Sosiale media ingespan om beursie se baas te kry

Catharina C du Preez SK

Opvolg: Catharina C du Preez is opgespoor met behulp van Maroela Media, kort nadat die berig verskyn het. 

ʼn Vrou van Danabaai in die Wes-Kaap het haar tot sosiale media gewend in ʼn desperate poging om ʼn student van Potchefstroom in Noordwes met haar verlore beursie te herenig.

“Omdat ek besef deur watter diep waters mens moet gaan om alles te kanselleer en te hernieu, hoop ek dat ons hierdie dame kan opspoor sodat ek die beursie aan haar terug kan besorg,” het Maria Morris Van den Berg Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Haar seun, Mario de Villiers (31), het Saterdag omstreeks 05:30 die beurse by Tweede Strand opgetel op pad om te gaan visvang.

Die beursie behoort aan ʼn ene Catharina C du Preez. Sy het ʼn studentekaart van die Universiteit van Potchefstroom in haar beursie asook ʼn rybewys, bankkaarte en verskeie ander kaarte.

“Ek het die betrokke banke geskakel en gevra of hulle haar nie kan kontak nie, maar hulle was nie juis behulpsaam nie. Ek het ook ʼn klerewinkelgroep geskakel waar sy ʼn rekening het, maar hulle het geweier om te help. Ek het die universiteit geskakel wat op hul beurt gesê het hulle sal kyk wat hulle kan doen en terugkom na my, maar ek het tot dusver niks van hulle gehoor nie,” het Maria bygevoeg.

Daar word vermoed dat Catharina moontlik oor die naweek die Diasfees in die omgewing bygewoon, en daar haar beursie verloor het.

Lees die opvolgberig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Die woord vermeende kan nie in die berig gebruik word omdat daar geensins na die reg stelsel verwys word. Vermeende word in die reg stelsel gebruik om na ‘n vermeende moordenaar, vermeende dief verwys word.

Appels ·

Ja Petrus, en jou eerste sin kort twee “nie’s”. O ja, en regstelsel is een woord. Dit bly tog steeds ‘n mooi storie.

Dave ·

Jy sien Petrus, jy kan nie oor die ononderbroke lyn ry en kla as ander dit (ook) doen nie. Jy sal moet werk aan jou spelvermoë.

Sune van Heerden ·

Dagsê Petrus

Dankie dat jy ons op die fout gewys het, die regstelling is gemaak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Priscilla Botha ·

Sjoe, dis mense soos Maria wat ‘n tevrede glimlag op gesigte sit oor haar eerlikheid en moeite om die eienaar van die verlore beursie op te spoor! So ‘n nuusberig laat al die negatiewe goed bietjie sagter lyk! Dankie Maria!

Liesl ·

Maroela Media verskaf al die nuus gratis aan ons. Waarom hul dan altyd wil kritiseer oor n klein foutjie? Kan ons nie net dankbaar wees oor die gratis brokkies inligting wat hul ons gee nie? Is ons ander dan volmaak dat ons van Maroela Media verwag om volmaak te wees? Hmmm, sover my kennis strek is niemand volmaak en perfek nie, so gun Maroela ook hul foutjies.

ANDRIES ·

Hi Liesl ja ek stem saam met jou ek werk baie ver weg van die huis af en ek geniet die koerant hier oor die water waar ek werk dankie Maroela die klein foutjies hier en daar pla net die wat dink hul kan dit beter doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.