Soveel het ondersoek na wapentransaksie gekos

Gripen-vegvliegtuig Foto: gripen.com

Gripen-vegvliegtuig Foto: gripen.com

Die minister van justisie en korrektiewe dienste het bekend gemaak hoeveel die Seriti-kommissie van ondersoek na die multimiljoenrand-wapentransaksie belastingbetalers uit die sak gejaag het.

DA-LP David Maynier het min. Michael Masutha in ʼn parlementêre vraag versoek om bekend te maak hoeveel die kommissie gekos het. Volgens Masutha het die kommissie se koste teen 31 Maart 2016 reeds meer as R137 miljoen beloop. Die presiese bedrag is R137 264 521.

Die grootste gedeelte van die besteding tussen 2012 en 2016 was aan “getuienisleiers” vir die bedrag van R82,2 miljoen. Daar was altesaam vyf senior “getuienisleiers” en vyf “getuienisleiers”. Salarisse vir werknemers van die kommissie het meer as R30 miljoen beloop terwyl Jabulani Mahlangu, ʼn forensiese ouditeur, meer as R9 miljoen ontvang het.

Zuma het die kommissie op 24 Oktober 2011 aangestel onder leiding van regter Willie Seriti ná bewerings van onbehoorlike invloed in die wapentransaksies. Die kommissie is aanvanklik twee jaar gebied en het R40 miljoen gekry om sy ondersoek te voltooi. Die ondersoek het egter langer as vier jaar geduur.

Die kommissie het sy verslag op 30 Desember verlede jaar aan Zuma oorhandig waarna Zuma dit in April bekend gemaak het. Zuma het gesê die kommissie het bevind dat daar geen bewyse van korrupsie of bedrog was nie.

Die regering het onder andere in 1999 tydens die multi-miljardrand-aanskaffingstransaksie 26 Gripen-vegvliegtuie en 24 Hawk-vegvliegtuie vir die lugmag, en fregatte en duikbote vir die vloot aangekoop.

Lees alle vorige berigte oor die wapentransaksie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

m ·

Ja wat dis hoekom ons se gelooi word met die tax, dis om vir hierdie nonsense te betaal.

cherokee ·

Die alternatief sou wees om slegs kriminele elemente te ondersoek as dit nie duur gaan wees nie. Om ‘n perk te stel wat ons bereid is om te spandeer om misdaad te ondersoek. As ons bereid is om 4 miljard te spandeer aan ‘n luukse en onnodige vliegtuig met meer plek vir luukshede as vir passasiers, dan weeg hierdie makliker op.

Rynhardt ·

Dit is n absolute skande dat die wapentransaksie van bedrog meer as R137miljoen gekos het, tetwyl werkloosheid en misdaad gedy onder n gewetenlose Anc-regime! Die ergste van alles is dat die Anc se eie ondersteuners weet nie eens wat aangaan in SA politiek nie, en word net gereeld gepaai met mooi beloftes wat nie gaan materialiseer nie!

Joann ·

En daar gaan niks van kom nie. Die vel kleur is nie wit nie.

Jan maak n Plan ·

Eks duidelik in die verkeerde beroep. Dis tot op datum nog die duurste lieg storie in ons geskiedenis.

GES ·

Dit begin lyk, dat as korrupsie sy kop uitsteek, dit goedkoper is om eerder oë toe te knyp, as om vir ‘n ondersoek te vra. Die vuisvoos belastingbetalers kry net met ‘n ondersoek ‘n dubbel pak slae. Wat ‘n gemors ! Rommelstatus is haastig oppad.

CC ·

Lyk my vir elke tender wat deur die staat onderneem word moet daar ‘n bedrag begroot word vir ‘n ondersoek na die tyd! Deel van hul bestedings- en werkskeppingsprogram!
Wat ‘n grap…..vrugtelose besteding van belastingbetalers se geld!

MJL ·

Lyk vir my as ek so na die bedrae kyk asof iemand weer geskep het. Die ergste van alles is dat die waarheid nie uitgekom het nie.

KarooKlong ·

Rommelstatus moet kom
Rommelstatus moet kom
Rommelstatus moet kom

lynette ·

Daar was R40 miljoen begroot en 2 jaar tyd gegee. Op einde het hulle 4 jaar geval en amper R40 miljoen per jaar spandeer om net mooi niks te kry nie. Waarom word hulle nie beboet as hulle nie hulle werk afhandel in gegewe tyd en teen bedrag wat begroot is nie? Waarom word hulle toegelaat om net te maak wat hulle wil? Is daar geen reels in hierdie land nie? Hierdie Afrikatyd wat altyd toegelaat word is sommer twak en n verskoning vir onbevoegdheid. Jammer, .my fout…… Hulle vra nie verskoning, neuk net voort op ander se onkoste.

