlik ? 32% gemiddeld vir wiskunde ? Het dit so moeilik geword of is daar iets verkeerd met die leerlinge ?

Willie ·

As jou minister van onderwys nie eers ses syfer getalle kan uitspreek terwyl sy dit aflees nie! Dink jy sy sal begrip hê van die getalle, wat meer verwag jy van haar resultate?

Judge Dredd ·

Dis nou die 40% van leerders wat wel wiskunde in Matriek geskryf het.
Dink net hoe laag dit sou wees as wiskunde ‘n verpligte vak was.

CK ·

Wanneer laas het jy probeer om Wisk in Gr 8 en 9 te doen. Dis belaglik wat hulle daai ouderdom kinders wil laat doen. Luister ook gerus RSG wanneer hulle met professors praat oor die tipe Wisk wat hulle moet leer en verstaan. Nie almal in die lewe is Wisk skerk nie en dit is ook nie die alfa en omega nie. Ek kry die kinders werklik jammer in daai grade. Wisk in ‘n verplikte vak regdeur jou skoolloopbaan, dis vir my sinneloos om kinders wat geen aanvoeling daarvoor het, te dwing om dit te vat nie. Hier kweek hulle ‘n totale verkeerde gevoel daarteen. Almal van ons gebruik Wisk in die lewe, maar werklik nie X Y ens nie.

Jimmy ·

Jy neem net Wiskunde in indien jy sekere beroepe wil beoefen, soos tegnologie. Die res van die bevolking kan ander vakke neem. Selfs ‘n vreemde taal soos Chinees of kookkuns is dan van groter waarde.

Piet Pille ·

Nee Swartwolf, fout le by onderwysers en afrikaans sprekende kinders wat deur ouers in engelse skole ingedruk word met die idee dat engels meer erkenbaar sal wees vir hulle in die toekoms

Michael Bouwer ·

Stuur vir my jou epos adress, dan stuur ek vir jou n’ e-book wat ek het vir jou n’ Hons wiskunde boek. Dan kyk ons hoe goed jy hom kan vertaal.

Ek was die enigste ou wat in engels geswot het by my koshuis op Universiteit, ek het saam al die ouens in die aande om die eetkamer tafel gesit en hulle gehelp om die wetenskap handboeke te vertaal. Hulle het dalk in afrikaans geswot maar al hulle boeke was in engels.

Die beste ding wat my ouers ooit kon doen was om my in n’ engelse skool te sit.

Johan Venter ·

Dankie Michael, dat daar darem IEMAND is wat vir Engels opkom.

Johan Venter ·

Skuus ek moes bygesê dit sou nou ‘nice’ gewees het as Maroela net in Engels kon verskyn het.

Ag asseblief ·

Ag asseblief Piet Pille. Dit het absoluut niks met die saak te doen nie. En daardie Engelse skole waarheen Afrikaanse ouers hul kinders stuur is byna altyd top presterende skole. Net soos meeste Afrikaanse skole. Die probleem lê by swak opgevoede onderwysers.

Kallie ·

Ja Michael, die Engelse is tog so slim. Ek bewonder hulle. Ek wens ek was ook Engels. Dit sou dan goed gaan met my.

Johan ·

Ek was in Afrikaanse skole en universiteit, en het sonder enige probleme nagraads by universiteit in VSA gaan studeer.

JP ·

Piet Pille, my kinders is Afrikaans en in ‘n Engelse skool. Hulle is van die top studente in die skool en al die Afrikaanse kinders floreer. Hulle sukkel beslis nie.

Arrie ·

Nou hoe kan so ‘n persoon eendag in ‘n Finansi”ele rigting werk. Stel jou voor hy moet jou pensioengeld verwerk.

Swartwolf ·

@Piet Pille – ek is seker taal speel ‘n rol maar hoeveel mense wat bv afrikaans sprekend is het in Engels student? Ek was op ‘n afrikaanse hoerskool en het analitiese en fisiese chemie studeer met wiskunde in my 1 ste en 2de jaar, en klaargemaak tot op honneurs vlak en meeste vakke was in engels aangebied. Dis nou donkie jare terug. Ek sou se dis die kwaliteit van onderwysers, asook die uiters swak bedryfs omgewing van sekere skole, 50 kinders in ‘n klas, beurtkrag, een handboek vir 5 kinders om te deel, ablusie fasiliteite by skole, dan natuurlik dissipline, onderwysers wat helfte van klasse nie by die skool is nie, onderwysers wat leerlinge uitbuit in ruil vir punte. Die leerlinge is die rou materiaal waarmee die onderwysers werk en natuurlik speel die kind se miljeu ‘n rol maar dit het nog al die jare. Ek dink die sisteem het so agteruit gegaan en die kinders word gefaal.

