Soveel gevalle Covid-19 nou in SA

Argieffoto (Foto: Francisco Seco, AP)

Die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19) staan nou op 1 187. Altesaam 17 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in ’n verklaring beklemtoon dat die aantal nuwe gevalle nie op ’n afname in die aantal infeksies in Suid-Afrika dui nie, maar bloot ’n weerspieëling van die aantal positiewe resultate is wat ontvang, bevestig en gereed was vir publikasie.

Volgens Mkhize is 533 gevalle tot op hede in Gauteng aangemeld. Altesaam 271 pasiënte in die Wes-Kaap en 156 in KwaZulu-Natal het Covid-19.

Die getal in die Vrystaat staan in dié stadium op 68 gevalle. Ses bevestigde gevalle is in Noordwes, 10 in Mpumalanga en 11 in Limpopo aangemeld.

Die Oos-Kaap het op sy beurt reeds 10 gevalle aangemeld terwyl die Noord-Kaap vyf gevalle tot op hede aangemeld het.

Gesondheidswerkers met Covid-19

Volgens Mkhize is die departement van gesondheid bekommerd oor gesondheidswerkers wat Covid-19 opdoen.

Ses dokters in Gauteng het reeds positief vir Covid-19 getoets. In die Vrystaat het drie dokters, een verpleegkundige en ’n neurofisikus positief getoets.

Luidens die verklaring het een dokter in Limpopo positief vir Covid-19 getoets nadat hy oorsee vakansie gehou het. Dié dokter het 14 dae lank in kwarantyn gebly en is reeds virusvry verklaar.

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

In Mpumalanga het ’n dokter ook die virus opgedoen nadat hy na die buiteland gereis het. Die dokter het egter kontak met verskeie kollegas en pasiënte gehad voordat hy positief vir Covid-19 getoets is.

Volgens Mkhize is diegene ook getoets vir die virus en in kwarantyn geplaas. Die afdeling van die hospitaal waar die betrokke dokter gewerk het, is ook toegemaak om ontsmet te word. Die afdeling sal na verwagting deur die loop van volgende week weer oopgestel word.

Die minister het gesê byna al die dokters toon matige of selfs geen simptome in dié stadium nie. Een van die Vrystaatse dokters is egter in die waakeenheid van ’n hospitaal opgeneem. Dié dokter is 70 jaar oud.

Mkhize het benadruk dat nie een van hierdie gesondheidswerkers by pasiënte aangesteek het wat hulle behandel het nie. Hulle het wel in aanraking gekom met hul familie, vriende en ander kollegas wat positief vir Covid-19 getoets het. Dié kontakpersone sal ook getoets word vir die virus.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Riaan ·

Nou lyk dit asof daar n flat curve is, en die ANC se plan werk met die lockdown. Dis net omdat daar n groooooooooot backlog is met al die toetse, pragtig ANC.

Petrus Johannes ·

Daar is derduisende wat nie gehoor gee en tuis bly nie.Hul se jy moet eers erg koors het voodat jy getoets kan word So nie is die toets negetief. Mnr president sal hom maar weer last toets

Michael 1 ·

Dit lyk vir ook nie reg nie ek dink hy rapporteer die waarvan hulle weet as jy na die statistieke van Italia kyk en dit vergelyk met SA en jy doen die wiskundige berekeninge in ag geneem die verskille tussen die twee lande sal jy skrik

Jan ·

Jy het duidelik nie na italie se stats gekyk nie want as jy het sou jy gesien het dis omtrent alles ou mense wat daar dood is tuseen 70 en 80..

Michael 1 ·

N wiskundige sal dit verstaan,nie genoeg tyd om dit stap vir stap aan jou te verduidelik nie.

Anel ·

Die provinsies is groot. Sê eerder vir ons watter woongebiede!

Annelie ·

Dis onmoontlik! Volgens my kennis, kan dit nie so gou afplat nie. Ons is veronderstel om reeds 1500 getalle te toon, mits daar daadwerklik n wonderwerk plaasgevind het!

Jan ·

Tensy die massamedia lieg oor die pandemie om die publiek skrik te maak…

Jan ·

Ja die wonderwerk is dat die virus nie meer dodelik is as gewone griep ie en dat die publiek hulle ddodskrik vir niks…

Anel ·

Jan, ek sou baie graag die statistiek tov wêreld getalle van verlede jaar se griep wil sien.

