Sosiale media gons ná Mugabe-bedanking

Nando’s is bekend daarvoor dat hulle mense laat skater met hul spitsvondige en dikwels aktuele bemarkingsmateriaal en hul reaksie op Robert Mugabe se bedanking as president van Zimbabwe het nie teleurgestel nie.

Jacob Mudenda, die speaker in die Zimbabwiese parlement, het Dinsdagmiddag bevestig dat die 93-jarige staatshoof bedank het nadat hy 37 jaar lank aan bewind was.

Kort nadat die nuus van Mugabe se bedanking bekend geword het, het Nando’s op hul amptelike Facebook-blad grafika geplaas met die woorde “that’s a wrap” en “Farewell to the king of the take-away”. Dié inskrywing is meer as 1 700 keer gedeel en het meer as 5 600 likes gelok.

Nando’s was nie die enigste wat daarin geslaag het om die humor in dié geskiedkundige politieke gebeurtenis raak te sien nie. Verskeie ander humoristiese inskrywings in reaksie op Mugabe se bedanking is op Twitter en Facebook gedeel, met sommige sosialemediagebruikers wat ook met pres. Jacob Zuma die draak steek.

Hier is van die inskrywings wat sosialemediagebruikers aan die giggel het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.