Kobus ·

Bouwer, I was originally Afrikaans. My parents sent me to English schools. I am English now. My children can’t speak a word Afrikaans, altough we live in Pretoria. We are so happy to be English.

Wingman ·

Ek stem saam Johan Venter, ek wens net my ds. wil ook in Engels begin preek. Alles is tog Engels.

Sven ·

Ja Arrie, maar dink net hoe baie geld gaan mense verduister danksy goeie wiskunde.

Eben ·

Ek wonder hoe die prentjie lyk sonder Model C skole. Geen wonder ons ekonomie is in vlarde.

CK ·

@Hb watse Wisk praat jy van, want ek werk GLAD nie met die tipe wat die Gr 8 of 9’s doen nie. Ek sê weer, as dit nie jou rigting is nie, hoekom wor die kinders gedwing om dit te moet vat.

Blowfish ·

ESKOM, SAL, SANRAL en ander staatsinstellings kry minder as 30% maar slaag volgens die regering!

my opinie ·

ek stem saam met Ag asseblief, ek het twee in matriek gehad die jaar en elke keer as my seun gevra het vir meer verduideliking was daar gese jy is nou mooi groot wat gaan jy daar buite doen ook jou baas heeltyd vra ek was herhaalde kere by skool en needless to say hy het sy wiskunde net net deurgekom, as daar nie so gou opgegee word op kinders vandag nie sou dit beter gaan, ja gee erkenning waar dit toekom daar is uitstekende onderwysers daar buite maar dan kry jy die odd ones wat net nie omgee nie maar ons is daar omdat die “kwota” so se ;-( maar ek is dankbaar vir die paar goeie onnies wat nog omgee net jammer my kind was nie in julle klas nie. Ons begin dalk dink if you cant beat them join them

Leon ·

Die taal is nommer een die probleem en nommer twee is, die beste onderwysers het of emigreer of het af getree met pensioen en ons onderwys opleiding stelsel het platgeval. Baie mense wat ek ken wat onderwys gestudeer het in dei laaste paar jaar reken die onderwys opleiding is pateties en hulle kon maar net sowel op hulle eie gestudeer het en sou dalk beter vaar. Bring die Onderwys Kolleges terug.

Pieter ·

My seun het in Afrikaans skoolgegaan tot in matriek. Toe gaan swot hy IT in Engels by `n Engelse Privaat Instelling.Hy het elke jaar onderskeidings gekry en `n beurs. Sy graad ook behaal. Van Afrikaans na Engels geen probleem. Sy toegewyde Engelse Onderwyseres het deeglike werk gedoen en sodoende gehelp dat hulle matrieks van 2013 so goed tweetalig is,

cr ·

Die antwoord is dat afrikaanse kinders meer gedisiplineer is, dis hoekom hulle beter vaar.

'n Onderwyser ·

Nee cr. Dis ongelukkig nie altyd die geval nie. Afrikaanse leerders het wel toegang tot beter opgeleide onderwysers.

'n Onderwyser ·

Daar is soveel faktore wat bydra tot die gemors waarin ons land se onderwys homself bevind. Ek dink dit is onregverdig van die “ons-weet-alles” publieklede op hierdie forum om sommer die vinger na een enkele element te wil wys. Dit is waar dat daar baie onderwysers daar buite is wat nie in ons beroep moet staan nie. Dit is ook waar dat die onderwyssisteem nie op standaard is nie – veral omdat onopgeleide, nie-opvoedkundige kundiges aan die stuur van sake is nie. MAAR…moet ook nie vergeet van die talle leerders wat die skoolgee proses op ‘n daaglikse basis ontwrig en nie onderrig WIL word nie. En nee – ek praat nie van “swak” skole nie. Ek praat leerders in goeie Afrikaanse skole. Wanneer gaan ons onsself vra wat ons verkeerd doen dat ‘n groot aantal leerders glad nie meer belangstelling toon in dit wat in die klaskamer oorgedra word nie? Wiskunde is nie ‘n prioriteit nie, want daar is geen onmiddelike nut vir vandag se jeug daarvoor nie. Net dit wat kits is, is belangrik. En die leerders wat wel hulle prioriteite reg het, moet probeer funksioneer in oorvol klaskamers vol onderwyser-boelies wat leer basies onmoontlik maak. Hierdie uitslae spreek van ‘n algehele siek samelewing – een wat obsessief geraak het met tegnologie en dit wat . Kyk maar – dit gaan nie net in Suid-Afrika so nie.

