Soveel gaan brandstofpryse styg

Argieffoto

Argieffoto

Brandstofpryse gaan op 1 Junie beduidend styg.

Die departement van energie het Maandag aangekondig dat die prys van petrol, sowel 95- as 93-oktaan-petrol, met 52c per liter styg, terwyl die groothandelprys van diesel met 76c per liter styg.

Volgens die departement kan die styging in brandstofpryse toegeskryf word aan die rand wat ietwat swakker verhandel het en ’n styging in die prys van internasionale petroleumprodukte.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het
gesê die styging sal tot gevolg hê dat die kleinhandelprys van 93-oktaan-petrol in Gauteng vanaf 1 Junie R12,96 per liter sal wees en die groothandelprys van diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud R11,29 per liter.

“Ten spyte van die jongste stygings sal die prys van petrol steeds 12c laer as in Junie 2015 wees en die groothandelprys van diesel ook steeds 38c laer as in verlede jaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Wat help dit julle roei die werkende publiek uit? Hoe gaan julle dán die ekonomie onderhou?

Andre Bence ·

Erens bevark iets of iemand ons vreeslik. Toe die olie prys van 160$ per vat na 36$ per vat gedaal het die brandstofprys nie beduidend beweeg nie. Nou is daar elke keer ʼn toename as die $ prys toeneem.

Paul ·

Andre, jy onthou eenvoudig nie reg nie. Die prys van olie was nog nooit op $160 per vat nie. Die hoogste wat dit nog ooit was, was ongeveer $145 (in 2008) en in meer onlangse jare, van 2011 tot vroeg in 2014 het dit op ongeveer $110 per vat verhandel. Dit het inderdaad ook vroeg vanjaar tot LAER as $36 dollar gedaal, met ‘n laagtepunt van sowat $27 per vat. Intussen is dit weer terug by digby $50 per vat.
En ook, dis mos glad nie waar dat die petrol- en dieselpryse hier “nie beduidend beweeg” het terwyl die prys van olie geval het nie. Vroeg in 2014 het petrol in Gauteng R14,11 per liter gekos. In Februarie 2015 het dit R10,09 gekos. Dis ‘n daling van meer as R4 per liter, of byna 30%. As mens slegs na die “basiese brandstofprys” kyk (die deel wat deur oliepryse en die wisselkoers beïnvloed word) dan was dit R8,52 vroeg in 2014 en in Februarie 2015 was dit R4,28. Dis ‘n daling van 49,8%!

As jy so dink dat iemand jou “bevark”, dan moet jy darem wraggies met die regte syfers werk, ou bul. Al hierdie syfers is vryelik op die internet beskikbaar. Google is jou vriend.

Irene ·

Jammer as jy nie petrol toelaag kry nie dan gaan ons swaar kry

venushka ·

die regering tap ons leeg, alles kos ons maandeliks net duurder en duurder, en zuma en die res wat vir hulle self so n helse salaris trek voel dit glad nie, ons moet net hoes en ons lewens standaarde aanpas by dit wat ons kan bekostig terwyl hulle ONS geld lings en regs blaas, hoekom doen iemand nie iets omtrent die situasie nie, ons hoor hoe hulle verlede week se daar is nie geld nie maar zuma sal wragtig sy nuwe straler kry, nou wel cheers zuma, laat hy val waar hy wil! julle is besig om hierdie land teen n helse spoed in die afgrond in te stuur en dan is die wittes nie meer daar om julle onverantwoordelike gedrag te red nie want hulle (ons) sal uitgemoor wees.

Adrian ·

Zelda dit is die grootste bedrog. Vulstasies vra tot R50 meer op n 9 kg tenk. Ek het internet ingegaan of die pryse gereguleer is en sowaar dit is. Elke maal wanneer pryse styg kry die klein handelaar n lys @ watter prys per kg. Net een motor hawe werk volgens die prys en die bestuurder het my die pryslys gewys ons word uitgebuit deur die ander spul. Die tyd het aangebreek dat pryse in die media vir gas ook aangekondig word

Paul ·

Die maksimum kleinhandelprys vir LPgas is van more af in Gauteng R21,58 per kilogram. Aan die kus is dit R19,76 per kilogram.
‘n 9kg tenk mag dus in Gauteng ‘n maksimum van R194,22 kos om te vul vanaf more. In meer afgeleë gebiede sal dit ietwat meer wees.

