Soveel geregistreer om in munisipale verkiesing te stem

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat ʼn bykomende 2,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer het om in die komende munisipale verkiesing te stem.

Mosotho Moepya, hoofkiesbeampte, het die kieserslys geverifieer en dit bevat die name van 26,3 miljoen Suid-Afrikaners wat op 3 Augustus hul kruisies sal mag trek. Volgens die OVK het 11,3% meer mense geregistreer om in vanjaar se munisipale verkiesing te stem as in 2011.

“Ongeveer 55% (14,47 miljoen) van kiesers is vroue en 45% (11,87 miljoen) is mans. Gauteng het die meeste kiesers, naamlik 6,2 miljoen, gevolg deur KwaZulu-Natal met 5,4 miljoen, die Oos-Kaap met 3,3 miljoen, die Wes-Kaap met 3 miljoen, Limpopo met 2,5 miljoen, Mpumalanga met 1,9 miljoen, Noordwes met 1,7 miljoen, die Vrystaat met 1,4 miljoen en die Noord-Kaap met 621 310 kiesers.”

Die kieserslys sal van Vrydag af by OVK-kantore landwyd beskikbaar wees vir inspeksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik ·

Witmense is sowat 2 % van die stemgetal. Dit is sowat 52 000 mense uit 2600 000. Die mag le beslis in die swartmense en hulle stem bepaal die toekoms van S.A. Die minderheidsgroepe sal al die proposionele sitplekke in die rade vul. Demokrasie op sy beste.

Johann Marx ·

Dis ‘n aanvaarde feit dat hier ongeveer 55 miljoen mense in SA is. 26,3 miljoen is geregistreer om te stem. Die ANC kry 50+1% en “wen” die verkiesing, m.a.w. net meer as 13 miljoen mense (uit 55 miljoen) stem vir hulle….en dan noem ons dit ‘n “meerderheidsregering”? Nou bepaal 13 miljoen mense se “stemme” die oorblywende 42 miljoen se lot? Is dit demokrasie?

Reinhardt ·

Johann, jy moet in ag neem dat die totale bevolking 55miljoen is. Meerderheid is onder 18… hulle mag dus nie stem nie.

Paul ·

Onthou, diegene onder 18 mag nie stem nie. Daar is ongeveer 20 miljoen mense in Suid-Afrika jonger as 18.
Dit beteken dus dat daar sowat 35 miljoen mense van 18 en ouer is. Uit hierdie groep is 26,3 miljoen (75%) geregistreer om te stem. As daar, soos in jou voorbeeld, 50%+1 mense vir die ANC stem, dan is dit 13,15 miljoen mense, wat sowat 38% van die totale bevolking ouer as 18 is.

Nie dat hierdie som in elk geval baie relevant is in PLAASLIKE verkiesings nie…

Henk Venter ·

Ek kan nie anders as om te wonder hoeveel van hierdie geregistreerdes, oues en nuwes, kom uit die res van Afrika nie?

John ·

Ja Henk , die syfer vir die stemgeregtigdes lyk verdag. As 26,3 milj mense kan stem en ons is sowat 55 miljoen in die land, volgens Statistiek SA, dan is net bietjie meer as die helfte of nie geregistreer nie of jongers as 16. Volgens ander syfers is die grootste groep van die bevolking dan jongmense en kinders. Nerens was lang toue mense, volgens die pers, wat gewag het om gelys te word nie Die onbekende getal is dus diegene sonder adresse. Wat ons laat kom by jou vraag en wat my ook laat wonder: Word die name van uitlanders en spoke ook gelys? Groot baklei wag.

Johannes ·

Ek moes twee keer gaan registreer want met algemene vekiesing was adres alles 100% korrek en toe uit die bloute kry ek ‘n SMS my adres is onvolledig.Hoe is dit moontlik.Laat mens wonder.
Ek wil ook se daar is duisende uitlanders op kieserslys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.