Donovan ·

Gelukkig kom hy hier weg op aarde maar daar bo gaan Jacob maar moet staan en verduidelik wat aan gaan… Staan daardie man nie met sy hand op die Bybel wanneer hulle hom insweer as Staatshoof nie… Alles wat hulle aan vang is n lieg en mense word miljoene betaal om te lieg vir hulle knoeiery…

Uys ·

Nog ń bedrog spul op hande wat weer ondersoek gaan word en weer geld gaan kos.
Ons almal ken die Wet van Transvaal

Jef ·

Die twee duurste woorde uit die geskiedenis van SA is ……korrupsie en bedrog en die vonnis aan die belastingbetaler R137 miljoen.

cobusp ·

Hahahahhahaaha onthou die grootste skelm in die transaksie zuma het die kommissie aangestel en die paneel………..sekerlik is hy dom maar darem nie so dom nie seker gemaak die regte mense is o die kommissie en dan niks gevind sal word nie……..boonop het hy hulle n oop tjek boek gegee en gese vra net wat julle wil………tyd om te oes…………dit was al voor die kommissie begin het voorspel dat hulle niks gaan vind en dit n vermorsing van geld is………daar vat hulle alweer die blankes se belasting geld vir n ride………

Henk Venter ·

Hoeveel van ons geld gaan Zuma nog steel om homself uit ‘n sel te hou? Hierdie is KORRUPSIE op sy ergste! Ek stel voor die DA versoek Nasionale vervolging om ‘n sertifikaat uit te reik dat hulle Zuma nie gaan vervolg nie en dat hulle dan ingevolge die bepalings soos vervat in die Strafproseswet, privaat vervolging teen Zuma instel. Dit gaan ons as belastingbetalers miljarde spaar en die krimineel in ‘n sel kry

Theuns ·

Watter periode sal jule kies 1948 – 1994 of 1994 -2016 en hoekom? Vertel net die waarheid! Hier is ‘n paar idees:
Periode 1.
1.Plaas Moorde was die uitsondering .
2. Feitlik geen moorde per dag nie
3. Motor ongelukke is onder beheer
4. Alle motor bestuurders is gelisensieer.
5. Suid Afrikaners het werk. Die ekonomie werk.
6. Rassisme insidente lag
7. Media vry.
8. Die Howe is meer onafhanklik as vandag.
9. Kinders kan in die strate speel sonder om ontvoer of besteel te word.
10 Skole en universiteite word nie afgebrand nie.
11. Regering het Onafhanklike tuislande vir al sy inwoners gehad.
12. Munisipaliteite het gewerk.
13. Daar was opleidings geriewe vir almal. Kolleges /hospitale/ambag opleidings sentra ens.
14. Daar was nie vreemdelinge in die land sonder die regte dokumente nie. Die grense was behoorlik beskerm en gepatroller word.
15. Stede, Dorpe en die Plateland was skoon.
16. Staats Hospitale was iste wereld standard.
Periode 2:
Alles wat gedurende Periode 1 gedoen was of wat die situasie was is nie meer so in Periode 2 nie.

m ·

Netso Theuns, net jammer hierdie ANC regering sien dit nie so nie. Hulle sal nooit hulle foute erken nie en sal ma altyd apartheid vir alles blameer.

Magriet ·

Hulle kon vir daardie vyf jaar 1150 mense teen R2000.00 werk gegee het, wat meer is as wat baie van die ANC se kiesers verdien. Nou vra ek maar net is dit belangriker om mense se monde stil as vol te te hou?

vermeende ·

Hoekm het nog niemand aangedring op n ondrsoek oor sy bates nie.
Hoe is dit moontlik vir hom om alles te besit wat hy het en nog in sy uitgerekte gesin se behoeftes te voorsien.
Die geld wat hy verdien in sy ampstermein is nie genoeg vir nkandla nie, maar dan weer, almal in die parlement lewe in weelde ver bo hulle verdienste. Seker maar die rede hoekom niemand uit die opposisie geraas maak nie……net so skuldag.

Jef ·

Ek wou se die anc het ontspoor maar eintlik was hulle nooit op die regte spoor nie.

Josua Keys ·

Ek het geen probleem met die aankoop van die Gripen vliegtuie nie maar wel hoe dit deurgevoer was ons kort nog baie meer van die vegvliegtuie, helikopters en troepe draers soos die Herculis vliegtuie om ons lugmag weer op standaard te kry asook goed opgeleide vlieeniers en sal enige tyd my belasting geld daarop spandeer maar nie om swendelaars ens skelm transaksies te befonds nie. Dit is n skande dat mense so laag kan daal en so baie geld in hul sak steek sonder om daaroor blik of bloos, neem aksie teen die mense, eis die geld terug of sluit hulle toe!!!!

Weskaper ·

Nou kom die volgende ondersoeke Zuma en SAUK bestuurshoof se miljoene onkoste, alles belastingbetalers se geld. Praat nie eens van Marius Fransman se klug. Ek se weer mense wat appel aanteken en nie slaag nie moet self vir uitgawes verantwoordelik wees.

Los liewer net alles ·

Los liewer net alles, julle mors net meer geld, daai kostes is hoë salarisse vir vriende/ Kfc / Nando’s/ duur eksotiese hotelle. Alles met die wete hier gaan niks van kom nie, so is Marikana, Nkandla etc. Bemagtig liewer die kiesers met al die inligting en wat om te doen, hul kan liewer hul toi toi hou vir die goed en dit stop.

Oom Kalahari ·

@Theuns, ons gesin kies en verlang na periode Nommer 1 elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.