Die kleinhandelaars van LPgas mag minder vra vir die gas as hulle wil, maar hulle mag dit volgens die regering nie vir meer verkoop nie. Of dit reg is dat die regering die pryse beperk, is ‘n ander vraag. Dis juis die rede waarom daar elke nou en dan tekorte van gas voorkom.

Riana ·

Julle hoe gaan ons in hierdie land elke maand oorleef. Het lanklaas so swaar gekry soos nou en dit word net erger dat mens niks meer met jou salaris kan doen nie. Dit gaan in en uit.
Mens sosiale nie eers meer nie want mens kan nie jy sit net alleen by jou huis.

Nee kyk die land van ons maak dit nie maklik om te lewe nie. Dis hkm die moord en selfmoord syfer so baie is die mense raak moedeloos want waarvoor werk jy n maand. En dit is hkm so baie mense op antidepressie medikasie is deesdae want mens Cope net nie om positief te bly nie.
Dan maak die die land se politiek ook so strooi vir ons.

Reinhardt ·

Stem saam. Ekt gedink toe ek my graad verwerf dat ek n goeie salaris sal verdien, maar ek kan net net bekostig om naby (10km) aan die stad te woon. Ek weet nie hoe mense met slegs n matriek, wat nie hul eie besigheid besit nie, dit regkry om te oorleef nie.

Cherokee ·

Ag jimmel, dat grootmense sulke nonsens kan praat. Ek weet selfs van iemand met slegs std 2 wat ‘n groter inkomste as jy het.

vermeende ·

Zuma se kleinkind kom na hom toe gehardloop, oupa, oupa kom kyk ek het n nuwe swembad en dubbel verdieping hoenderhok gekry, en al my oumas het nuwe karre gekry…….wat kry oupa? ‘n nuwe jet my kind!

Betaal sal ons betaal.

Paul ·

Hierdie prysstygings het niks met belasting te doen nie, vermeende. Die belasting op petrol en diesel is vaste bedrae per liter, nie ad valorem soos BTW nie. Daar is geen BTW op petrol en diesel nie. Belasting op petrol en diesel styg slegs een keer jaarliks, in April.
Maar ek moet seker nie ‘n lekker storie met feite kom “spoil” nie, of hoe?

Frans C ·

Jy is reg Paul maar vervoer is ‘n belangrike skakel in die distribusienetwerk van goedere.Voeg daarby die onnosel E-toll en jy het ‘n resep om die inflasievure hoog en helder te laat brand.

Paul ·

En hoe gaan dit die regering se belastinginkomste verhoog?
As jy sê: “Omdat daar BTW is op alle produkte en die pryse styg dan en dus styg BTW-inkomste.” maak jy ook ‘n fundamentele fout.
Die vraag wat jy moet vra, is of daar meer waarde geskep word. Slegs indien daar meer waarde as voorheen geskep word, kan die reële BTW-inkomste verhoog. In hierdie geval word daar nie meer waarde as voorheen geskep nie – besteding word, inteendeel, vanaf BTW-draende produkte en dienste na nie-BTW-draende produkte verskuif, wat die staat se BTW-inkomste laat daal.

Frans C ·

Paul
Die Staat balanseer nie sy boeke deur inkomste as reële inkomste te toon nie.Die Brandstofheffing van 1998/1999 tot 2012/2013 het volgens die Nasionale Tesourie ‘R340 billion’ beloop. Nene het die heffing behoorlik gemelk in sy begroting en die verwagting is dat motoriste en ander ‘n ekstra ‘R17 billion’ uit die sak gaan jaag.

Al die heffings maak dit steeds moeiliker om mededingend in die wêreldmark te bly omdat
daar reeds minder investering is ,volumes daal en produksiekoste styg.

