Sosialemediaplasings oor plaasmoorde: MRK stel sy kant  

Een van die inskrywings wat die DA na die Menseregtekommissie verwys het.

Die Menseregtekommissie (MRK) sê hy beskou enige bedreiging van die reg op lewe, vryheid, veiligheid, gelykheid en waardigheid in ʼn uiters ernstige lig.

Die MRK het bevestig dat hy wel ondersoek instel na ʼn klagte wat hy ontvang het oor sosialemediaplasings wat plaasmoorde verheerlik en uitsprake wat teen persone gerig is op grond van hul ras.

“Die MRK beskou die aanhitsing of oproep tot geweld teen persone op grond van ras of op enige ander verbode grondslag in ʼn uiters ernstige lig en ondersoek die saak,” het Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, gesê.

Ten einde maatskaplike samehorigheid in Suid-Afrika te laat floreer moet die veiligheid en vryhede van alle Suid-Afrikaners gewaarborg word en moet die staat, en veral die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), dus die veiligheid van almal verseker teen die vlaag misdaad – insluitend misdade wat op plase gepleeg word.

“Gepaardgaande rassisme en uitsprake wat gerig is op die verheerliking van hierdie gruwelike misdade, veral dié wat op bepaalde groepe op grond van ras gerig is, behoort egter geen plek in Suid-Afrika te hê nie.”

Die DA het die afgelope maand verskeie sosialemediaplasings, wat oënskynlik plaasmoorde en -aanvalle verheerlik, na die MRK verwys om as haatspraak ondersoek te word.

Die MRK het egter aanvanklik dié klagtes summier verwerp en gesê die polisie is in ʼn beter posisie om dit te ondersoek. “Hoewel die kommissie saamstem dat hierdie soort inhoud onaanvaarbaar en onregmatig is, is dit eerstens, soos jy in jou klagte uitwys, ʼn misdaad.

“Misdaad val onder die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en is strafbaar deur heelwat strenger meganismes as wat die MRK tot sy beskikking het,” het die MRK se aanvanklike antwoord aan die DA gelui.

Dianne Kohler Barnard, DA-parlementslid en voorsitter van die party se werksgroep oor landelike veiligheid, sê dié party vertrou dat die kommissie van nou af sy mandaat ernstig sal opneem en die blatante misbruik van menseregte en haatspraak spesifiek rakende plaasaanvalle en -moorde onder die loep sal neem.

“Geweld en haatspraak teen sekere rassegroepe kan nie geduld word nie. Indien sulke voorvalle voorkom, moet dit ondersoek en die skuldiges gestraf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Martie Smartie ·

Aan die MRK: DIS N SISTEMIESE PROBLEEM. Julle weet dit goed, die sosiale media is deurspek daarvan om te diskrimineer en haatspraak teen witmense te verkondig. Doen julle werk, my belasting betaal julle salarisse en ook die sin waarteen haat verkondig word. Stel bevoegde forensiese rekenaar ondersoekers aan om die werklike identiteite vd haatsprekers vas te stel. Maar nee, julle sal nie, want dan ontbloot julle mos die ras en geslag vd skuldiges. En daardie ras en geslag kan mos nie rassiste wees nie, aldus die EFF

Persheks Adri ·

Hulle probeer ons vir suigstokkies vat! Moet nie ons intelligensie onderskat nie hoor! Julle is SOOOOOO in die ANC se gaaitjie en sal tog niks doen nie… Mense regte kommissie is NIE vir ons blankes NIE!

Persheks Adri ·

Ons het geen sê nie en MRK is so teen ons blankes nou moet SAPD saak ondersoek. Ewe useless ons kan net sowel teen ‘n muur vas hardloop!

Ons moet nag sê en dit sag sê eish!!!

Sarah ·

jong, steek n pakkie sigarette onder die kommentaar weg dan daag hulle dadelik op…

lollapot ·

Julle hoef nie te veel moeite te doen nie. . . begin by julius malema en BLF (Black Lable First)

ᛄᚪᚾ ·

En toe n Springbok rugby speler daarvan beskuldig word dat hy na bewering neerhalende rasistiese aanmerkings gemaak het teenoor n ander persoon inn kuierplek laasjaar? Die MRK het nogal in die media gesê dat hulle “n voorbeeld gaan maak" van hierdie speler. Dit voordat daarn ondersoek na die voorval BEGIN is, nevermind afgehandel was. Miskien moet die MRK herdoop word na OMRK. Aargh, wat help dit om huil oor hierdie soort ongeregtigheid

Adeline ·

Wel hierdie is nog steeds ‘n staats ingestelde departement en net die feit dat hulle verskoning gemaak het dat dit is ‘n sap(diens) geval van haat spraak. Die aanvanklike weiering om die saak te vat het alreeds daarmee gewys “Black Matter” teenoor Blank is alreeds ‘n aanduiding van waaruit die wortel van die organisasie bestaan en ontspring het. “Black Matter” maar “Blank Matter nie”. So miskien sal hulle nie net sê en praat op papier nie maar dalk en dit is ‘n groot dalk, sal hulle geregtigheid in die wortel van hulle bestaan sit en begin optree met ernstige gevolge vir die oortreders van die “Mense regte wet”…. maar ek wonner ernstig na aanleiding van slegs praat, praat, praat in hierdie land. Die enigste bewys van dit word nie net gepraat nie – is die geweldige gruwelike martelende aanvalle van ernstige mishandeling en moorde op blanke (spesifiek) wat daaglike regoor ons land plaasvind na aanleiding van die wortel van haatspraak deur die rooi pet brigade leier malemma.

Dries ·

Ek verstaan nie hoekom die MRK so ‘sukkel’ met hierdie aangeleentheid nie. Sunette Bridges is na hulle hoofkantoor ontbied oor wat ander mense op haar Facebook blad skryf. So waarom die MRK nou eers ge-uhm en ge-ahm het oor hierdie saak, en nie seker was of die polisie moet ondersoek of hulle self nie, gaan my verstand te bowe.

Anoniem ·

Die MRK sal niks hieraan doen nie, want hulle is niks anders as die regering se nie amptelike vervolgingsgesag nie. Kyk maar net wie is werksaam by die MRK en die prentjie ontvou soos daglig.

wimpie ·

“Geweld en haatspraak teen sekere rassegroepe kan nie geduld word nie. Indien sulke voorvalle voorkom, moet dit ondersoek en die skuldiges gestraf word.”

DIE BERIG WORD AFGESLUIT MET BOGENOEMDE STELLING KYK WEER NA DIE STELLING “SEKERE RASSEGROEP” SO MAW AS DIE BLANKES IETS SE WORD HULLE VERVOLG SOOS AL BEWYS IS AS DIE DIE ANDER RASGROEPE IETS SE DAN WORD DIT ONDER DIE MAT INGEVEE SOOS AL OOR EN OOR EN OOR OJA EN OOR AL BEWYS IS

SO WIE IS DIE DIE SEKERE RASSSEGROEP WAARVAN DAAR GEPRAAT WORD

Jannie van Niekerk ·

Diue MRK sal absoluut NIKS doen of optree teen enige anderskleuriges wat wat midsdaad teen blankes aanhits nie. Gaum en sy trawante se oogpunt is mos dat Blankes geen menseregte in hierdie land het nie. Enige verskoning om nie teen haatspraak deur swartes teenoor blankes op te tree nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.