Schalla ·

Bring lyfstraf terug vir die belhamels. Dis al wat gaan werk. Ek stem saam met jou dissipline raak ‘n probleem orals. Ek voel so jammer vir onnies wat geen manier meer het om kinders wat dit moeilik vir almal maak te dissiplineer nie. As hulle ouers hulle dan nie maniere by die huis kan leer nie dan moet die onnies darem iets hê om hulle in toom mee te hou. Ek stem vir die lat, maar siende dat dit taboe is dan moet sulke probleem kinders summier geskors word, maar ja dan sal jy hul ouers (wat faal om dissipline by die huis toe te pas) binne ure by die skool hê om daarop aan te dring dat hul onskuldige bloedjies teruggeneem word en dat dit die onnie se skuld is en dan het jy ‘n hoof met balls nodig om vir sy onnie op te kom en voet by stuk te hou. Waarheen gaan hierdie wêreld van ons….?

Ja swaer ·

Onthou daar is honderde ‘zero fee’ skole in die land maw tradisionele swart skole, waar onderwysers nie die geringste idee het van die basiese begrippe van Wiskunde nie en ‘n handvol tradisionele blanke skole met goeie onderwysers. Die regering se gedwonge vermenging van onopgeleide leerlinge uit zero fee skole met goeie gehalte skole, het die hele mandjie patats vrot gemaak. Zero fee skole word met belasting geld gefinansier en is basies ‘n vermorsing van geld. 90% van leerlinge in SA het geen aanleg vir Wiskunde nie en sal dit nooit he nie, dus is ‘n 32% gemiddeld eintlik besonder goed. In Afrika terme

Alexz ·

Kan ek dus aanneem dat 32% van die volgende geslag intellektueel ten volle toegerus is om ñ sukses van die lewe te maak?
Skrikwekkend!

Christo ·

En dan weer net 32% van daardie geslag as dinge nie gaan verander nie…….nog meer skrikwekkend.

Walter ·

Nie almal het wiskunde nodig om eendag suksesvol te wees nie. Ja, indien jou kind ‘n siviele ingenieur wil word is wiskunde belangrik, maar daar is beroepe waar dit van geen waarde is nie. Skole moet sodanige leerlinge ontmoedig om wiskunde te neem. Die wat dit wel neem word neem word dan nie deur die res teruggehou nie.

Forie ·

Ja dis moeilik my kind was 219 in matriek en die probleem le by die onderwysers hulle kan die kinders nie help nie. My kind het van graad 8 af ekstra lesse gevat en groep kinders het self gestudeer en wiskunde uit gepuzzle. Hulle laat al die ou skool onderwysers wat nog onderwysers is loop en voer ons onderwysers in van orals en die kinders kan hulle nie eers verstaan nie. En as jy die probleem by die skool uit wys dan word dit gese jou kind is die probleem. So dank die Here my kind is klaar met skool. Moenie dink privaat skole is beter nie, hulle sukkel ook en hulle vat jou geld en doen min as moontlik.

EDT ·

Dit is so hartseer, 32% gemiddeld en dit is al klaar op laer standaarde as 30 jaar terug! Die probleem is die grondslag…. as die wiskunde nie van dag 1 reg verstaan word nie, gaan jy heeltemal verlore wees. Wiskunde is boustene, as hierdie jaar se konsepte nie reg verstaan word nie, gaan volgende jaar ‘n probleem wees, en dan die jaar daarna… tipiese sneeubal effek. Dit is tyd dat die ouers in hierdie land begin verantwoordelikheid aanvaar vir hulle kinders se toekoms.

jennefer ·

N ouer se gesindheid het die grootste invloed, of dit nou Afrikaans, Sotho, Engels ens is. As jou kind teen die ouderdom van 10jaar nie vlot die koerant kan lees nie, is sy denke nie groot genoeg vir Wiskunde. Sit die tv en playstation af en begin van baba ouderdom voorlees en lees.

DewaldS ·

Jy is reg Judge Dredd. Diegen wat die wiskunde-probleem’n taalkwessie probeer maak, begryp waarskynlik nie veel van Wiskunde nie…

Michael Bouwer ·

Enige persoon wat dink wiskunde is net n klomp nommers begryp heel waarskynlik nie wiskunde nis.