Paul ·

Frans, lyk my nie jy verstaan wat ek sê nie. Die staat balanseer juis, en onvermydelik, sy boeke deur reële inkomste, aangesien kostes vir die staat ook styg wanneer pryse styg.
Onthou, die brandstofbelasting is ‘n vaste bedrag per liter (buiten wanneer dit in April een maal jaarliks aangepas word), so die enigste ding wat bepaal hoeveel geld die staat uit die brandstofbelasting inkry, is hoeveel petrol en diesel verkoop word. Dis eenvoudig – die bedrag belasting, vermenigvuldig met die aantal liters brandstof. So as die prys styg maar die bedrag belasting per liter bly dieselfde, neem verbruik van brandstof marginaal af, so die staat kry MINDER geld, nie meer nie.

Johann ·

Nog n gevolg van totale verwydering van realistiese beplanning. Om nie te praat van BELASTING TOT DIE DOOD om die ANC se wense en drog gedagtes te finansier. Oppas…daars MIN dunge wat so hard slaan soos n blinde sambok nie. Nog meer as jy die Suid Afrikaanse publiek aanhoy besteel…

Rooiman ·

Teen die tempo kan n mens nie meer bekostig om werk toe te ry nie!

Reinhardt ·

Stof maar daai fiets in die garage af. Ek ry lankal nie meer kar werk toe nie.

DEE ·

Mens sal seker dan maar moet hoop en bid jy word nie langs die pad van jou fiets afgruk en vermoor of verkrag of beide nie. Nee wat. Ons betaal ons kruppel aan belasting en kry niks daarvoor in ruil nie. Ons kinders kan nie gratis swot nie, die mediese dienste is eerder n marteling as hulp. Paaie is n n slegte toestand en so kan ons maar aangaan. Lewenskoste styg aanhoudend.

Lance ·

Verbaas mens gladnie na die uitlatings van mense in die regering ….IMF lening wag

jaco ·

ek kan verstaan dat stygende pryse van petrol en klomp ander goed, asook stygende rentekoerse, maniere is om die ryk wit mense vir apartheid terug te kry, maar dink die ANC ooit daaraan dat hierdie stygende lewenskoste ook ‘n negatiewe effek op hulle eie mede-swartmense het?

Paul ·

Dis nie korrek nie, jaco. Dis g’n ‘n manier om “ryk wit mense terug te kry vir apartheid” nie. Waar kom jy daaraan?

Cherokee ·

Interessante stelling wat jy maak Jaco, wanneer jy sê dat die Arabiere en ander Oosterse lande (lees olielande) die ryk (Suid Afrikaanse) witmense vir apartheid wil straf. Nou ly die hele wêreld daarvoor!

vermeende ·

Paul dit maak nie saak hoe die brandstof prys opgemaak word en geregverdig word nie of wat die persetasie belasting daarop is nie. As die geld uit elke lieter petrol net gegaan het waarvoor dit bedoel was dan sou ons geen tolpaie gehad het nie, ook nie slaggate nie en mense sou nie 10jaar gewag het vir uitbetalings van padongelukke fonds nie. Waar gaan die geld heen?
In die staatskas in en word verdeel volgens die begroting na al die departemente, polisie wat vir al die vroue karre koop, weermag wat die jet koop, of is ek nou heeltemal verkeerd en die regering eerbaar.

Paul ·

Wat jy basies nou sê is: “As almal alles reg doen, dan sal alles reg wees.” Dis nie ‘n argument nie, dis utopiese denke.
Natuurlik is dit waar, maar dis soos om te sê: “As die lug groen was, dan sou die lug groen wees.”

Voorlaaier ·

Is daar dan geen einde aan my ellende nie?!!…. ou voorlaaier sal ma moet perd opsaal en werk toe galop.

Cherokee ·

Het jou perd die oliepryse gelig? Waarom moet vos nou daaronder ly!

