Sosiale media gons oor soenfoto’s van Zuma

Die foto's wat die ronde doen op sosiale media.

Die foto’s wat die ronde doen op sosiale media.

Foto’s van ʼn jong vrou wat alte danig is saam met iemand wat op ʼn haar soos pres. Jacob Zuma lyk, doen die ronde op sosiale media.

Die foto’s is deur “Lindokuhle Dlamini” op Facebook gelaai met die onderskrif: “he is not just a blesser, we are deeply in love and i am grateful for everything he has done for me, much love. Xo xo.” Die Facebook-profiel is intussen verwyder. Die vrou op die foto is glo 19 jaar oud.

ʼn Paar sosialemedia-gebruikers beweer dit is een van Zuma se dogters op die foto met ander wat meen dit is “pervers” indien dit wel ʼn familielid is.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het nie op verskeie versoeke om kommentaar reageer nie.

Volgens ander mediaberigte is die presidensie wel bewus van die foto’s en word daar ondersoek ingestel na die bron daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

F BRITS ·

Niks wat die ou doen sal my verbaas nie, maar ongelukkig glo ek nie die storie is waar nie.

Kobus ·

Eers op die boude van ‘n gupta, nou op die wang van ‘n jong dame, ek kan nie wag vir die volgende berig (skildery) nie.

O’ja héél eerste het hy gestort. Dan was daar ook ‘n anderskildey van hom…..

Helen ·

Agge nee man, die man weet sy vat selfies van hulle, is hy regtig besig om ons uit te lok????

Hys die mees arrogantste man ever!!!

Johann Marx ·

Aaaaaggg wat gaan julle nou weer so aan en aan?? Dis maar net vroulief no 6 of 7…die nuwe vliegtuig het baaaaaiiieee seats, en daar is nog uitbreidings wat gedoen moet word by Nkandla, en sy familie lede gaan nog Jet Fuel kontrak kry, en as alles op is druk ons net NOG note met sy gesig op, en noem dit Zumas. 465 miljoen zumas vir ‘n dollar. Dan’s ons almal miljardêrs sonder kos of werk…Afrika paradys.

Lida ·

Ag tog is daar niks beter nuus nie. Indien sy dogter was SO WHAT. Hy mag mos.

zahn ·

As die woordvoerder van die presidensie nie reageer op versoeke nie is dit gewoonlik omdat hulle nie antwoorde het vir die hoof nar se nuwe streke nie.

Cherize ·

Is dit dalk hoekom 7de laan die poligamie storiun inbring? Ons word dalk voorberei op nuus?!

Sterretjie ·

Hy soek maar net bietjie afleiding net soos baie ander ouer mans. “Eggo boost”

Natasha Brittz ·

Hierdie ou se gesig is te wit en sy oë is te naby aan mekaar. Kan nie hy wees nie.

snoefie ·

cherize hy het al lankvior 7de laan baie
vroue en baie kinders gehad. disfeitlik die norm onder zoeloes.

Lance ·

Ag nee man die man n groot skande …geen wonder mense maak al walglike skilderye oor hom ….wat n damn skande …en hy is nogsteeds die anc se leier …se my BAIE van die tiepe mense wat lede is daar …

Elly ·

Ag wat dit is weer 1 of ander stund want watter jong meisie sien die ou krok raak.

Sê maar net ·

Dit is nie die Zoeloes se norm om meer as een vrou te hê nie. Daar is wel, maar al my kollegas asook hul families en vriende het slegs een man of een vrou. Juis toe Zuma met nr 4 getrou het het ek die vraag aan my vriendin en kollega gevra en sy het gesê dat meeste van hul kultuur glo aan een man vir een vrou, nie ‘n klomp vrouens vir een man nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.