Michael Bouwer ·

Soos die persoon daarbo gese het, die artikel ‘A new non-perturbative approach in quantum mechanics for
time-independent Schrodinger equations’ is in engels, vertaal hom gou in afrikaans. Om in Engels te swot gee jou n hupstoot. Hou op jouself stupid hou. Ek het nie gese jy kan nie in afrikaans success behaal nie.

Michael Bouwer ·

Ek kan nie uitmaak of mense grap of hulle IK 2 is nie. Die wiskunde wat Judge daar kwoteer is graad 1 wiskunde, goed begin bietjie anderste lyk as jy op Univeristeit kom.

Frik ·

50 jaar gelede is alles in Afrikaans vertaal, selfs die term wat jy gebruik sou geen probleem gewees het nie. Dit het Afrikaans gehelp om ‘n erkende vaktaal te word. Net een van vyf tale wat dit in die 20ste eeu kon regkry. Nou trek selfs Afrikaanse slimmes hul neuse op vir Afrikaans. Met jou siening is Afrikaans binnekort weer ‘n kombuistaal.

Andre ·

Ek stem saam Frik. Almal is deesdae meer behep met hulle eie lewens en suksesse, want ons is tog so belangrik. Basta met die groter taalprentjie en die bydrae wat jy kan lewer om jou taal as vaktaal uit te bou. En almal wil net PhDs oorsee verwerf, maar minder as 0.01% sal dit wel kan doen. Ons akademiese voorgangers het ons hier opgelei in enige rigting denkbaar.

Petrus ·

Met ander woorde mnr Bouwer, dan moet wiskunde op skool ook in Engels aangebied word.

Wielspore ·

Laer slaag standaarde op skool filter deur na die arbeidsmark en lewer werkers op wat nie op standaard is.
Ek het gister ‘n probleem oplossing aanbieding van ‘n derde jaar universiteit student bygewoon en besef die huidige opvoeding stelsel lewer werkers op wat nie suksesvol kan wees. Daar is ‘n gebrek aan woordeskat, uitspreek van woorde, oordra van inligting vind nie plaas en probleem oplossing is nie moontlik. ‘n Derde jaar universiteit student lewer die werk standaarde van ‘n Gr 9 leerling.

Probeer ek ook se ·

We are concentrating on the 3 Rs- Reading wRighting and aRithmatics

Jax ·

Die probleem is weereens opvoeding. Daai arme onnies kan les gee tot hul blou is maar ons mag mos nie met n kind raas, dissiplineer of eens dop nie. Die kindertjies Sal mos emosionele skade oploop!
Die gespuis aan die stuur van onderwys het hul eie vingers afgesny en in die proses ook die van alle leerlinge – die goedjies Sal mos smelt as mens jou stem verhef en hul aanspreek oor hul gedrag en swak punte.
Ons alies was gelooi deur die onnies en ons ouers as jy swak gedoen het in n toets of eksamen.
Ek het een keer n geskiedenis toets gedop – die onnie het my goed afgestof, toe is ek hoof se kantoor toe waar sy lat my laat verstaan het dat dit nie weer Sal gebeur nie. Daarna is my ouers gebel om kantoor toe te gaan. Vir 15km het ek n lesing gekry oor respek vir jou werk, jou toekoms, my onnies se tyd en my ouers se insette. n Lesing wat ek vandag woordeliks onthou want na die lesing is ek, deur my pa, in letter-grepe weer geleer dat om n vraestel te dop, buite die kwessie is. Nooit daarna weer gedop nie en waar ek vandag is, is te danke aan onnies en ouers wat nooit opgegee het nie

Besigebytjie ·

…..fout lê nie net altyd by die kinders nie. My kind se 4de kwartaal klas gemiddeld was 44%. Daar moet ‘n probleem wees. In sommige Afrikaanse skole is die onderwysers ook maar lui en nie lus nie. Verduidelik 1 keer, wys net 1 metode, verwys jou kind na die “slim kind” om hulle te help. Wat is die doel wat ‘n kind wil bereik in skool ?….om te slaag en te leer. Die doel van onderwysers moet wees om aan die eiende van die jaar trots te kan sê my leerders slaag almal goed. Ek het my goed van my taak gekwyt, maar ongelukkig is dit nie alle onderwysers se sieninge meer nie. Dit is net ‘n salaris, 4 vakansies en soms nog ‘n 13de maand betaling. Hats off vir die onderwysers wat daai ekstra myl loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.