Gesiggie ·

Ek raak bang… dink ons sal maar weer moet terug gaan na die ou dae, en van donkie karre gebruik moet maak, ons sal maar net baie vroeg moet opstaan , om te sorg dat ons betyds by ons bestemmomg kom…als gaan op, maar die selaris bly dieselfde,.. ag kom nou Zuma maak n plan asb man.. teminste 20% verhogings… op selaris tussen R10 000.00 en R15000.00?? OF ons sal maar saamry geleenthede moet skep? Familie gaan soos vreemdes voel, want n mens gaan nie meer kan gaan kuier… ”’ OH” NEE EK WEET NIE MEER…. RAADOP”’

Paul ·

Wil jy hê Zuma moet jou werkgewer verplig om vir jou ‘n salarisverhoging te gee? Dis nou wolf skaapwagter maak!

Johann Marx ·

Maak daai prys R25 ‘n liter. Suid Afrikaners sit in hulle duisende een een in halfmiljoen Rand karre op die tolpaaie……Begin saamry klubs, motiveer jou werkgewer om ‘n busdiens in te stel. Kry vir jou ‘n scooter. Ry saam of ry bus. My brandstofkoste was so 4 jaar terug R2 200,00 per maand…..nou sit ek op die bus elke oggend R492 per maand…en my Fortuner staan veilig in die motorhuis by die huis….niemand stamp my nie, geen taxis irriteer my nie, en ek hoef nie te bestuur nie. Daar is altyd ‘n plan om te maak….maar ons gemaksugtige Suid Afrikanertjies WIL maar net nie.

danie ·

Jy slaan die spyker op die kop, mense leef bo hulle inkomste,

Lee-anne ·

kan lankal nie meer behoorlik kos beskostig nie – net die noodsaaklikste brood en melk. Verder is die net petrol, munisipale rek, skoolgeld, verband. Koop lankal nie meer klere nie.

vermeende ·

Paul wat ek se is, jou petrolgeldjie vind maar tog sy weg na n firepool, kar, of jet want dit word nie gebruik waarvoor dit bedoel is soos die brandstof prys huidaglik saamgestel is nie.
Jammer maar hierdie was of is nie n argument nie, almal los maar net kommintaar.

Paul ·

En dit het absoluut niks met die styging in die prys te doen nie. Voor die styging het jy vir elke liter petrol R2,89 aan algemene belasting betaal en nog R1,54 het na die Padongelukkefonds gegaan. Ná die styging gaan daar steeds slegs R2,89 na algemene belasting (wat vermors word) en steeds slegs R1,54 na die Padongelukkefonds (wat ook vermors word). Dis nie die belasting se skuld dat die prys in Junie styg nie.

Frans C ·

Die stygende olieprys en verswakkende Rand is mi die grootste faktore wat bydra tot die verhoging in brandstofpryse. Pryse styg oor die algemeen omdat aanvraag verhoog en aanbod daal. Omdat daar baie lande in die midde Ooste is asook Venuzuela wat hul begrotings hoofsaaklik uit olie-inkomste finansier en met die dalende prys dus ‘sukkel’
kan ‘n mens verwag dat hul hul vet handjies met genoegdoening oor hul magies vryf as die olieprys styg.

Waarom die Rand steeds val is ook hoofsaaklik te wyte aan vraag en aanbod. asook die tekort op die lopende rekening wat ontstaan as jy steeds meer invoer as uitvoer. UItvoere
word bepaal deur aanvraag in die buiteland na gehalte produkte teen mededingende pryse.
As jy aanhou om loons en salarisverhoging toe te staan sonder gepaardgaande verhoging in produksie en produktiwiteit prys jy jouself uit die internasionale mark en gaan kontrakte na lande met laer produksiekoste en dieselfde gehalte produkte.

Wie wil nou regtig belê in ‘n land waar misdaad hoog is, daar latente gevare is dat jou werkers om enige rede staak en daar mense wat as hul (EFF) aanbewind kom alles sal nasionaliseer of jou besigheid onderworpe is aan ‘n RA en SEB stelsel en boere gedwing gaan word op ‘n 50-50 basis te boer?

