Sóveel dok belastingbetalers op vir vlug na Kuba

Medici van Kuba kom in April 2020 in Suid-Afrika aan. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler het sowat R9 miljoen opgedok om mediese toerusting en beskermende drag per vliegtuig in Kuba te gaan aflaai, asook om Suid-Afrikaanse mediese studente wat in Kuba afgestudeer het, te gaan haal en na Johannesburg terug te bring.

Dit blyk uit ʼn antwoord van die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula op ʼn skriftelike parlementêre vraag van die DA-LP Kobus Marais.

Die vlug, met ʼn SAL-vliegtuig wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gehuur is, het in Julie verlede jaar uit Johannesburg oor Windhoek na die Kubaanse hoofstad Havana gevlieg, en vanaf Havana na Johannesburg teruggekeer.

Mapisa-Nqakula het gesê die vlug na Havana se vlugnommer was SA 2968, en dit het noodsaaklikhede soos gesigmaskers en toiletware na die Suid-Afrikaanse mediese studente in Kuba geneem.

Die studente keer gewoonlik jaarliks vir ʼn halfjaarvakansie na Suid-Afrika terug, maar weens die koronavirus was dit verlede jaar nie moontlik nie.

Vlug SA 2968 het op 3 Julie vanaf Johannesburg opgestyg en eers in Windhoek aangedoen om noodsaaklikhede op te laai vir Namibiese burgers wat weens die virus in Havana gestrand is.

Dit het gevolg op ʼn versoek om hulp wat deur diplomatieke kanale deur die Namibiese regering gerig is. Die koste hiervan (sowat R1,9 miljoen) sal deur die Namibiese regering gedra word.

Die doel van die vlug was egter om voorrade aan die Suid-Afrikaanse studente in Kuba te verskaf, asook om 126 afgestudeerde Suid-Afrikaanse mediese studente uit Kuba terug te bring, vergesel van ʼn paar Kubaanse motorwerktuigkundiges en een Kubaanse onderwysraadgewer.

Vlug SA 2969 is dus dieselfde vliegtuig wat teruggevlieg het met die 126 studente en 56 Kubane wat in Windhoek afgelaai is op versoek van die Namibiese regering, het die minister gesê.

Die algehele koste van die vlugte vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler was R9 442 437,32, waarvan sowat R1,9 miljoen deur die Namibiese regering betaal sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ian ·

Amper een jaar na die vlug en die Namibiese regering gaan nog betaal. Wie lieg vir wie.

Persheks Adri ·

Die regering mors ons geld vir verdomde snert! Dis seker hoe dit gaan as jy ander mense se geld links en regs kan uit deel en nie werk vir jou eie geld nie gggmmmfff

Samuel ·

Ek stem saam met Ian, wie lieg vir wie? Kan ‘n mens ooit glo wat ‘n ANC minister sê?

Corne123 ·

Nou die polossing is maklik.
As een van die reering se lede presedent of dan nie weer siek word oud of jonk stuur die kuba dr om te behandel belowe niemand sal kla nie laat die kuba dr ook covid onderbeheer bring vir ons

ouMo ·

Hulle kon R4,5 milj gespaar het as hulle die toiletpapier in Kuba gekoop het en net een vlug van Kuba bespreek het…

Casper ·

Hulle praat van toiletware en nie toiletpapier nie.Lees reg of kry ‘n bril. Wat my aanbetref was die vlug noodsaaklik.

Danie ·

Gaan ek ook kom haal word indien ek in n oorsese land studeer?

John ·

Wat maak die Kubaanse Mediesie beter as Suid Afrikaans sin??? Geld mors op kommunisme…..seker ook hoekom hulle Kommunistiese ideologie in Suid afrika wil plant want hulle skuld die Kubane wat die oorlog nie kon wen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.