Claudio ·

Rerig???? Sekerlik werk jou TV en nuus berig te nie mooi nie… Gewone griep? Nee goed Dan.

Mieke ·

Daar is steeds so baie met ‘n ‘traag-my-nie agtige benadering/ houding. So baie mense loop steeds rond sonder maskers. Hier en daar staan groepe mense langs mekaar, sonder maskers en gesels te lekker! Op hierdie manier stuur die Covid-19 virus op ‘n ramp af….

Annakapat ·

Nou lanklaas in my lewe so klomp negatiewe mense bymekaar gesien (gehoor).
Ek is nie ‘n ANC ondersteuners nie maar ten minste probeer hulle terwyl die slimstes op hulle sitkamerbank sit en kommentaar lewer!

Johan Venter ·

Ons, die slimstes is Staatsgehok, vasgeketting, geblok, ons word nie benodig nie.

Fae Fubar ·

Hoor my lied: die ware toedrag van sake sal binne twee weke na vore kom. Derduisende mense is reeds besmet, maar is onbewus daarvan. My werkgewer kan sy besigheid aan die gang hou met ses mense wat op die perseel woon. Maar nee, hy verwag van nóg agt mense om daagliks tussen hulle huise en die besigheid te beweeg. Net om hulself op te hou met beuselagtighede. Die situasie is skrikwekkend. Ek voorspel dat sy selfsug uiteindelik die ondergang van die besigheid gaan beteken. Skrik wakker, Suid-Afrika! Moet julle nie laat flous deur lae syfers nie. Oor enkele weke gaan hier massagrafte gegrawe word, want mense dink hulle het nou vakansie en kan sosialiseer en byeenkomste hou. Ek sit nou in my sitkamer en luister na ‘n kerkdiens naby my huis.

Jan ·

Ag mense julle oordryf in china is daar nou reeds omtrent geen nuwe gevalle nie en boo op is dit slegs ou en siek mense wat sterf…

Mildrid ·

Het ons dokters in SA wat navorsing doen oor Covid-19. Is daar experts wat opvolg hoe dit die plattelande arm gebiede raak.

Wil ook net sê ·

Daar was vorige berigte waarin daar gesê was dat van ons dokters met ‘n span saam werk om navorsing te doen. Ek glo werklik waar nie ons dokters gaan net agteroor sit en wag dat ander die werk doen nie.

Mildrid ·

Ek glo ook nie hulle sal agteroor sit nie. Ek stel werklik net belang in enige progressie tov die Covid-19. Ek wens ek kon help. Mens voel so hulpeloos. En sommige mense se ignorance is betreurenswaardig..

Jan ·

Mense het julle geweet meer mense sterf daagliks in karongelukke as aan die korona…

Erik ·

Ja Jan, maar het jy geweet dis nie waaroor die ophef gaan nie? Indien die virus nie gekeer word nie sal daar binnekort baie meer mense aan die virus sterf as in motorongelukke, veral in SA.

Lorna ·

Dokters verpleeg personeel
Waar in jou lewe natuurlik het hul pasiente gedokter sonder nodige beskerming
Wie moet ons bedank ANC
en dan erken hy soortvan daar is baie meer as wat hy se
Wat gaan gebeur as 21 dae verby is gaan die wat by reels hou net uitgestuur word in die Mal land

Annelie ·

Annekapat….. verseker is ek nie negatief nie. Gaan kyk gerus self na die syfers en werk dan self n logiese antwoord uit.

Erik ·

Annelie, nie seker of jy die berig gelees het nie, maar reeds in die 2de paragraaf verduidelik die minister dat die syfer nie ‘n werklike aanduiding is nie.

Annelie ·

Dankie Erik… ek het gelees ja… dit bekommer my egter dat mense dink dis negatief om die syfers te bevraagteken. n Mens kan nie van 200 gevalle in n dag afskaal na so min as 20 nie????
Dis nie negatief nie, dis egter n bekommernis, want waarom kan die korrekte getalle skielik nie deurgegee word nie? Dit maak eenvoudig nie sin nie?

ZeldA ·

Onthou in vorige berigte het hul gesê hul is agter met die werk en sal eers na April meer toetse kan doen. En as jy mooi dink… Hul toets net as jy koors het… Waar party nie eers weet hul het dit nie en nie koors het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.