Jef ·

Die tyd het aangebreek dat ek my oupa se stoomtrekker uit die skuur moet haal……neee wag ek bietjie vergeet dis droogte in SA.
Nou kom daai liedjie se woorde in my gedagte……..swaar sal jy kry da la la swaar sal jy kry.

vermeende ·

Komaan Paul, het ek belasting die skuld gegee. Die rand het verswak en die olie prys is op, ek kon al laas maand vir jou gese het die prys sal klim.
As Zuma net sy mond sal hou en eerder op verlof wil gaan dan kan ons volgende miskien weer n verlaging sien want die olie mark lyk redelik stabiel en die noordelike halfrond beweeg nou somer toe maar dit is seker teveel gevra van Zuma met die komende verkiesing.

Ou Krimpvark ·

In 1961 het jy R0.71 nodig gehad om een VSA dollar te kon koop, nou het jy R15.83 nodig! Oplossing: Spaar, spaar en spaar en produseer meer en meer en meer totdat jy net R0.71 nodig het om een VSA dollar te kan koop. Vergeet wat die ekonome en politici jou wil tuismaak. Inflasie en lae rentekoerse is niks anders as ‘n vorm van diefstal van die South African Animal Farm skape nie.

Hannes marais ·

Wat kry jy as jy zimbabwe en venezuela kruis……suid afrika…..rampspoedige dae maande dalk jare le voor….venezuela is die nuutste toevoeging van lande wat afgegradeer word a.g.v hul regering se inhalige diefstal van die staatsgeld…daar gaan nou so erg…skole hospitale en ander regerings departemente is net n drie of vier dae n week oop…kragonderbrekings elke dag en dan natuurlik groot plundery en opstande deur burgerlikes….een van die mooi dae dans dit hier ook die geval

cobusp ·

Die petrol prys en Ander verhogings is niks nuut nie……..hoekom dus verkiesing en die ANC se bank rekening is oortrek nie n sent in nie en hulle moet n verkiesing baklei en het miljoene nodig so raai waar hulle gelld gaaan kry………by die revering en dus die maklikste om dit te steel uit die petrol fonds……..nou betaal ons blankes ook sommer die ANC se vefkiesings veldtog en maak seker zuma bly aan bewind……….hoe lekker lag zuma in Sy mou weereens die wittes gevang………..laas week het dit uitgekom meeste van die olie vir brandstof vir buffer vorraad dat ons nie ledg loop nie is aan n anc mpy verkoop thebe investments vir $28 dollar per vat maar die olie prys is tans $50 dollar per vat………thebe gaan dit terug verkoop aan die regering in die biljoen winste gaan hulle n gedeelte vir die anc gee om die verkiesing ook mee te baklei………skelm skelm

Paul ·

Foutief. Lees my reaksie aan Frans C hierbo. Wanneer die prys van petrol styg, kry die regering MINDER geld in deur belasting, nie meer nie.

lynette ·

Ons kan maar net sowel terug gaan na donkie karre . Weet iemand dalk waar kan ons donkies koop

Joann ·

Paul tender jy vir ministers pos?? Of is party mense met oog klappe uitgerus? Die parlementslede betaal niks of baie min vir brandstof,almal ry met luukse voertuie,dus hul voel nie die styging in brandstof nie. Salarisse is hemel hoog,dus voel hul ook nie voedsel uitgawe nie. Ons is die loosers.

Paul ·

Nee, Joann – daardie werk wil ek nie hê nie. Al wat ek doen, is om die feite te stel. Kom sê vir my waar my feite verkeerd is, en ons gesels verder.
Dis nie die parlementslede wat die prys van petrol beheer nie. Daar is ‘n vaste, gepubliseerde formule – jy kan self gaan uitwerk met niks meer as hoërskoolwiskunde nodig daarvoor nie.

Tiger ·

Ai ai ai party mense darem!Paul jy’s heel reg.My man sit elke dag die wisselkoers EN die Brent olie prys op die internet en dophou en weet lank voor die end van die maand of ons meer of minder gaan opdok vir brandstof in die komende maand.Dis simpel om uit te werk!Ons bekommer ons nie soseer oor die styging in brandstof pryse die maand nie maar eerder op ‘n wettige mannier om vir jouself ‘n bietjie voorraad op te gaar vir waneer die nood voorraad wat Joemat Petterson “weggee” het en dus nie meer daar is nie ,benodig word in die land.DIT is ‘n ernstiger saak as brandstof pryse glo my!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.