Elektrisiteit gespaar tydens aarduur; bekende plekke afgeskakel

Die Sydney-hawebrug se ligte is ook afgeskakel Foto: sailcorp.com.au

Die Sydney-hawebrug se ligte is ook afgeskakel Foto: sailcorp.com.au

Suid-Afrikaners wat Saterdag deelgeneem het aan die wêreldwye aarduur het ʼn bydrae gelewer om die planeet te red.

Suid-Afrika het ongeveer 575 megawatt Saterdag tydens aarduur gespaar, het Eskom Sondag gesê.

“Suid-Afrikaners het bewys hulle kan elektrisiteit bespaar toe hulle Saterdag om 20:30 hul ligte tot 21:30 afgeskakel het,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die elektrisiteit wat gespaar is, is genoeg om elektrisiteit te verskaf aan ʼn stad so groot soos Polokwane in Limpopo. Eskom het die vermindering in elektrisiteit gemeet aan die gewone verbruik op ʼn gemiddelde Saterdag.

Tonne steenkool is gespaar en minder kweekhuisgasse is vrygelaat om die planeet te beskerm.

Wêreldwyd is ligte afgeskakel by bekende toeristeaantreklikhede soos die Sydney-hawebrug en Operahuis in Australië; die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa in Dubai; Sint Petrus-basiliek in Vatikaanstad; die Eiffel-toring; Buckingham-paleis; die Christus-standbeeld in Rio de Janeiro; en die Empire State-gebou en Times Square in New York.

Tafelberg se ligte, wat met spesiale geleenthede aangeskakel word en Saterdag vir die Jazzfees gebrand het, is ook tydens aarduur afgeskakel.

Aarduur het in 2007 in Sydney, Australië, begin. Meer as 7 000 stede en dorpe neem tans jaarliks daaraan deel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.